Stryd om regulasies lank nie verby, waarsku kenners

Argieffoto (Foto: Maroela Media)

Die opheffing van die land se laaste drie Covid-19-regulasies word wyd verwelkom.

Die werklikheid is egter dat die regering steeds vorentoe bykomende gesondheidsregulasies kan instel, aangesien die minister van gesondheid stééds openbare kommentaar oor die voorgestelde regulasies tot Augustus toelaat.

“Dit maak my baie bekommerd. Iets sê vir my ons moenie te ontspanne raak nie,” het Philip van Staden, VF Plus-LP en dié party se woordvoerder oor gesondheid, Donderdag aan Maroela Media gesê.

Freedom of Religion South Africa (FOR SA) wys in ’n verklaring daarop dat die regering steeds Covid-19 as ’n kategorie 2- aanmeldbare mediese toestand lys, terwyl die minister steeds kommentaar op die voorgestelde gesondheidsregulasies toelaat.

“Dié regulasies verskil van die opgehefde Covid-19-regulasies, deurdat dit baie wyer en meer indringend is, wat onder meer verpligte behandeling voorstel,” sê Michael Swain, uitvoerende hoof van FOR SA.

Van Staden sê Woensdag se opheffing van die oorblywende Covid-19-regulasies kom bloot neer op ’n verskuiwing van mag. “Deur die regulasies op te hef word die mag van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, na die minister van gesondheid verskuif.

“Dít is baie gevaarlik,” meen Van Staden, “want daar is dan basies geen parlementêre oorsig nie en dis presies waarteen ons die afgelope twee jaar so baklei.”

Van Staden sê die regering se bewegings gaan nou fyn dopgehou moet word.

“Ek weet nie hoe ver hulle gaan vorder nie, aangesien verskeie burgerregteorganisasies die hof sal nader indien die regulasies wet word, maar ons moet nie uit die oog verloor dat hulle kan kom met ’n ander plan nie. Jy kan hierdie regering nié vertrou nie.”

Die VF Plus sê die opheffing van die Covid-19-regulasies is tekenend daarvan dat die regering onder druk geswig het.

“Die regering het nou eindelik tot sy sinne gekom nadat groot openbare weerstand teen die regulasies toegeneem het. Die regering kon nie meer argumente voer oor hoë infeksiesyfers, hoë hospitaalopnamesyfers en ’n hoë sterftekoers nie.

“Die herstelkoers van 97% wat nou al ’n paar maande voortduur, het finaal die regering se argumente ten gunste van inperkings die nekslag toegedien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Swerwer ·

Die “Staat/Regering” sogenaamde Ministers is almal niks wat iets gemaak is/geword het wat probeer om hul gewig rond te gooi maar nie die vaagste idee/benul het wat werklikheid beteken nie.

Anel ·

Hoop die organisasies wat hofsake gemaak het, hou daarby. Moet dit nie terugtrek nie. Want dan het ons moeilikheid.

Koos 100 ·

Dis wat BAT gedoen het oor die sigaret verbot. Nou kan dit nie weer verbied word nie!

Trotse Boervrou ·

Hulle het beslis nie tot hul sinne gekom nie. Hul speel wegkruipertjie met die publiek. Natuurlik gaan hul slinksheid nooit tot ‘n einde kom nie. Hierdie gaan egter oor getalle. Die getal gatvol mense is baie meer as hulle. Diegene het nou genoeg opgevreet.

Jedi Knight ·

GEEN regering kan vertrou word nie. Nier in SA nie, en ook nie in enige ander land nie. Selfs nie eens n DA of VF regering nie.

Boon ·

Dis darem vordering dat mee Dlamini Zuma verwyder is as good van die Covid 29 proses. DA en VF+ en Afriforum moet aanhou protes aangeteken om die sentralisering van mag in die ANC se kaders te voorkom. Daar moet parlenté oorsig en n wetenskplike raadgewende liggaam wees

Nettie ·

Die wereld organisasie gaan aappokke as pandemie verklaar. Intussen gaan die gesondheidsregulasies deurgesit word. En dan gaan ons maar weer terug wees waar ons Maart 2020 was. Lockdowns, maskers, gedwonge “kure” en “isolasies” en “kwarantyn”.

Maar die keer, baie, baie erger. Hulle gaan hulsef die reg toe-eien om ons kinders te verwyder en te behandel en toetse op hulle uit te voer soos hul goeddunk, onder die vaandel van die pandemie en gesondheidsregulasies. As hulle dink ons gaan net gaan le en dit vat, kan hulle maar weer dink.

NIEMAND RAAK AAN MY KIND NIE.

Laksman ·

as ons hoegenaamd so iets toelaat is ons slapgat en verdien wat na ons kant toe kom – massa verset is al wat hulle sal voel en verstaan.

Miskruier ·

Jammer, ander in ons land slaap, die ding is ver groter as ons land.

Gaitsigubib ·

Dis seker maar moeilik om al die mag prys te gee. Die gesegde se mos “absolute power corrupt absolutely”. Ek kan nie wag om te sien wat die kaders volgende gaan doen nie!

Papsak ·

Hou die hofsaje aan die gang asb moenie los nie dan het ons moeilikheid gaan voort

Chris ·

Iemand het baie geld in hul sakke gesteek deur onwettige handel met sigarette en alkohol. Nou soek hul nog. Maskers en nuwe regulasiea Jan spoedig weer gesien word as hul geldjies ooraak….

Miskruier ·

Die wereld wil beheer neem, ons leiers is “puppets” in hul hand.

Lionel ·

@Miskruier – so jy sê die wêreld (maw die planeet), wat nie ‘n lewende wese is nie wil beheer neem?? Mense en hulle conspiracy theories…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.