Strenger optrede lê voor ná probleme met afsondering

Die owerhede het Vrydag in Alexandra in Johannesburg gepatrolleer. (Foto: Jerome Delay)

Strenger optrede deur die polisie lê voor as sommige Suid-Afrikaners nie die algehele landwye afsondering van 21 dae respekteer nie, het genl. Bheki Cele, die minister van polisie, Vrydagaand gewaarsku.

In antwoord op ʼn mediavraag oor of die polisie nie oordadig gewelddadig is nie, het Cele gesê dis nog niks teen wat mense gaan sien as hulle nie saamwerk nie.

In die vroeë oggendure van Vrydag is 172 padblokkades opgestel op nasionale en sekondêre roetes, en 55 mense is reeds op die eerste dag van afsondering in hegtenis geneem.

Die grootste probleme vir die polisie is veroorsaak in Lenasia suidwes van Johannesburg, terwyl grensbeheerbeamptes hul hande vol gehad het by Beitbrug, waar ’n tou van 10 km lank gevorm het omdat Zimbabwiërs, Zambiërs, Malawiërs en Mosambiekers almal uit Suid-Afrika wou kom en die Zimbabwiese kant van die grens nie voorbereid was op die toevloei nie, sodat ʼn bottelnek op die brug self ontstaan het.

Die owerhede het Vrydag in Alexandra in Johannesburg gepatrolleer. (Foto: Jerome Delay)

Boonop was die meeste voertuie vragmotors weens ʼn vals gerug dat goedere ook nie tydens die afsonderingstydperk Suid-Afrika sou kon verlaat nie.

Die kabinet het dit duidelik gemaak dat ʼn mate van ruimte rakende die regulasies toegelaat is omdat dit die eerste dag was, en aangesien voorsiening gemaak is vir aanvangsprobleme en die feit dat baie mense nie die geld of vermoë gehad het om vroeër in die week aankope te doen nie.

Van môre af gaan sosiale afstandelikheid (social distancing) in supermarkte en supermarktoue afgedwing word deur die verskaffing van trollies, wat as afstandhandhawer sal dien.

‘n Polisiebeampte praat Vrydag met inwoners van Alexandra in Johannesburg. (Foto: Jerome Delay)

Die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, het gesê kritici moet onthou dat daar geen handboek of kleedrepetisie was vir hierdie afsondering nie – die reëlboek word na die beste van almal se vermoë geskryf om by veranderende omstandighede aan te pas.

Ministers in die maatskaplike sektor sal Saterdag terugvoer verskaf oor vordering op dag twee van die afsondering.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan Venter ·

My goeie A, B, C, D, E, F Marelize, of sal ek sê, Bheki Cele, ek het nie probleem met wat jy sê nie, dis mos reg, maar ek het probleem met hoe jy dit sê, met jou arrogante lyftaal én jou filthoed.

Nie Verbaas ·

Sekere mense moet leer dat n persoon respek verdien op die manier hoe hy of sy mense aanspreek. Cyril het gesag ingeboesem deur met respek die nasie in te lig. Straf die wat nie ag slaan op die lockdown nie maar Cele dra boodskap op verkeerde manier oor en dit kan lei tot groot probleme.

Hansie slim ·

Cele moet net konsekwent wees en nie net sy agressie op die wittes uithaal nie!!

DieKriek ·

As wittes in die strate rondlê, laat hulle ook pak kry. Die probleem is met dié wat moet uithaan vir kos en noodsaaklikhede.

Anoniem ·

Ag man hou asseblief op met wit en swart. Het jy persoonlik gesien dat hulle n witte nou weer hardhandig hanteer het. As n witman nie wil luister nie dan moet hy voel want ek kan jou verseker in my jongdae het hulle net so slae gekry in die selle soos enige ander een

Oujongvrou ·

Die mense van hierdie land is so gewoond aan om hulle af te vee aan wet en orde, dat die regering nie nou kan verwag hulle gaan ewe skielik luister nie. Nog altyd kon hulle doen wat hulle wil, so wat het nou verander is hulle uitgangspunt.

Brakenjan ·

So wat gaan ou Cele nou doen dat hy nie sy aggressie op wit mense gaan uithaal nie…

Bekommerde Mamma ·

By ons loop mense steeds net vir n pakkie chips winkel toe. Dit is seker essential
Bel n mens oor daar te veel mense in woonbuurte loop word daar maar gesê hulle gaan koop seker net kos.
Geen pad blokkades? So ek kan maar van een dorp na die ander reis? Geen permitte word gevra? Maak my briesend!!!! My man MOET werk en moes gister al n paar mense vra om die winkel te verlaat. Sy lewe en die werkers word so onnodig in gevaar gestel. Hulle sou ook veel eerder veilig by die huis wou wees maar ongelukkig kan hulle nie.
Hulle almal het gesinne soos my man wat hulle teen die virus wil beskerm, maar hoe? Hoe doen n mens dit as daar nie padblokkades is? Polisie in state wat karre stop, permitte vra? Seker maak dit is lewe of dood wat daar voor gery word.
My man bly in afsondering. Sy 2jarige dogtertjie verstaan nie. Sy huil vir haar pappa, gisteraand aan die slaap geraak met pappa se fotos op die foon. En nee ons is nie onnodig paniekerig nie. Hy werk met klomp mense

Johan Venter ·

Ja, ek sien Dawie Roodt is vanoggend op die TV program Ontbytsake goed knorrig en praat ook van Bheki Cele se arrogansie, hoe hy dreig en ‘af praat’ na mense toe. Soos Dawie dit ook uitgedruk het, die weermag en polisie het tot dusver nie vriende gemaak met hul optrede nie, hulle, elkeen van hulle, sal introspeksie moet doen.

Bekommerde Mamma ·

Hoe verstaan n 4maande oue baba en 2jarige as hulle moet opgeneem word dat hulle vir so lank nie vir mamma of pappa kan sien. Hulle soek troos as hulle siek is.wens mense kan besef dat kinders soms met normale virale infeksies opgeneem word. So vir my gesin is dit nie net n griepie nie!

4ntj13 ·

Dalk raak dit tyd vir mense (Cele ook) om erkenning te gee vir mensegroepe wat ooglopend meer vir ander omgee. En hulle prioriteit te gee ter ondersteuning. Kanaliseer skaars hulpbronne eerstens na wetgehoorsame hulpbehoewendes, en laastens na eiegeregtige belhamels.

Werner ·

Hulle het nie die manne krag om te doen waarvoor Cele droom nie dit is hoekom die misdaad ook nie beheer kan word nie

Anoniem ·

Hoe lank vat dit n mens om logies te dink. Almal met n gesonde verstand kan en behoort te weet hierdie is ernstig. Die polisie moet meer daadwerklik optree. Mense dink dit is n grap maar tot hul n geliefde afstaan aan die dood dan wil hul God blameer. Luister, luister mense hierdie is nie n grap nie. Jou brandewyn vriend gaan jou nie help nie, jou roekeloosheid om vandag n brood te koop en more n melk en elke dag om net winkel toe te gaan vir een ding op n slag gaan jou dood of iemand anders sin te veroorsaak. Asseblief moenie selfsugtig wees. Dink aan die ander mense om jou.

Anoniem ·

As jy so groot honde lefhebber is loop met hul al om die huis of is jy ook een van daai wat met jou hond op straat loop sodat hy op n ander ou se gras kan skyt.

Hoe nou? ·

Sorg jy maar net dat daar nie plaasaanvalle en ander misdaad in die tyd is nie Bheki. Dit sal darem n groot verleentheid wees as ou tannies, kinders, fietsryers en drawwers geboelie word maar die hele Army nie n boef kan vang nie.

minnie muis ·

beslis….. onthou twee reels geld vir nasie, so hou by reels … end van storie

Jaco ·

Na jare se human rights approach deur die polisie en weermag, is dit onmoontlik om OORNAG meer hardhandig te word. Hierdie lockdown gaan nie werk nie. Dit gaan halfpad deur deur die ie 21 dae opgehef word.

Johan Venter ·

Waar is Cyril met sy elmboog-groet NOU?

Dit lyk my als is nou reg net solank daar ‘n trollie tussen die twee mense is.

Jacobus ·

Konsekwent mr Cele. Gaan pas die streng optrede toe waar hulle, hulself nie aan maatreëls steur nie. Ons gewone mense wil binne die reëls funksioneer, en ordelik wees soos ons opgevoed is. Moet aub nie met mag opruk vir iemand wat net ‘n brood wil gaan koop.
Of is die magsvertoon ‘n boodskap?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.