Strukturele hervorming, beleggings sleutel tot herstel van arbeidsmark – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om saam te werk nadat skoksyfers oor werkloosheidsvlakke in die land Dinsdag bekend gemaak is.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het die land se amptelike werkloosheidsyfer van 30% tot 23% in die tweede kwartaal van die land gedaal, ʼn vermindering wat grootliks toegeskryf word aan hoe “werkloosheid” gedefinieer word.

Volgens die uitgebreide definisie van werkloosheid staan die land se werkloosheidskoers egter op 42%.

Ramaphosa sê die jongste syfers wys die geweldige uitwerking wat die Covid-19-pandemie op die land se arbeidsmark gehad het. Die verlies van 2,2 miljoen werksgeleenthede in die tweede kwartaal, asook die groot afname in deelname aan die werksmag weens die landwye afsonderingstydperk, benadruk die behoefte vir bykomende maatreëls om mense se inkomste as deel van die ekonomiese herstelproses te ondersteun.

“Die sukses van ons reaksie op hierdie ongekende krisis sal bepaal word deur die spoed waarteen ons arbeidsmark herstel. Benewens die verligtingsmaatreëls wat ons reeds in werking gestel het, moet ons ook verseker dat elke werksgeleentheid wat tydens die krisis verlore gegaan het, vervang word en dat meer werk geskep word sodat ons werkloosheid noemenswaardig kan verminder,” het Ramaphosa gesê.

Hy sê die kabinet finaliseer tans ʼn program vir ʼn terugkeer na ekonomiese groei en werkskepping.

Strukturele hervorming, belegging in infrastruktuur en ander maatreëls om die ekonomie te help groei, gaan volgens Ramaphosa ʼn sleutelrol speel om die herstel van die arbeidsmark op medium termyn te steun.

Terwyl dié mark herstel, gaan die regering voort met die uitbreiding van programme wat moet verseker dat mense nie hul werk verloor nie en inkomste behoue bly.

Ramaphosa sê die regering se geskiedkundige ekonomiese en maatskaplike hulpverligting het maatskappye, werkers en huishoudings teen die ergste uitwerking van die pandemie beskerm.

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het tot dusver R43 miljard in tydelike hulp aan meer as vier miljoen werkers uitbetaal. Volgens die president het dit verdere werksverliese bekamp en sakeondernemings aan die gang gehou.

Ramaphosa sê bykomende verligting is ook aan meer as 16 miljoen Suid-Afrikaners – meer as ʼn kwart van die bevolking – betaal, onder meer om hongersnood te verlig.

Hy sê die meeste lande het ʼn skerp toename in werkloosheid en ekonomiese onaktiwiteit ondervind weens maatreëls wat ingestel is om die Covid-19-pandemie te help stuit.

“In Suid-Afrika se geval beklemtoon die afname ʼn dalende vlak van deelname aan die werksmag en dra dit by tot vlakke van werkloosheid wat reeds voor die pandemie onaanvaarbaar hoog was.

“Suid-Afrikaners moet juis nóú saamstaan en Suid-Afrika laat groei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Persheks Adri ·

Cyril jy moet spesifiseer wie val in jou Suid-Afrikaners, want jy gooi elke keer die apartheid kaart! Dis ook seker al waarvoor ons goed genoeg is

Andre ·

Nee wat.Ons ken jou en verstaan jou rassisties beleid.Jy en our people moet maar die situasie probeer uitsorteer.Die blankes sal self na mekaar kyk.

annie ·

… saam…. beteken vir die ANC die een groep moet gee en die ander kan vat. Geskiedkundig… nogal… Eers word die pandemie benut om R500 biljoen weg te toor en nou moet die volgende katastrofe geaktiveer word om die land op sy kop draai sodat grootse figure opgelewer kan word vir beelde wat orals moet opskiet om ‘n dodelike regering te verewig.

Eiervrug ·

Die som maak nie sin nie. As jy 43 miljard in 4 miljoen mense indeel (en dit weer deel deur die 5 maande wat hulle TERS geld kon eis), is die bedrag per persoon baaaaaie hoër as die bedrag wat uitbetaal aan top salarisse. Dan neem ek ook nog nie eers in ag dat meerderheid van die eisers net kwalifiseer vir R3 500 per maand maal 5 maande nie….. Baie geld het uitbetaal, maar min daarvan het in die regte sakke ingegaan… (net my opinie)

Adeline ·

Sy telraam het al in die voorskoolse opleiding stukkend gebreek verseker.

Sobymykoolkop ·

Altyd imand om te blameer. Covid nie so skuldig soos julle jare lange plundering van die staatskas nie.

Pieter ·

Enigste oplossing is #ANC/EFF MUST FALL. Tyd dat ‘n beter kaptein aan die stuur van sake kom wat nie deel van die probleem is nie.

Anoniem ·

Dit is oppad MAAR hulle gaan dit nie sonder ‘n geveg net weggee nie. Hulle gaan dit ook nie deur die stembus laat gebeur nie. Hulle ken net een manier.

henndrik ·

Die ANC beleid het dit baie erger gemaak as wat dit veronderstel was om te wees en dit het lank voor COVID gebeur

Trotse Boervrou ·

Die werkloosheidsyfer in ‘n land reflekteer die sukses van ‘n Regering. Mens moenie krap waar dit nie jeuk nie. Die powere poging wat nou aangewend word is te laat. Alles is in sy kanon in en wie moet ons bedank? BESLIS die ANC Regering! Nou word almal se samewerking versoek? Toe almal gesmeek het om hul uit te los sodat hul besighede nie ten gronde gaan nie en die reeds bestaande rommelstatus ekonomie kan voortbestaan, is daar onverpoosd voortgeneuk om SA in totale chaos te laat ontaard. Moenie nou hulp verwag nie. Maak jul eie gemors reg indien julle dan nou so ‘n fantastiese Regering is soos wat jul voorgee! In jul drome…

Fedup ·

We don’t have to do anything or help at all.
You, jellyfish and your circus destroyed this country, the economy and the job market in 6 months.
A world record, I’d say.
Anyhoo, you broke it, you can fix it yourself.

Pieter ·

Laat ouer people jou help ou cyril daar was net vir hulle geld gegee met covid. Ek het ontslae geraak van jou ouer people en net blankes in hulle plek gesit. Ek het met covid gesien hoe werk julle kommuniste julle gebruik ons blankes net.

Jaco ·

Dept of Labour kan inspeksies by jou kom doen en jou beboet as jy nie regstellende aksie toepas nie

Danie ·

Mr President. You allow the farmers to be murdered. You allow corruption. You allow our monuments to be removed. You allow that its good to kill the whiteman. Now you ask the whiteman to invest. You don’t think straight. Do you really think that white people wants to invest in a country where they are getting murdered and pushed out of society. Why dont you ask your ANC comrades who stripped the country from wealth to invest the millions stolen. Why dont you invest your own millions which was given to you ny the whiteman. Why dont you get Julius Malema to invest. Sorry but I don’t have any to invest specifically not where my children and grandchildren facing the brutal murdering of my people.

Anoniem ·

CR maak dit duidelik. Wanneer hy praat van “our people” praat hy met sy eie mense. Wanneer hy praat van All South Africans sluit hy die blanke in. In hierdie instansie wil hy graag hê die blanke moet kom met ‘n oplossing. Hy weet alte goed “our people” ken net die bakhand.

My siening ·

Strukture moet op gebou word, cyrel jou aanhangers brand alles af en vernietig doe land, so praat met jou self en ook die eff en jou our people!

Andre ·

Ou Rampokker is besig om n afleiding te gooi vir sy totale skelmgeid en sy onvermoe om te regeer.
ANARGIE EN SWAARKRY IS ONS VOORLAND

Cornelius ·

Ja net meer en meer geld gaan uitgedeel word sonder dat n enkele vinger gelig gaan word om te werk. Die norm is mos nou duidelik : dis alles Apartheid se skuld dat jy nie kan of will werk nie.

Cornelius ·

Een ding is verseker, die Sicilian Mafia kan beslis n ding of twee van die ANC Mafia kom leer.

Nie Verbaas ·

Meneer die president. Deure het gesluit agv ANC se regulasies. Die gevolge is dat daar nie finansies beskikbaar is om weer werk geleenthede te skep nie. Verduidelik asb hoe alle Suid Afrikaners nou moet saamstaan. ANC het alle staatsentiteite alreeds voor Covid in die grond in vernietig. Verduidelik jou onnosel stelling meneer die president.

john ·

Cyril jy het die ekonomie vernietig met jou belaglike lockdown reels , dan praat ons nie eens van jou vernietigende ekonomiese beleid nie. En nou wil jy he ons moet almal saam staan op die ekonomie te verbeter? Hoekom begin jy nie om BEE te skrap en eiendoms regte te verseker nie. Solank dit in plek is kan ons saamstaan dit sal nie help nie.

Anoniem ·

JJ, ek het hierdie artikel gelees waarna jy verwys en dit wat tydens die grendeltyd met die stasies gebeur het is skokkend en dit is om van te huil.

Johanncb ·

Ons kan nie die situasie waarin ons land tans verkeer, wegsteek agter onduidelike statistieke nie! Speel oop kaarte met ons, en laat los asseblief die politiek magspel eenkant!

Toktokkie ·

Meneer die President – ek neem aan jy praat nou net van swart mense wat moet saamstaan en die arbeidsmark herstel nê. Soos jy al by vele geleenthede fisies gesê het dat jy en jou ANC regering slegs swart mense finansieel help en slegs swart mense werk gaan kry, sal ons wit mense maar nou net na onsself kyk. So baie dankie – insiggewende stukkie, maar ek neem aan dit het nie op my van toepassing nie. As ek te wit is om te deel in jou Suid-Afrika is ek seker te wit om te help ook.

Adam Adriaan ·

Mr President, I think you must check your diet. There is something in your diet that keep on disrupting your thoughts. This is the the reason why you have constant verbal diarea. You can not think straight.

Jakes ·

Dit slaan my versta nd te bowe dat die president en sy ANC comrades na 26 jaar aan bewind nie self kan sien dat hulle nie bevoeg is om n land te regeer nie maar steeds probeer hy voorstelle maak om die land wat reeds oor die afgrond is, te probeer red. Die fiskus is kaal gestroop en dan vra hy nog vir beleggings. Wat n sirkus.

Pieter ·

Rêrig??? Ek het lankal geen meer belangstelling on sekeres te help nie, anc het my dit mooi en herhaaldelik geleer oor laaste 26 jaar.

Genis ·

Ou Cyril is dit nou weer your people or all of us? Hou julle besig met kwaadstoking plaas van oplossings…

Frank ·

Hallo ramaphosa, dis hoekom jy 500miljard gaan leen het!!!!!!!!!!!

Blikkies ·

Lyk my alles waarin hulle in 26 jaar gefaal het is nou die verskriklike Covid 19 se skuld. Julle almal weet natuurlik hy praat net Bla Bla Bla Bla . Ek will bitter graag n’ program sien wat hy voorle wat meer werk gaan skep vir almal, selfs die wat hulle poste verloor het weens Covid en die ekonomie weer laat groei en herstel? Ek eet my hoed op….

Kokerboom ·

Hol Leë woorde van ‘n staatsleier wat oor en oor bewys het jy kan hom nie vertrou. Klem is op wat staat moet doen met privaatsektor wat aan die agterspeen suig. Niemand behalwe sosiale afhanklikes vertrou die totaal onbevoegde korrupte kabinet, parlement(anc) en staat. Totdat hy nie die rubicon kruis tov sosialistiese/Marxistiese beleide en ideologieë gaan die status quo bly!

Jacobus ·

Het die vermetelheid geen perke. Jammer Siril maar Covid19 was ‘n byspeler in die land se ekonomiese tragedie. Toestande van staatsafhanklikheid wat in elk geval ANC beleid is het SA verhonger. ‘n Buiteperd was die ongebreidelde openlikke diefstal wat ook ANC beleid is straf nou hardwerkende belastingbetalers. Kry jou Siril!

Jaco ·

ek lees nerens dat Ramaphosa verwys na die uithaal van wit mense uit die ekonomie nie. Dis goed wat hy ‘n paar maal gese het toe inperking nog strenger was as nou. blykbaar is die wit rol in die ekonomie te groot en is daar nog steeds te veel wit beheer oor die ekonomie.
Nou wonder ek maar net oor sy huidige stilte oor hierdie wit rol wat glo te groot is: beteken sy stilte hy het van mening verander, of beteken sy stilte net dat ‘n stilte voor die storm is – ‘n storm waarin wit mense radikaal onderdruk gaan word…

Herman L ·

I s R 43 miljard gedeel deur 4 miljoen nie R 10750? Kwalik vergelykbaar met ‘n top salaris.

Alleen Wolf ·

C.R., Skrik wakker, nie dood nie, dis nie die Covid pandemie wat werks verliese tot gevolg gehad het nie, dis vierkantig voor jou en kopdoek se deur te le, julle en die sogenaamde bevelsraad is die enigste oorsaak vir die verwoeste ekonomie in S.A.

JohanR ·

#VoertsakANC is die sleutel tot herstel van die arbeidsmark, en Suid Afrika!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.