Struggleveteraan kap na ANC

Mac Maharaj. Foto: Flickr/GovernmentZA

Een van die laaste oorlewende leiers van die sogenaamde struggle sê die regerende party het uit voeling geraak met die mense van Suid-Afrika.

“Alles wys dit het kontak met die grond verloor,” het Mac Maharaj (87) nou in sy luukse huis in die noordelike buitewyke van Johannesburg oor die ANC te sê.

Maharaj, ’n voormalige adviseur en woordvoerder van oudpres. Jacob Zuma, was tydens die apartheidsjare een van die ANC se leiersfigure en het langer as ’n dekade saam met Nelson Mandela in die tronk deurgebring.

Maharaj het destyds Mandela se outobiografie Long Walk to Freedom uit die tronk gesmokkel en by die oudpresident se kabinet aangesluit nadat hy die demokratiese verkiesing in April 1994 gewen het.

Maharaj het vanaf 2011 as Zuma se woordvoerder gedien voordat hy in 2015 afgetree het.

Die geregtelike kommissie van ondersoek na staatskaping het egter intussen in ’n verslag verskeie verdoemende bevindings van korrupsie onder die ANC se regering onthul. Zuma is onder dié wat direk geïmpliseer word.

“Die land word deur ’n oomblik in die gesig gestaar waar daar ’n sameloop van verskillende krisisse is wat almal een groot krisis voed,” het Maharaj in ’n onlangse onderhoud met AFP gesê, met verwysing na die land se armoede en werkloosheid.

Maharaj meen pres. Cyril Ramaphosa is daadwerklik besig om korrupsie te pak, al is dit te stadig vir sommige.

“Daar is werklik ’n gevoel dat [die ANC] onder Cyril Ramaphosa nie genoeg, vinnig genoeg, doen nie. Maar wat ek dink Cyril reg gedoen het, is dat hy in die lig van hierdie uitdagings om korrupsie uit te wis, nog nooit die grense van die wet oorgesteek het nie. Dit het die proses vertraag.

“Ek hoor mense sê hulle wil vinniger vervolging hê, maar ons het te doen met korrupsie van ’n uiters ingewikkelde aard.

“Ons het baie foute gemaak, en ons het ook die land in baie opsigte vorentoe laat beweeg.

“Ons het baie ervaring opgedoen, maar ons leer nie lesse uit daardie foute nie.”

Maharaj meen die ANC het “regte rewolusie binne die party” nodig om vernuwing teweeg te bring.

Maharaj is die mede-outeur van ’n onlangse boek getiteld Breakthrough: The Struggles and Secret Talks that Brought Apartheid South Africa to the Negotiating Table.

Die boek handel oor die ingewikkelde besonderhede oor die stryd om leierskap voor die aanvang van formele samesprekings wat eindelik Suid-Afrika se demokrasie tot gevolg gehad het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jack ·

Nee wat meneer.Jy verstaan ook nie.Ons is nie leke nie en nie so onnosel nie.CR het geen hehoefte om korrupsie hok te slaan nie.nie nou nie en ook nie in die toekoms nie.Droom voort.Julle kan nie vir almal probeer lieg en dink almal gaan julle snert glo nie.

Kokerboom ·

Ek vertrou hom netso ver as wat ek hom sien! Lekker saam in staatskapingtrog gevreet. ‘n Jakkals verander van haar maar NIE van snaar!!!

Misky ·

Toe ek die opskrif lees, was die eerste gedagte wat by my opkom dat die man weet waarvan hy praat en insig het. Toe lees ek hy was Zuma se woordvoerder. Skielik was die berig van geen belang meer nie. Sit, jou skelm!!!

De Villiers ·

Wel, geagte Mnr. Maharaj, is dit wat ons vandag onder die ANC ondervind nie al voorspel toe julle nog in die tronk gesit het nie?

Is daar dan nie gewaarsku dat die ANC nie Suid Afrika sal kan regeer nie?

Wat het jy, Mnr. Maharaj, daardie mense genoem wat al 30+jaar terug hierdie goed voorspel het?

Jy en die res van jou “Struggleveterane” kamerade, is op die ou einde direk verantwoordelik vir wat ons vandag het.

As ek jy was, sou ek my kop in skaamte gesak het en onverskoning gevra het vir elke liewe Suid Afrikaner, vir wat julle vir ons gegee het!

Marius ·

Noem een gebied waar die land vooruit gegaan het. Hul het net met ‘n vernelde pas agteruit beweeg. Nog nooit was dorpe sonder krag of water nie, nog nooit het so baie mense sonder werk gesit nie. Alles, skole, universiteite, hospitale ens. is ten gronde.

Madz ·

“Vorentoe beweeg…”?? Hoe werk JOU somme – o nee toemaar, Die konneksie met Zuma verklaar als.

Dup ·

En hy bly in ñ luukse huis……..miskien kan hy help met blyplek en geld vir die daklose en werklose peoples…

Pietertjie ·

Dis niks nuuts nie. Almal met ‘n bietjie verstand weet dit al lankal.

JohanR ·

My ou jy was die grootste leunaar nog ooit in die ANC geskiedenis!

JM ·

Die grootste en ernstigste ramp wat hierdie land ooit getref het, is die ANC. Mnr. Maharaj, jy en die totale ANC is leuenaars by uitstek en die ontstellendste is dat julle jul eie leuens GLO! Daar is egter ‘n Hoër Hand voor Wie julle almal eendag gaan staan.

Alfred E Neuman ·

Ons almal sal oor n paar jaar struggle veterane wees. Ons struggle om te oorleef in hierdie horibale plek.

Mrs H ·

Ek dink hy gebruik net die geleentheid om sy boek te bemark – n boek met n storie wat al hol rug gery is. Wat niks offer om vandag se probleme op te los nie. Plaas vertel hy vir ons hoe hy Zuma ‘geadviseer’ het?!

jzjz05 ·

Maharaj,Jy was een van die bouers aan die nuwe SA,hoop jy sien hoe jou eind reseltaat lyk,Moenie nou klae nie,!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.