Strenger maatreëls geëis ná listeriose-aankondiging

Argieffoto: Pixabay

Die Food and Allied Workers Union (Fawu) het dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, se aankondiging Maandag dat Suid-Afrika se listeriose-uitbreking nou iets van die verlede is, verwelkom.

Maroela Media het vroeër berig Motsoaledi het tydens ʼn mediakonferensie in Sandringham in Johannesburg gesê daar is sedert Junie nog geen nuwe gevalle van listeriose aangemeld nie, wat daarop dui dat die voorkoms van dié siekte nou iets van die verlede is. Hy het gesê dit is nou weer veilig om verwerkte vleis, insluitend polonie, te eet.

In dieselfde asem het Fawu gesê hoewel die unie bly is oor die aankondiging, hoop hy dat die regering nou ʼn regulatoriese voedselveiligheidsliggaam op die been sal bring wat bestaan uit mense met relevante kundigheid uit die staat, die burgerlike samelewing asook akademici.

Fawu het ook gesê hy hoop dat duisende werksgeleenthede wat tydens die krisis verlore gegaan het weer benut sal word en dat die “de-industrialisasie by verstek” omgeswaai sal word.

Die vakbond het ook ʼn beroep gedoen op handelaars in die verwerkte vleis-, suiwel- asook vrugte-verwerkingsbedryf gedoen om veiligheidsmaatreëls te versterk en hul standaarde oor higiëne en gesondheid te verhoog.

Dít kan volgens Fawu plaasvind deur werkers op te lei en lynbestuurders verantwoordbaar te hou.

“Ons moet kennis neem van die feit dat die listeriose-uitbreking in die eerste plek nooit moes plaasgevind het nie. Ons regering moet nou verseker dat dit nooit weer gebeur nie deur die nodige maatreëls in te stel.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nettie ·

Vir sommige mense kan mens probeer leer …. en nogmaals probeer leer en wéér nogmaals probeer leer, maar niks steeks nêrens vas nie.

Vir jare lank al, probeer gemeenskapsverpleegkundiges sommige mense van hul gemeenskap leer dat – wanneer jy baba-formule melk aanmaak – jy afgekoelde, gekookte water daarvoor moet gebruik en dat jy jou hande moet was voor én nadat jy met ‘n vuil babadoek werk/gewerk het. Maar stééds kry jy gastro- en cholera-epidemies.

Hierdie uitbreek van listeriose was doodeenvoudig voorkombaar. As mense wat in die vervaardigingsaanleg(te) gewerk het, gehou het by die higiëniese standaarde wat by hulle (gepoog om ) ingeprent (te) word, sou dit GLAD nie gebeur het nie.

Henk ·

Dalk moet gesondheids inspekteurs net hulle werk begin doen en omkoopgeld vermy!

Sê maar net ·

As jy 2 Sondae terug Carte Blanche gekyk het…siu jy sien waar kom listeriose vandasn. Onwettige hoender-slaghuise in Johannesburg. Dis net bloed…vere…derms…ensovoorts. geen lopende water nie….dis om van naar te word. Die houtblok wat hulle gebruik om die die hoenders se koppe op af te kap…is…so dik aangepak met ou en nuwe bloed….eeeuwee…gril sommer. Daar is ook geen vensters of ventilasie van geen aard…kan jy dink hoe vrot dit daar. Kan nou vir jou sê…LISTERIOSE…en wie weet wat nog…floreer daar. Die sypaadjie kombuis koop hulle produkte by die mense. Gesondheids inspekteure moet bietjie die plekke gaan inspekteur.

Chris Ws ·

Ek gee nie om wat wie se nie.Ek en my vrou koop NOOIT WEER enige verwerkte vleis produkte nie.Dis verby vir goed.En ons het elkemaand minstens 4 kg hoender weenseworsies gekoop en heelwat hoender polonies.Dis verby.
Die uitbreek van listriose sal weer plaasvind.Die anc regering is nie by magte om dit te verhoed nie.Daar was geen nuwe gevalle aangemeld sedert Junie nie omdat BAIE mense nie meer verwerkte vleisprodukte koop nie.

JM ·

Watter gesondheids inpekteure, bestaan daar nog so-iets na 1994

White Rhino ·

Neewat – sal dit nooit weer eet nie.
Mis dit ook nie.

Hennie ·

Ek sit ook nie weer my mond aan plastiek vleis nie…ons maak klein bietjie meer kos in die aand en eet die oorskiet in die middag i.p.v. verwerkte vleis. Werk ook baie goedkoper uit en dis gesonder as polony en Weense worsies.

Johan H. ·

Nooiet weer van enige van die produkte geeet nie. Sal ook nie. Gee vir aaron om dit te eet. Dink nie die mense eet dit meer nie

marous ·

Gaan drink asseblief elkeen ‘n glas water uit die pragtige skoon Vaal rivier mnr die ongesondheids minister . Agriforum sal julle vergesel en afneem ….verniet .

Tong in die kies ·

Ek is so bly die krisis is oor…my polonie lê al 6 maande in die yskas…dis uiteindelik veilig om dit te eet!

Kat ·

Jy gaan seker met my deel Tong in die kies!! Lekker lag ek nou vir jou skerpheid…oew wraggies my bek water ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.