Glen Phillips, bestuurshoof van die wildtuin, het gesê die veldwagter het omstreeks 17:30 Sondag in die wildtuin se Houtboschrand-deel op die vermeende stropers afgekom. Die veldwagter het die verdagtes probeer voorkeer en ʼn skietgeveg het ontstaan.
Volgens Phillips is die veldwagter in die arm geskiet. “Een van die vermeende stropers is doodgeskiet, maar die ander twee kon daarin slaag om te ontsnap.” Phillips het gesê die veldwagter is na ʼn hospitaal in Nelspruit gehaas waar hy in ʼn stabiele toestand is.
Die polisie ondersoek die voorval.
Dis darem een minder.
Ek stem
Elke veldwagter wat n stroper doodskiet kan maar n bonus kry!
Hoop die veldwagter kry ‘n groot bonus
Hierdie ouens lyk sommer asof hulle beter opleiding kry as on s.g weermag
Gaan dit nooit beter word in die land van ons nie? Ons word as “Rommel” aangesien deur die res van die wereld. Hierdie ouens word beter opgelei as die res van die Polise asook ons eie weermag wat nie eers meer bestaan nie!