Stropers op wildsplaas aangekeer

boeie 5Drie vermeende stropers verskyn Maandag in die Makhado-landdroshof nadat hulle op ʼn private wildsplaas naby Alldays in Limpopo in hegtenis geneem is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die verdagtes, tussen 36 en 41 jaar oud, is vroeg Vrydagoggend op die plaas aangekeer. “Die polisie en die Valke het op inligting reageer en die plaas omring. Na ʼn omvattende soektog is die mans in hegtenis geneem,” het Mulaudzi gesê.

Die polisie het beslag gelê op twee renosterhorings, ʼn .375-jaggeweer en ʼn byl.

ʼn Renosterkarkas is ook op die plaas aangetref. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat twee van die verdagtes Suid-Afrikaners is, en een is van Mosambiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.