Stryd oor Maties-taalbeleid weer in hof

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die regstryd om Afrikaans deel van Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid te hou, sal na verwagting in die komende week weer in die hof draai.

AfriForum Jeug het vir die tweede keer in die afgelope maand ʼn dringende aansoek op die US beteken om ʼn interdik te verkry wat die universiteit sal dwing om sy taalbeleid en -plan, sowel as die taalspesifikasies soos in die 2016 Jaarboek gepubliseer, te implementeer. Die organisasie se aansoek word deur die Adam Tas Studentevereniging en ander individue ondersteun.

Dit volg slegs ’n maand nadat AfriForum Jeug ʼn soortgelyke aansoek voor die hof wou bring, maar die organisasie en die US het toe buite die hof geskik. Die US het toe skriftelik onderneem om stappe te doen om te verseker alle fakulteite implementeer die universiteit se taalbeleid.

Kort daarna is egter glo tydens ʼn spesiale raadsvergadering besluit die taalspesifikasies sal op ʼn “buigsame wyse” toegepas word. Volgens AfriForum Jeug gee die besluit in praktyk die personeel volmag om self te besluit watter taal voorkeur mag geniet, totdat ʼn nuwe taalbeleid en -plan saamgestel is.

“Die universiteit het bloot sy onderneming verbreek en voortgegaan met die onwettige uitvoering van sy planne om Engels voortaan as enigste voertaal op die US-kampus te ondersteun,” het Hein Gonzales, AfriForum Jeug se woordvoerder, gesê.

Volgens Gonzales word die jeugorganisasie oorval deur boodskappe van ondersteuning van uiteenlopende groepe wat hulle beywer vir die behoud van Afrikaans op die Matie-kampus. Hy het gesê die organisasie hoop talle organisasies sal AfriForum Jeug in die huidige geding formeel ondersteun deur tot die hofstryd toe te tree as vriende van die hof.

“Dit gaan hier oor ʼn onaanvaarbare en onwettige verbreking van grondwetlike regte,” het hy gesê. “Die US se verbreking van ʼn skriftelike onderneming wys dat die US-bestuur nie vertrou kan word met die verantwoordelikheid om grondwetlike regte te eerbiedig en beskerm nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

anna ·

Dit is duidelik die rektor steur hom nie aan die reg nie. Hy moet dus n aanhanger van zuma wees. kry die man uit sy pos uit. hy is onbevoeg en stel n baie swak voorbeeld.

jaco ·

maak finaal en eens en vir altyd ALLES in hierdie land NET Engels. dan kan al hierdie gekla oor taalregte finaal ophou. Niemand in Namibië sukkel omdat alles daar net Engels is nie

Julius van Vuurren ·

Jaco jy het ‘n punt daar. Ons kinders vaar in elkgeval beter as die betogers al word die klasse in english aangebied. Maar dan sal hulle iets anders soek om oor te betoog.Dis my mening en ander kan maar verskil van my. Dis hulle reg om op te staan vir ons mooi taal.

Dup du Plessis ·

…….kyk eers weer hoeveel Namibiers studeer by Puk ens. omdat dit Afrikaans is voor jy daardie stelling maak……twyfel of hulle met jou gaan saamstem

Maria van Dieweeck ·

Werklik Jaco? Soos in werklik, werklik? Jy praat bog man! n Taal is mos darem meer as net n klank wat by jou smoel uitkom. Mag ek verneem waarom JY steeds in SA sit en kerm en nie in Namibia nie? Jy sal seker ook nie omgee as hul jou dan as `Jacko` aanspreek nie?

Michael ·

Maria,ek stem saam , mense met die sienswyse van jaco is grotendeels verantwoordelik vir wat met ons in die land gebeur as ons net aanhou ingee wat as hulle volgende jou huis wil hê of besluit jou kinders gaan nou net in sepedi onderwys kry gaan jy dan maar weer ingee???

jaco ·

die huidige bevordering/bevoordeling van Engels benadeel OOK inheemse swart tale soos Xhosa, Zulu, Sotho ens ens. Die sprekers van daardie tale gee duidelik nie om nie. Afrikaanssprekers wat so kla is meestal wit en bruin, so dit stuur /n beeld uit van “julle wat Afrikaans praat wil nie saamwerk nie/is gekant teen die swart regering se beleid”.

if you cannot beat them; join them. al waar hierdie gedurige gekla oor diskriminasie teen Afrikaans ons gaan bring, is groter viktimisasie van wit en bruin mense. uiteindelik loop die diskriminasie veel verder as net taal.

Toe Mugabe oorgevat het in Zimbabwe, het hy ‘n ongeskrewe ooreenkoms met die wit mense daar gehad” You stay out of politics while I take care of you”. Dit het 20 jaar lank gewerk. Toe wit mense egter in die jaar 2000 die MDC begin finanansier, het Mugabe met sy anti-wit aksies begin en ons weet almal wat toe met hulle gebeur het – meeste is weggejaag. Dis tyd dat etniese minderhede in SA hulle monde moet begin hou. Te veel beskuldigings word na ons toe gegooi. Uiteindelik lei al ons gekla oor miskenning van Afrikaans, rassisme teen wit mense, die foute van affirmative action ens ens NET tot een ding: ETHNIC CLEANSING. As jy wit is, bly stil oor dit wat jou pla, tel die ander seëninge wat jy nog het (ons lyk nog nie soos Zimbabwe nie) en beweeg aan.

FW ·

Doen wat julle by Tuks gedoen het die klomp is in elk geval te lui om aan te hou,mosie van wantroue teen die rektor en ‘n petisie van die borge en betalende ouers

jan ·

Ek stem heeltemal saam met die mosie van wantroue en onbevoegdheid. Dit is tog duidelik dat die de villiers nie n idee het hoe om n universiteit te bestuur nie.

jaco ·

De Villiers is bang hy verloor sy werk as hy openlik kant kies vir Afrikaans. Velkleurgewys is hy anyway klaar BAIE vulnerable. Hoe werk die affirmative action dan in ‘n wit man se guns by die US???

alida ·

Ai mense Engels is ‘n wereldtaal. Laat die universiteite en skole maar engels wees dit is in elk geval ‘n voordeel vir die leerders en studente indien hulle oorsee wil gaan studeer. ‘n Afrika taal gaan hom NIKS help oorsee nie. As jy afrikaans is praat dit in jou huis, kerk of oral waar jy wil, woon afrikaanse feeste by en agter alles niemand verhoed jou om jou taal in jou huis te praat of uit te leef nie. Mens raak siek en sat vir die taalkwessie. Behou ons afrikaanse kultuur niemand verbied ons nie.

Dup du Plessis ·

……niemand verhoed jou of julle om dit so te doen nie en dit is goed….. meeste skole en universiteite is in elk geval engels, kan dus nie verstaan waarom julle by hierdie gesprek betrokke raak nie……vir ons ander is Afrikaans dalk meer belangrik ……..gun ons dit – ons sal ook nie aandring op Afrikaans by instellings wat Engels is nie………mense verskil – laat die son maar oor almal skyn……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.