Stroper wat borgtog kry en verdwyn eindelik gevonnis

renosters-witrenoster

Argieffoto (Foto: Casey Allen/Pexels)

Sewe jaar nadat ʼn renoster in Laer Sabie in die Krugerwildtuin gestroop is, is een van die verdagtes wat ná die voorval in hegtenis geneem is uiteindelik dié week gevonnis.

Simon Mahumbane Lubisi (38) is Donderdag in die Skukuza-streekhof tot effektief 19 jaar tronkstraf gevonnis.

Die renoster is op 26 Oktober 2014 gestroop en veldwagters het kort ná die voorval op ʼn groep stropers afgekom. ʼn Skietgeveg het uitgebreek en een van die verdagtes is noodlottig gewond terwyl drie verdagtes, onder wie Lubisi, in hegtenis geneem is.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is Lubisi en sy twee makkers kort daarna op borgtog vrygelaat. Hulle het egter verdwyn en lasbriewe vir hul inhegtenisneming is uitgereik. Lubisi is in 2019 weer in hegtenis geneem terwyl sy twee medebeskuldigdes steeds op vrye voet is.

Lubisi is tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige betreding van ʼn nasionale park, 10 jaar tronkstraf vir die onwettige jag van ʼn renoster, vyf jaar tronkstraf vir sameswering om ʼn misdaad te pleeg en een jaar tronkstraf vir die besit van ʼn gevaarlike wapen.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, polisiekommissaris in Mpumalanga, het die vonnis verwelkom. “Die vonnis sal as afskrikmiddel dien vir diegene wat dit oorweeg om dié soort misdryf te pleeg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SomeOne ·

stropers lees nie die berigte nie, en hulle hoor nie eers daarvan nie

Cherokee ·

Re:
Lubisi is tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige betreding van ʼn nasionale park, 10 jaar tronkstraf vir die onwettige jag van ʼn renoster, vyf jaar tronkstraf vir sameswering om ʼn misdaad te Lubisi is tot drie jaar tronkstraf gevonnis vir die onwettige betreding van ʼn nasionale park, 10 jaar tronkstraf vir die onwettige jag van ʼn renoster, vyf jaar tronkstraf vir sameswering om ʼn misdaad te pleeg en een jaar tronkstraf vir die besit van ʼn gevaarlike wapen. .. end van re.

Wed julle almal vir ‘n six pack, die vonnisse word gelyksaam uitgedien wat sou beteken, slegs die langste vonnis in effek. Een van die min, indien nie die enigste, waar ek hoop om verkeerd te raai. Miskien weet die joernaliste om nie daai gewraakte deel by te voeg nie. Én.. miskien is dit regtig soos die berig vertel.

KB ·

Jy kan mos nie díé mense op borgtog vrylaat en verwag hy gaan by die borgtog-voorwaardes hou nie. Dis mos stipsinnig.

Yvonne ·

Afskrikmiddel……net soos die regering skrik die tipe mense vir niks….morele sedes is net vir ander

Danie ·

Borgtog!
Ek het gedink die slimmer klas mens sit op die regbank.

Nicolaas Hendrik ·

Jy moet vir alle doodmaak van diere tronkstraf kry nie net vir sekere diere nie

Mieke ·

En aborsie is ook niemeer ‘n misdaad nie!!! Wat ‘n Giddelose mensdom het ons nie geword nie!!

Frank John ·

Hie ontsnap hulle so maklik so vinnig? Ek dink geld koop baie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.