Strenger maatreëls ná eksamen uitlek

Unisa se Sunnyside-kampus. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het Woensdag gesê hy het bykomende maatreëls by alle eksamensentra ingestel ná berigte dat vraestelle uitgelek het.

Dit is die tweede keer vanjaar dat Unisa-vraestelle uitlek. In die jongste voorval het 17 modules uitgelek net voor studente hul jaareindeksamen sou skryf.

Unisa hou egter vol dat die assesserings steeds geloofwaardig is. Die afstandsonderrig-universiteit het aangekondig dat eksamenvraestelle nie meer intern gedruk sal word nie, in ʼn poging om te voorkom dat die vraestelle uitlek.

“Alhoewel ons kennis neem van hierdie uitdaging, is ons steeds van mening dat die algehele eksamenproses betroubaar bly,” het Martin Ramotshela, woordvoerder van Unisa, gesê. Altesaam 2 077 vraestelle word deur 298 662 studente geskryf.

Ramotshela het gesê die instansie het Maandag inligting ontvang oor ʼn individu wat by die lekkasie betrek word. “Ons wil alle belanghebbendes gerus stel dat ons die saak in ʼn baie ernstige lig beskou. ʼn Ondersoek oor vraestelle wat uitgelek het duur sedert die Mei/Junie 2019-eksamen voort in samewerking met die polisie. Die ondersoek is in ʼn gevorderde stadium en ʼn deurbraak is op hande.”

Die universiteit het gesê hy sal ook alle sessies baie deeglik monitor tot die laaste dag van die eksamen om te voorkom dat enige ander vraestelle uitlek.

Enigiemand met inligting oor die vraestelle wat uitgelek het, word versoek om die polisie te kontak, skakel die fluitjieblaser-kontaksentrum by 0860 00 5050 of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Opistophthalmus ·

Uhm, voorsorg maatreëls VOORDAT dit uitlek is wat nodig is, of hoe?

Willem Grobler ·

Alles in hierdie land word ondersoek. Verder gebeur daar niks nie.

Niklaas ·

Die SAP deurbraak is op hande. Wonderlik , maar sal daar vervolging wees ? Die skuldige sal dan seker net verplaas word na ander afdeling. Afdankings in die meeste kringe is deesdae baie skaars

ES ·

Dis niks nuut nie – daar word elke jaar by elke universiteit vraestelle uitgelek… dis niks nuut meer nie.

Antoinette ·

Ek besef dis nie moontlik met alle vakke nie, maar is mondelingse eksamens so ver moontlik nie dalk ook ‘n oplossing nie. Dis vinnig, geen kennis vooraf van wat gevra kan word nie, en baie minder nasienwerk waar die handskrifte in sommige gevalle so lelik is dat dit ‘n dag vat om net ‘n paar paragrawe na te sien.
Deesdae kan blinde en swaksiende studente heelwat meer kurrikulums volg as voorheen as gevolg van verbeterde tegnologie – mondelingse eksamens is deel daarvan. Die uitslag word dan sommer ook op die plek bepaal. Sal baie tyd en frustrasie – en agterbaksheid – uitskakel.

Speedguard ·

Die instasie se integriteit is daarmee heen , skade is gedoen , hoe bepaal hulle wie was eerlik en wie nie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.