Strijdomplein-slagoffers ná 30 jaar gedenk

carl-niehaus-ana-twitter

Carl Niehaus, woordvoerder van die MK-oudstrydersvereniging. Foto: @AfriNewsAgency/Twitter.com

Suid-Afrikaners bring Donderdag hulde aan die slagoffers asook die oorlewendes en hul naasbestaandes van die slagting wat Barend (Wit Wolf) Strydom 30 jaar gelede op Strijdomplein in Pretoria uitgevoer het.

Die 23-jarige Strijdom het op 15 November 1988 agt mense doodgeskiet, van wie sewe op die plein en een vooraf, en 16 mense beseer. Hy is ter dood veroordeel vir die moorde, maar oudpres. FW de Klerk het hom en nog 149 politieke gevangenes einde September 1992 vrygestel.

Die Umkhonto we Sizwe-oudstrydersvereniging sê in ʼn verklaring mede-Suid-Afrikaners wat verbind is tot “ʼn verenigde, nierassige en vreedsame Suid-Afrika”, sal by hulle aansluit wanneer hulle Donderdag deelneem aan ʼn herdenking en gedenkdiens.

“Dis hartseer dat dit lyk asof die geskiedenis tot dusver van die slagoffers vergeet het,” sê Carel Niehaus, woordvoerder van die MK-oudstrydersvereniging. “Vandag sal ʼn klein maar betekenisvolle herdenkingsgeleentheid wees wat dit [dié persepsie] wil begin verander.”

Die geleentheid begin na verwagting om 15:00 voor die Vroue-erfenismuseum, wat deel uitmaak van die Staatsteaterkompleks aan Lilian Ngoyiplein, soos Strijdomplein intussen herdoop is.

Niehaus sê vandag se gedenkdiens is die begin van ʼn projek om die slagoffers te gedenk wat sal uitloop op die bekendstelling van ʼn gedenkteken op 15 November aanstaande jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Af ·

@Zel, Strydom(Witwolf) – persoon, en dit het gebeur by Strijdom plein(plek)

Pierre ·

Ek wil met Ray saamstem. Indien Niehauss dan van mening is dit slagoffers vergeet is mag hierdie dan die begin wees van om onskuldige mense wat in ‘n aanval op ‘n Kerk ook gedenk mag word. Of is dit net lede van ander groeperinge wie se lewens nou gedenk gaan word omdat daar ‘n blanke by betrokke was.
Wat goed is vir die een is goed vir die ander.

Karen ·

Ag sies tog dis so hartseer….
Ek wonder of u ooit aan die kerkstraat bom slagoffers dink en die kranslegging doen……

O aarde ·

As Carl vir jou sê die son sak in die weste, gaan maak eers seker of dit wel so is. Die rakker lieg soos ‘n ware politikus en ‘n tandetrekker. Ek hou net mooi niks van die verloopte vent nie. Daar is krasser woorde en frases wat hom kan beskryf, maar Maroela sal dan nie my kommentaar publiseer nie.

anton ·

Ja, Carl het my n pyn al gegee in die 80’s in Potgieter str. Pta.

Shirley ·

Ek wonder of die Tempe Weermag mense wat op 16 September 1999 koelbloedig dood geskiet is in Bloemfontein omdat hulle wit is, ook onthou gaan word?

Blaarman ·

Ewe min tyd en respek vir Barend Strydom en Carl Niehaus. Die wêreld sou beter sonder hulle gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.