‘Stropery’: Plaasbestuurder vra borgtog

Argieffoto: Susan Scott

Samuel Liversage (68), ʼn plaasbestuurder van Limpopo wat in hegtenis geneem is nadat renosterhorings, olifanttande en ongelisensieerde vuurwapens verlede week op ʼn wildreservaat buite Tzaneen gevind is, sal na verwagting Donderdag om borgtog aansoek doen.

Liversage is ʼn plaasbestuurder in die Timbavati-omgewing en is op 17 Augustus in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig ’n taakspan het Donderdag op die reservaat toegeslaan waar Liversage ʼn bestuurder is. Die reservaat is deursoek en daar is op tien renosterhorings, twee olifanttande, 11 vuurwapens, meer as 1 300 skerp ammunisie en 150 leë patroondoppies beslag gelê.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, is vier van die 11 vuurwapens ongelisensieer. Al die vuurwapens is egter vir ballistiese toetse gestuur.

Die borgtogaansoek sal in die Lenyenye-landdroshof aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KAREN ·

Verstommend arrogant – die pes vernietig lewens en dan verwag hy mercy ???? mag hy lekker lank sit mag sy saak uitgestel word tot sy 75jr verjaardag….. shame on u !

Marius ·

Karen… daar is nog niks konkreet teen die man bewys nie… jy lewer kommetaar op n korupte polisue se weergawe en swak media berigte… daar is deesdae baie min dinge wat werklik is soos doe bewering gemaak is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.