Strenger reëls by SANParke in Tuinroete-distrik

Tsitsikamma (Foto: Conrad88 via Wikimedia Commons)

SANParke het strenger maatreëls ingestel om die verspreiding van Covid-19 te beperk by drie van sy afdelings, insluitend Tsitsikamma, Knysna en Wildernis. Dié maatreëls tree van Woensdag in werking.

Vuyiswa Thabethe, algemene bestuurder van die Tuinroete- nasionale park, het gesê ʼn rotasiestelsel vir nienoodsaaklike personeel in die streekskantoor in Knysna word ingestel. ʼn Kwotastelsel sal ook ingestel word by alle toegangshekke in die parke by Tsitsikamma, Wildernis en Knysna. Gewilde gebiede soos Island Lake, Tarentaal en die Blouvisvanger-roete sal ook ʼn beperking plaas op die getal persone wat toegelaat word.

Die Wildernis-strandmeergebied (Touwsriviermond), nader aan die Wildernis-strand, sal in sy geheel gesluit wees vanaf 15 Desember 2020 – 15 Januarie 2021.

“Alhoewel ons verstaan dat hierdie gunstelinggebiede is vir vakansiegangers en plaaslike inwoners, bly SANParke verbind tot verantwoordelike toerisme. Ander gebiede in Wildernis waar toegangsbeheer sal plaasvind, sluit in dié wat lei tot, onder andere, Krisjan se Nek, die Dalene Matthee-gedenkteken en gewilde piekniekplekke. Besoekers sal op ʼn eerste-daar-eerste-binne basis hanteer word.”

Die Knysna-riviermonding bly oop vir watergebaseerde kommersiële toerismeaktiwiteite, visvang en versameling van aas (in gebiede waar dit toegelaat word) asook water-ontspanningsaktiwiteite. Besoekers word gemaan om aan die vereiste Covid-19-protokol te voldoen, insluitend sosiale distansiëring, ontsmetting en die dra van gesigmaskers.

SANParke se stap- en fietsryroetes bly oop vir die publiek, maar toegangsbeheer sal toegepas word. Piekniekgebiede, wat nie ʼn toegangshek het nie, bly gesluit.

Vaartuig- en bootpermitte, aktiwiteitspermitte en ander ontspanningspermitte is beskikbaar by die ontvangs by die Thesen Island-kantoor (Knysna), Ebb & Flow-ruskamp in Wildernis en De Vasselot-kamp in Natures Valley. “Besoekers word gemaan om altyd hul geldige permit by hulle te hou om ʼn boete te vermy.”

Visvangpermitte kan tydens kantoorure by die Poskantoor aangekoop word.

Fietsrypermitte (jaarliks, maandeliks, familie en daaglikse permitte) is beskikbaar by Garden of Eden, die Harkerville-kantoor of Diepwalle-kantoor.

“Ons moedig besoekers aan om te alle tye sosiale distansiëring toe te pas, gesigmaskers te dra, gereeld hul hande te ontsmet en bereid te wees dat hul temperatuur by toegangshekke geneem word,” het Thabethe bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

PH ·

Verwarring is weer aaan die orde van die dag..

” ʼn Kwotastelsel sal ook ingestel word by alle toegangshekke in die parke by Tsitsikamma, Wildernis en Knysna.” – Maw Ebb & Flow Park by Wildernis sal mense toelaat onder ‘n kwotastelsel.

EN

“Die Wildernis-strandmeergebied (Touwsriviermond), nader aan die Wildernis-strand, sal in sy geheel gesluit wees vanaf 15 Desember 2020 – 15 Januarie 2021.” – Maw Ebb & Flow Park is gesluit

EN

“Vaartuig- en bootpermitte, aktiwiteitspermitte en ander ontspanningspermitte is beskikbaar by die ontvangs by die Thesen Island-kantoor (Knysna), Ebb & Flow-ruskamp in Wildernis en De Vasselot-kamp in Natures Valley.” Maw Ebb & Flow Park is oop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.