Stropery-wenk lei tot reusevonds dagga

Foto: ANA.

Polisie in die Humansdorp-omgewing in die Oos-Kaap het vier mans in hegtenis geneem vir die besit van sowat 500 kg se dagga.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê die voorval het Saterdagmiddag plaasgevind.

Die polisie het tussen Stormsrivier en Plettenbergbaai beslag gelê op 17 sakke dagga wat sowat R500 000 werd is.

Volgens die polisie het lede van die Humansdorpse veediefstal- en beskermde spesie- eenheid Saterdagmiddag inligting ontvang van moontlike renosterstropers wat in ʼn wit Nissan-bakkie en ʼn wit Volkswagen Polo reis.

“Hulle het die inligting opgevolg en die Polo is op die N2 naby Stormsrivier voorgekeer en die bakkie is gewaar naby ʼn vulstasie in Plettenbergbaai en afgetrek.”

Vier mans, almal in hul 30’s, is vasgetrek vir handeldryf in dagga.

Die voertuie is geskut vir verdere ondersoek.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Foto: ANA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hanna ·

Dagga moet gewettig word – daar is werklik te min SAPS lede om nog tyd te mors op daardie gemors. DAAR IS ERENSTIGE SAKE WAT JUL AANDAG VERG.

CAROL ·

Wat wed ek julle dat nie al daai 17 sakke gaan by die polisie stasie uitkom nie!!!

Piet Pompies ·

Het julle gesein hoe hoog is die Stormsrivier brug, mens moet gerook wees om die brug te gebruik. Humansdorp is ‘n klein dorpie, die hoeveelheid dagga kan die dorp ‘n hele jaar hou. Volgende padblokade is uitgestel tot Mei 2019….. geniet Maandag humor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.