Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het Donderdagmiddag in sy begrotingsrede gesê die struktuur van die brandstofprys gaan ondersoek word om dit dalk anders saam te stel.
Hy het ook aangekondig dat ’n nuwe raffinadery moontlik vir Richardsbaai aan die KwaZulu-Natalse noordkus beplan word, maar nie verdere besonderhede verskaf nie. Die mediakonferensie wat hy oor sy begrotingsrede sou hou, is op die nippertjie afgelas.
Mantashe het in sy begrotingsrede toegegee dat die bydrae van die energiesektor tot die nasionale ekonomie die afgelope jaar met 6% afgeneem het. Die minister het hom daartoe verbind om steenkoolkrag, windkrag, hidroëlektrisiteit, kernkrag en hernieubare energie saam te snoer tot ’n volhoubare energiemengsel.
Mantashe het gesê die land gaan na 2045 ’n nuwe kernkragsentrale benodig, al word planne tans in werking gestel om die Koeberg-kernkragsentrale se rakleeftyd te verleng.
Hy het onderneem dat die land se strategiese brandstofreserwes beter bestuur sal word, en om binnekort meer inligting daaroor bekend te maak.
In reaksie het Kevin Mileham, DA-LP, gesê die land is stewig op pad na beurtkrag, en Eskom het nie die kapasiteit om nuwe kragstasies te beplan of te bou nie. Hy het ook gevra dat ooreenkomste wat die vorige minister van energie, Jeff Radebe, met die Demokratiese Republiek van die Kongo en Suid-Soedan aangegaan het, openbaar gemaak word omdat dit van baie twyfelagtige morele peil is.
Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP, het gesê sentrale beplanning werk nie altyd nie en dat gemeenskappe hulself onafhanklik van die sentrale elektrisiteitsverskaffer moet maak. Hy het gesê lande wat selfstandig is in energievoorsiening kan eintlik enigiets regkry, soos Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate bewys.
Hier kom ‘n groot brandstof verhoging.
Dalk selfs ‘n basiese vaste koste soos met ons krag?
Nuwe strukture gaan hoë brandstofpryse tot gevolg hê!
Iewers gaan die bankrot regering nog geld uit jou uit wurg! Brandstof is die maklikste manier.
Swak ontwerp en verkwisting sorg dat Kusile en Medupi nie volle kapasiteit kan lewer nie..
Praat, praat en praat en wie betaal op die ou end die gelag?? Die voosgedrukte verbruiker….
Waar hulle kan skep sal hulle, en waar hulle nie kan nie kry hulle n’ Gupte om dit vir hulle te doen. Om van siek te word
N vriend van my werk by sasol en dit kos hulle vier rand om n liter brandstof te vervaardig maar kyk wat betaal ons dit is n skande maar nou ja iemand moet betaal vir al die korupsie
Hmmmm……hy gaan seker plek maak in die prys per liter vir die e-tol?
En dit is waar dit gaan bly…..n ondersoek met n styging in prys.
Aag ou Gwede–brandstof was nog altyd ‘n handige melk koei vir al julle onnodige belastings.
Gaan julle nou die koei in ‘n bul verander of dalk in ‘n os …?
Twak man, twak…!!
E-tol geld gaan hierin gewerk word. Ek sien dit.