‘Stropers’ vas danksy oplettende toeriste

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Twee vermeende renosterstropers is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem danksy besoekers se oplettendheid.

“Besoekers aan die Krugerwildtuin, naby die Phalaborwa-hek, het die wildbewaarders by die hek in kennis gestel van twee verdagtes wat die pad te voet oorgesteek het,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, Sondag in ʼn verklaring gesê. “ʼn Helikopter en die polisie is ontbied.”

Wildbewaarders het die spore in die bos gevolg en die verdagtes in digte bosse gevind. “Hulle het beslag gelê op ʼn 458 jaggeweer, ammunisie, ʼn mes, twee selfone en vier renosterhorings. Twee van die horings was relatief vars en die ander twee was al oud,” het Otto bygevoeg.

Wildbewaarders is nog op soek na die plek waar die renosters gestroop is.

Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Phalaborwa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Goeie werk. Mens kyk nou se dae nie net na diere maar ook na gediertes. Sal graag hul oorsprong van land wil weet.

SNEL ·

Wonderlik!!!!! Mag dit meer gebeur en ja, voer hulle vir die leeus!!!!!

THEA SWART ·

NEE!! julle kan hulle nie vir die leeus voer nie – netnou moet die arme leeu van kant gemaak word anyway sal die leeu ‘n slegte spysvertering opdoen shame – skiet die gemors!!!!!!

scalla ·

Nee asseblief nie, jy kan nie enige gemors vir n leeu gee nie

Stoffel Steyn ·

Dis net jammer hulle is alweer na die strooptog gevang en nie voor nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.