Stryd in ANC vertraag werksaamhede in parlement

ANC-se-vlag-deur-ANA

Foto: ANA

Binnegevegte in die ANC vertraag tans die aanstelling van parlementêre portefeuljekomitee-voorsitters en as sulks die behoorlike funksionering van die parlement.

Die hoofsweep van die ANC, Pemmy Majodina, het die parlementêre persgalery genooi na ‘n funksie om die komiteevoorsitters bekend te stel en te ontmoet, maar is toe die verleentheid aangedoen dat die funksie ter elfder ure gekanselleer is omdat daar geen komiteevoorsitters was om aan te kondig nie.

Die rede hiervoor is die maak- of breek-stryd om beheer van die ANC wat woed tussen die party se leier, pres. Cyril Ramaphosa, en die sekretaris-generaal, Ace Magashule. Dit het verlede week na die parlement oorgespoel toe Magashule probeer het om ‘n hele rits LP’s, wat meer lojaal is aan hom en oudpres. Jacob Zuma as aan Ramaphosa, as voorsitters genomineer te kry.

Maroela Media het verlede week omvattend berig oor die belangrikheid van komiteevoorsitters om kwessies op die agenda geplaas te kry, oorsig uit te oefen en mense ui te nooi om aan debatte deel te neem.

Na wat berig word, het Magashule beplan om verlede Donderdag, as amptelike skakel tussen die parlement en die ANC-hoofkwartier, Luthuli-huis, die Zuma-gesinde voorsitters as die ANC-kandidate vir die voorsittersposte aan te kondig tydens ‘n byeenkoms van die ANC-koukus. Die berigte lui dat dr. Gerhard Koornhof, Ramaphosa se parlementêre adviseur, van die plan te hore gekom en Ramaphosa ingelig het, waarna Ramaphosa ‘n stokkie daarvoor gesteek het.

Die kwessie sal nou glo Donderdag bespreek word op ‘n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, waar ondersteuners van Ramaphosa ‘n besliste meerderheid het. Dan sal die land weet wie die belangrike parlementêre portefeuljekomitees lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dries du Toit ·

En so gaan dit aan en aan. So sal die radikales uiteindelik weer in beheer wees. Hoe langer Ramaphosa vat om standpunt in te neem hoe swakker word hy

Boerboel ·

Stem saam Dries. Ek wonder hoeveel Zuma en hoeveel Cr aanhangers is daar. As daar meer Zuma aanhangers is sit Cyril met n probleem.

Andreas ·

En die hele land sal Donderdag aan Cyril se lippe hang, in afwagting ….. in afwagting …

Jannie van Niekerk ·

Tydens die ANC se bewind was daar nog net een President wat ruggraat gehad het, en dit was oudpresident Kgalema Mothlante. Mandela was net in ‘n seremoniële hoedanighedi President want hy was te besig met ander dinge omdat hy so gewild was en Mbeki was ook nou nie juis ‘n presidentoor wie mens huis toe kan skryf nie. Slegs Mothlante het die amp met waardigheid en ‘n ferm hand hanteer. Dis jammer dat hy nie in ‘n uitvoerende hoedanigheid in die parlement is nie , want dan sou die meer as
helfte van die parlement, kabinet en Luthuli huis se se oneeerlikes hulle moses teegekom het. En ja, hy was net tydelik in die pos, maar feit van die saak is, hy HET die amp ven Staastpresident beklee.

Manie van Worcester ·

goed volgens jou. hy was tydelik met hoop vir meer.shame

Johann ·

ANC EERSTE…Suid Afrika nie eers op die lys van belangrik nie. Gewetenlose magsvergrypers met n slapgat “prezideht”

Vryheid ·

Al waar oor dit werklik gaan is almal wil hul pond vleis he en nog meer. Eie ek en myself, die land se g@t.

Gert van Wierdapark ·

“Hier kom-mi-tee en koekies wat die a en see voorsien het vir die media konferensie!!!

Kallie ·

Dit was seker ‘n lekker maaltyd met warm kos en poering wat toe deur die staf verslind is.

Staal ·

Yster, stem saam met jou, weet nie wat van ons volk gaan word met sulke negatiewe,ondankbare en slefs oningeligte mense wie net een oog deur die lewe gaan. Hulle sal ons nie eers kan help om dit wat van ons volk is oor is weer op te tel en vorentoe te beweeg nie. Shame ja eintlik kry ek hulle jammer.

Chris ·

Arme Yster en andere dink as hulle voorgeedie res van die blankes is vol haat hulle die aanskag op die blanke gespaar sal bly , droom voort. In die regering van die dag gaan dit net om die eie ek van die ANC en wat sy kaders daruit kan kry, vergeet die res van die bevolking, die wat honget, koud , daklios en werkloos is, solank hulle net kan skep uit die bodemlose put wat hulle reken bestaan. As daar nie meer iets oor is nie sal die veragterlike weste weer voorsien net soos in die res van Afrika

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.