Strop trek nouer om Cross-aanvallers se nek

Van die goedere waarop daar tydens die inhegtenisneming in beslag gelê is. Foto: Facebook via HPG.

Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die plaasaanval op Peter-Murray (48) en Megan Cross (31) in die Matjiesfontein-omgewing in Limpopo op 25 September.

Sakkie Louwrens, direkteur van Heritage Protection Group (HPG), het die nuus aan Maroela Media bevestig. Die verdagtes is Donderdag tussen 06:30 en 07:00 in Evaton naby Vereeniging vasgetrek.

Die verdagtes is by twee verskillende huise in hegtenis geneem. Daar is ammunisie, klere, juwele, kontant en huishoudelike items wat tydens die aanval gesteel is by die verdagtes aangetref.

Louwrens vertel dat een van die twee verdagtes wat Maandagoggend in Tembisa in Gauteng in hegtenis geneem is, hulle na dié verdagtes in Vereeniging gelei het.

Die polisie van Hoopdal en HPG was betrokke by die inhegtenisnemings. Volgens Louwrens was daar altesaam agt verdagtes betrokke by die aanval en is nog vier dus soek.

Die provinsiale polisie in Limpopo wou nie in dié stadium die twee inhegtenisnemings bevestig nie.

Maroela Media het vroeër berig die Cross-egpaar het omstreeks 20:00 op die plaas Koedoespan sit en TV kyk toe mans met balaklawas ʼn groot ruit gebreek en die twee aangeval het.

Die aanvallers het eers omstreeks 22:00 op die vlug geslaan met onder meer sewe jaggewere, twee handwapens, vier selfone, kontant, bankkaarte, juweliersware en ʼn silwerkleurige Toyota Hilux-bakkie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AW ·

Who are / is responsible to teach and empower the farmers about:

“Defensible Space”

“Situational Crime Prevention (SCP)”

“Crime Prevention Through Environmental Design (CPTED)”

When it comes to farm security??

marous ·

Dit sal wonderlik wees as die opskrif letterlik plaasvind en ‘n video deur die wereld gestuur word ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.