‘Stroper’ tydens lokval doodgeskiet

Argieffoto Foto: Andrew Taylor, ScienceLine

ʼn Vermeende renosterstroper is oor die naweek in Limpopo doodgeskiet en een is in hegtenis geneem.

Marius Jacobs, stigter van die Watchdog Tzaneen-inisiatief en bedryfsbestuurder van Canine Security, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het Saterdagaand op ʼn wildsplaas in die Harmony-omgewing naby Ofcolaco plaasgevind.

“Canine Security was besig met patrollie toe ons ʼn sloot onder die elektriese heining opgemerk het. Daar was egter nog nie sigbare tekens dat iemand die plaas binnegedring het nie. Ons het bystand van twee ander teenstropingsmaatskappye, Makutsi Safari Farm en K9 Conservation, versoek en besluit om ʼn lokval vir die verdagtes te stel,” het Jacobs gesê.

Jacobs het gesê drie verdagtes het omstreeks 21:00 die plaas probeer binnedring. “Die verdagtes is gekonfronteer, waarna hulle op die beamptes begin skiet het. Die beamptes het teruggeskiet.”

Een verdagte is gewond en is later in die hospitaal dood. Een van sy makkers is in hegtenis geneem terwyl die ander verdagte daarin kon slaag om te ontsnap.

Vuurwapens en toerusting wat gebruik word om renosters te onthoring is in die mans se besit gevind en aan die polisie oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Danie ·

Knap gedaan. Onlangs gesien dat wanneer roofdiere ‘n renoster plattrek (gewoonlik ‘n sieklike of ou dier) hulle nie die horing(s) sommer eet nie. Ek neem aan dat die roofdiere uit ondervinding weet dat die horing weinig medisinale en nog minder voedingswaarde het.

SARIE VAN HEERDEN ·

Veels geluk, maar wat gan word van die mense wat die lokval gestel het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.