Struggle-veteraan Derrick McBride sterf

Derrick McBride (Foto: Leon Lestrade/ANA)

Die struggle-veteraan Derrick McBride is oorlede, het die ANC Dinsdag gesê.

McBride is die pa van Robert McBride, voormalige hoof van die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod).

Die ANC het in ʼn verklaring hulde gebring aan McBride sowel as sy seun vir hul rol in die gewapende stryd teen die apartheidsregime toe die regerende party nog ʼn vryheidsbeweging was.

“McBride en sy seun sal onthou word vir hul heldhaftige rolle in die ANC se eenheid vir spesiale operasies in Durban en omliggende gebiede tussen 1981 en 1986,” het die ANC gesê

McBride het destyds lede van die ANC se gewapende vleuel, Mkonto weSiswe, opgelei en is skuldig bevind aan terrorisme waarna hy tot 12 jaar op Robbeneiland gevonnis is.

“Sy dood is die einde van ʼn onselfsugtige rewolusionêr wat sy lewe moedig gewy het aan die stryd om geregtigheid en die verdediging van ons vryheid. Hy was ʼn nederige, maar tog heftige vegter teen apartheid en al die manifestasies daarvan,” het die ANC gesê.

McBride was in sy 80’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Bramaputa

Ek hoop hy was bewus van die utopia wat sy en sy seun se “struggle” gebring het. Die fantastiese nuwe SA met huise vir almal, werk vir almal, geen misdaad en genoeg geld vir almal. Voorwaar ‘n einddoel om voor te “struggle”.

Hekwag

Geen kommentaar…

Anel

En hulle glo al die nonsens. Moord, roof en alle ander misdade bring defnitief nie verlossing nie. Hoeveel is nou beter af as voorheen?

J P

Vroue en kinders was hulle teikens, hoe heldhaftig was dit nou nie!

SJME

En toe gly-val nog ‘n vlieg stadig, geruisloos teen die muur af… Doom-loos.