Stryd oor ANC in Noordwes nie verby

Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, vier sy oorwinning saam met ondersteuners buite die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: Itumeleng English/African News Agency

Die ANC het Woensdag gesê hy sal appelleer teen die uitspraak van die Johannesburgse hooggeregshof dat die voormalige lede van die provinsiale uitvoerende komitee van Noordwes weer aangestel moet word.

Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, en vier ander beamptes het hulle tot die hof gewend om die ANC se besluit om die provinsiale uitvoerende komitee te ontbind te betwis.

Maroela Media het vroeër berig regter Fayeeza Kathree-Setiloane het Woensdag die ontbinding van die komitee ter syde gestel en gelas dat Mahumapelo en sy provinsiale uitvoerende komitee binne twee dae weer in hul amp aangestel moet word. Sy het ook gelas dat die ANC die koste van die regsgeding moet betaal.

“Die ANC se besluit op 31 Augustus verlede jaar om die provinsiale uitvoerende komitee van Noordwes te ontbind, word onwettig verklaar en ter syde gestel,” het Kathree-Setiloane gesê.

Zizi Kodwa, waarnemende woordvoerder van die ANC, het gesê die party sal nog die uitspraak bestudeer, maar het reeds besluit dat hy teen die uitspraak sal appelleer.

“Na ons mening het die ANC se nasionale uitvoerende komitee die korrekte besluit geneem. Daarom kan ons sê dat ons teen die uitspraak in sy geheel sal appelleer. Ons moet [die uitspraak] verstaan in terme van die grondwet van die ANC, maar terselfdertyd wil ons nie hê die organisatoriese interne prosesse moet ons insluk en alles oorneem en die feit ondermyn dat ons vir ʼn verkiesing voorberei nie.”

Hy het gesê die uitspraak moet nie die party se aandag aflei van die werk wat gedoen word om seker te maak dat die party die verkiesing wen nie. “Ons moet seker maak ons behou die Noordwes met ʼn oorweldigende meerderheid vir die ANC.”

Kodwa het gesê die nasionale uitvoerende komitee sal die naweek met die provinsiale taakspan vergader.

Mahumapelo is in Augustus verlede jaar uit sy pos as premier verwyder nadat gewelddadige betogings in dié provinsie opgevlam het. Hy is vervang deur Job Mokgoro.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eddi ·

Hulle het laas amper noordwes afgebrand oor die ou. Nou gan hul hom net weer terug sit!

Neels ·

Was dit n goed deur denkte uitspraak Die rede ek vra is dat Mnr Supra vol brawade en seker van homself was nog voor die uitspraak gelewer is

Jor onner ·

Magistrate het handpoppe geword. Nou kan die anc hande vryf en sê “maar
julle weet mos, ons het probeer.” Dan gaan hulle kader weer lekker aan om te doen wat hulle doe beste doen! Gr8 sruff!

Sanet ·

MOOÍ MAN…???
Tweespalt,onenigheid en binnegevegte IS PRESIES WAT NODIG IS ini anc+eff

Michael ·

Dit wys jou nou net hoe kurupt die regter ook is. mense!!!!!

Pierre ·

En so woed die binnegevegte voort. Die ANC sal dit weereens teenstaan en so gaan dit aan, Supra in, Supra uit. Noordwes is ‘n provinsie wat gaan brand, want daar is nie konsensus wie daar moet wees nie. Volgens ‘n ander kommentaar blyk dit in elk eval of hierdie sg kommittee se diens termyn op 15 Februarie sou verstryk, dus gaan hy maar ‘n paar dae daar wees dan gaan hy weer. Gaan so voort, want die faksie gevegte gaan maak dat die ANC dalk nie so maklik hulle 60% steunbasis gaan kry nie.

Slim Jan ·

Reg-Staatkundig-reg. Nec skors die man hangend korripsie ondersoeke asb. Julle het dit nie reg gedoen nie. Julle het hom mos gevra om vredes ontwil om te ontruim. Die mênse het vir julle gese DIENSLEWERING.
Sal julle leer om beter te fire and hire

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.