Stropers skiet wag, toe renoster

Die renoster wat Donderdagnag op ʼn plaas buite Bela-Bela in Limpopo doodgeskiet is. Foto: Facebook via Heritage Protection Group

Die renoster wat Donderdagnag op ʼn plaas buite Bela-Bela in Limpopo doodgeskiet is. Foto: Facebook via Heritage Protection Group

ʼn Veiligheidswag is dood nadat hy Donderdagnag op ʼn plaas buite Bela-Bela in Limpopo geskiet is oomblikke voordat ʼn renoster op die plaas gestroop is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê drie werknemers van ʼn veiligheidsmaatskappy het ʼn wildkamp op die plaas gepatrolleer toe hulle kort voor middernag deur sewe gewapende aanvallers oorval is. Een van die veiligheidswagte is in sy regterbeen geskiet en al drie wagte is met kabelbinders vasgebind.

“Twee van die aanvallers het glo by die veiligheidswagte gebly terwyl hulle vyf makkers by die kamp ingegaan het. Ongeveer 2 km verder het hulle ʼn renoster doodgeskiet en onthoring,” het Otto gesê. Intussen het die gewonde veiligheidswag op die toneel aan sy wonde beswyk.

Die sewe verdagtes het op die vlug geslaan tot by die R101 waar hulle deur ʼn voertuig opgelaai is. Hulle het ook een van die wagte se vuurwapens gebuit.

“Sake van moord en renosterstropery word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie,” het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Justa ·

Die einde van Afrika se wild lewe is in sig. Ek dink nie mense besef die erns van die situasie nie. As China en Vietnam nie daadwerklik tot verantwoording geroep word nie is ek bevrees sal al wat oor bly prentjies of “fluffy toys” van al die uitgestorwe diere.

Grap ·

Nogal goeie veiligheidswagte wonder wat betaal die plaaseienaar vir die hoogs opgeleide parate wagte.

Verstaan ·

Sny die horings self af soos berig deur maroela n tyd terug.

Daenerys Targaryen ·

Indien my inligting korrek is, moet ‘n renoster eers 10 jaar oud wees voor sy horing afgesny kan word as mens dit wil doen om hulle te beskerm teen die stropers.

Jef ·

Kan daar nie n soort pigment ink in die renoster horings en olifante se ivoor ingebring word nie.
Laat dit dan internasionaal bekend en vasgestel word dat horings en ivoor waardeloos word ook al word dit bewerk tot ornament of sogenoemde muti.
Kopers toon dan geen belangstelling in die gekleurde horings en ivoor nie en die stropers bly dan ook weg.

Sam ·

My medelye aan die wag se gesin en famielie en vriende. Baie dankie vir jou opoffering. Sterkte aan sy veiligheids kollegas wat die tragedie moes deur maak en wat NIKS kon doen in daai situasie nie. Dis NIE julle skuld nie.

Daenerys Targaryen, jou inligting is nie korrek nie. Daardie horing is soos naels , en bestaan uit keratin, hare en protein, dit kan verwyder word onder verdowing.

My voorstel is dat Renosters soos takbokke geteel en aangehou word sodat die horings deur die eienaar ge-oes en verkoop kan word. Hierdie VERBOD op renoster horing handel het vieslike sluikhandel bevorder. Gaan KYK hoe word takbokke geteel , aangehou op takbok plase en hul “velvet” word OOK geoes. RSA kon LANKAL die renosters se voortbestaan beveilig het, maar nee, nou is dit jag hier en skiet daar.

RSA ners is baie selfsugtige wesens, hulle sal eerder een renoster vir hulle self aanhou, pleks staan boere saam en bou ‘n ORDENTLIKE BOMA wat so ontwerp is dat geen persoon weet hoe om daar in of uit te gaan nie.
Renosters se horings sal af wees en dus GEEN nut wees in elk geval nie.
So 20 renoster plase kan hulle dalk NET red.

Dawid ·

N renoster se horing kan op enige ouderdom afgehaal word en dit is maar die veiligste opsie. Mens kan ook die horings “infuse” met ink wat dit basies verkleur en vergiftig. Die oorsese lande wat die horings koop weet dis gestroop en hulle gee nie om nie. Die handel om renoster horings moet wetig gemaak word dan sal dit die boer n rede gee om die horings af te haal en soort van te harvest. Net my 5 cent.

Stuart ·

Jy kan onthoring sodra die ding a horing groei. So van 3 jaar af. En elke 2 jaar daarna.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.