’n Renosterstroper is vandeesweek skuldig bevind op 19 aanklagte wat verband hou met die stroop van renosters in ’n natuurreservaat in die Vrystaat. Die misdade is in 2018 in die Sandveld-natuurreservaat by Hoopstad gepleeg.
Volgens ’n woordvoerder van die polisie sal Jimmy Mashopane Donderdag in die rondgaande hooggeregshof in Virginia gevonnis word nadat hy reeds in Januarie verlede jaar in hegtenis geneem is.
Mashopane is Dinsdag in dié hof skuldig bevind aan nege aanklagte van renosterstroop ingevolge die wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba).
Hy is ook skuldig bevind aan vyf aanklagte van die diefstal van horings, wreedheid teenoor diere asook geldwassery.
Mashopane is in sy dertigs.
Sal waarskynlik tientalle vonnisse kry wat samelopend uitgedien word.