Stroper wat borgtog kry en verdwyn eindelik gevonnis

renosters-witrenoster

Argieffoto (Foto: Casey Allen/Pexels)

Sewe jaar nadat ʼn renoster in Laer Sabie in die Krugerwildtuin gestroop is, is een van die verdagtes wat ná die voorval in hegtenis geneem is uiteindelik dié week gevonnis.

Simon Mahumbane Lubisi (38) is Donderdag in die Skukuza-streekhof tot effektief 19 jaar tronkstraf gevonnis.

Die renoster is op 26 Oktober 2014 gestroop en veldwagters het kort ná die voorval op ʼn groep stropers afgekom. ʼn Skietgeveg het uitgebreek en een van die verdagtes is noodlottig gewond terwyl drie verdagtes, onder wie Lubisi, in hegtenis geneem is.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is Lubisi en sy twee makkers kort daarna op borgtog vrygelaat. Hulle het egter verdwyn en lasbriewe vir hul inhegtenisneming is uitgereik. Lubisi is in 2019 weer in hegtenis geneem terwyl sy twee medebeskuldigdes steeds op vrye voet is.

Lubisi is tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige betreding van ʼn nasionale park, 10 jaar tronkstraf vir die onwettige jag van ʼn renoster, vyf jaar tronkstraf vir sameswering om ʼn misdaad te pleeg en een jaar tronkstraf vir die besit van ʼn gevaarlike wapen.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, polisiekommissaris in Mpumalanga, het die vonnis verwelkom. “Die vonnis sal as afskrikmiddel dien vir diegene wat dit oorweeg om dié soort misdryf te pleeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

stropers lees nie die berigte nie, en hulle hoor nie eers daarvan nie

Cherokee

Re: Lubisi is tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige betreding van ʼn nasionale park, 10 jaar tronkstraf vir die onwettige jag van ʼn renoster, vyf jaar tronkstraf vir sameswering om ʼn misdaad te Lubisi is tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige betreding van ʼn nasionale park, 10 jaar tronkstraf vir die onwettige jag van ʼn renoster, vyf jaar tronkstraf vir sameswering om ʼn misdaad te pleeg en een jaar tronkstraf vir die besit van ʼn gevaarlike wapen. .. end van re. Wed julle almal vir ‘n six pack, die vonnisse word gelyksaam uitgedien wat sou beteken,… Lees meer »

Chris dupreez

Die vonnis is nog te lig.

Jdb

Geen vonnis vir verontagsaming van borgvoorwaardes nie?

KB

Jy kan mos nie díé mense op borgtog vrylaat en verwag hy gaan by die borgtog-voorwaardes hou nie. Dis mos stipsinnig.