Stropers hoor dán oor vonnis

Die ietermagog wat gered is.

Drie veroordeelde stropers sal later vandeesmaand in die Khayelitsha-streekhof gevonnis word, nadat hulle vroeër skuldig bevind is.

Thokozani Welcome Gumbi (41), Zenempilo Musa Kuphe (26) en Gentlemen Moyo (41) is verlede week skuldig bevind dat hulle die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit oortree het deurdat hulle ʼn ietermagog in hulle besit gehad en daarmee gesmokkel het, het kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, gesê.

Obert Liphat Mololo (44) is skuldig bevind aan die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die Valke het die vier al in September 2014 by ʼn vulstasie in Kaapstad in hegtenis geneem. Hulle het toegeslaan nadat die ietermagog aanlyn vir R250 000 geadverteer is.

Nóg ʼn persoon wat saam met hulle in hegtenis geneem is, is op alle aanklagte vrygespreek.

Nkwalase het gesê die saak is tot later vandeesmaand vir vonnisoplegging uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Arno Scheepers ·

2014 gearresteer en word in 2019 gevonnis? Dit is PATETIES en een van die redes hoekom misdaad hoogty vier. Ons regstelsel en howe faal die land en sy mense.

Clipper ·

Ek wou ook sê dat my kalender en die hof s’n nie dieselfde is nie. Myne se 2014 is 5 jaar gelede. Wat op deeske aarde kan lei tot so n lang saak. Die landdros kon in daardie tyd aansoek gedoen het en sy graad afgestudeer het. Ek dink hierdie is net nog voorbeelde van swak gehalte van die hele justisie stelsel

George in Bloem ·

Is daar enige iets wat hierdie ouens nie sal smokkel nie?

Kaaskop ·

Solank die chinese alles vreet wat op hul borde te lande kom sal die wereld gestroop word.

Gaitsigubib ·

Die mense is skuldig bevind maar die vraag is, wat gaan hul vonnis wees? Dalk 3 maande in die tjoekie of R1000.00 boete? Wat my egter ontstel is die hope publisiteit, kommentaar, en self haatpos wat wettige jag van diere wat baie meer algemeen is (soos bv leeus), ontvang. Dit laat my dink dat die “greenys” het n agenda wat met bewaring niks uit te waai het. Hierdie radikale mense het hulself reeds ontmasker as mense wat slegs daarop uit is om die kultuur aan te val van mense wat met die wapen in sy hand wil leef soos wat sy voorouers al vir eeue geleef het. Vir werlkike bewaring voel hulle vere en hul tekort aan kennis is soms lagwekkend.

GL ·

Hulle sal enige iets vernietig vir hulle eie gewin , dit is in hulle bloed. Van die hoogste rang tot onder toe.

Clipper ·

Ek verstaan nie mense wat hierdie tipe goed en leeujag goedpraat nie. Ek is seker maar te jonk vir sulke goed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.