‘Stroper’ in wildtuin doodgeskiet

Argieffoto: SANParke

ʼn Vermeende stroper is deur veldwagters in die Kruger-wildtuin doodgeskiet.

Die kommunikasiedepartement van die wildtuin het Maandag in ʼn kort verklaring gesê die veldwagters het op twee geleenthede die afgelope naweek op vermeende stropers afgekom. Albei voorvalle was in die suidelike gedeelte van die park, naby die Mkhuhlu- en Cork-gebiede.

“Vrydag het veldwagters twee vermeende stropers teëgekom. Een van hulle is doodgeskiet en die ander het van die toneel gevlug,” lui die verklaring. “Sondag is vier vermeende stropers in die omgewing van die Sabie-rivier gesien. Veldwagters kon nie daarin slaag om die verdagtes aan te keer nie en hulle het oor die rivier gevlug.”

Volgens die wildtuin is albei voorvalle by die polisie aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

smp ·

Die groot probleem in Suid Afrika is dat kiminele so veel beskerming in die verlede geniet het dat dit nou n groot probleem is. Kriminele in en buite die grense het agter gekom dat hulle soveel beskerming in Suid Afrika geniet dat hulle soos hienas oral begin toesak en begin aas het. Hierdie oorbeskerming van kriminele tref eerlike Suid Afrikaners vandag baie hard. Laat ons saamstaan en tenminste net sorg dat ons en ons geliefdes aan die lewe bly. Baie dankie vir die goeie werk in die wildtuin. Net jammer hulle kon al daai kriminele nie skraap nie. Hou aan met jul goeie werk asb…

Annie ·

Daar is niks wat my so breed laat glimlag soos die artikel nie, wel gedaan manne

Donovan ·

Ek verstaan nie lekker nie, maar is n dier se lewe meer werd as n mens se lewe…

msp ·

Vir my is opregte mense en ook diere se lewe baie werd Donovan. Mense wat ander mense leed aandoen voel ek niks voor nie. Wat ookal met hulle gebeur is goed vir Suid Afrika. Daar is ongelukkug op die stadium net te veel kriminele in Suid Afrika.

Vryheid ·

Donovan jy sal beter verstaan wanneer jy die slagoffer is van mense wat geen respek het vir lewe nie.

Chris ·

Wat verstaan jy nie Donovan ? In die geval is die lewe wat geneem is minder werd , hy sal nie skroom om n lewe te neem vir wat hy wil he nie . So ja as jy hom kry skiet en vra later . Maak oop jou oe en kyk wat om jou aan gaan

Christo ·

As jy onskuldig is, sal jy nie weghardloop nie of is ek die idioot. Iemand wat op verkeerde plek betrap word sonder magtiging oortree mos die wet. Bite the bullet!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.