Stryd oor Maties-taalbeleid weer in hof

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Die regstryd om Afrikaans deel van Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid te hou, sal na verwagting in die komende week weer in die hof draai.

AfriForum Jeug het vir die tweede keer in die afgelope maand ʼn dringende aansoek op die US beteken om ʼn interdik te verkry wat die universiteit sal dwing om sy taalbeleid en -plan, sowel as die taalspesifikasies soos in die 2016 Jaarboek gepubliseer, te implementeer. Die organisasie se aansoek word deur die Adam Tas Studentevereniging en ander individue ondersteun.

Dit volg slegs ’n maand nadat AfriForum Jeug ʼn soortgelyke aansoek voor die hof wou bring, maar die organisasie en die US het toe buite die hof geskik. Die US het toe skriftelik onderneem om stappe te doen om te verseker alle fakulteite implementeer die universiteit se taalbeleid.

Kort daarna is egter glo tydens ʼn spesiale raadsvergadering besluit die taalspesifikasies sal op ʼn “buigsame wyse” toegepas word. Volgens AfriForum Jeug gee die besluit in praktyk die personeel volmag om self te besluit watter taal voorkeur mag geniet, totdat ʼn nuwe taalbeleid en -plan saamgestel is.

“Die universiteit het bloot sy onderneming verbreek en voortgegaan met die onwettige uitvoering van sy planne om Engels voortaan as enigste voertaal op die US-kampus te ondersteun,” het Hein Gonzales, AfriForum Jeug se woordvoerder, gesê.

Volgens Gonzales word die jeugorganisasie oorval deur boodskappe van ondersteuning van uiteenlopende groepe wat hulle beywer vir die behoud van Afrikaans op die Matie-kampus. Hy het gesê die organisasie hoop talle organisasies sal AfriForum Jeug in die huidige geding formeel ondersteun deur tot die hofstryd toe te tree as vriende van die hof.

“Dit gaan hier oor ʼn onaanvaarbare en onwettige verbreking van grondwetlike regte,” het hy gesê. “Die US se verbreking van ʼn skriftelike onderneming wys dat die US-bestuur nie vertrou kan word met die verantwoordelikheid om grondwetlike regte te eerbiedig en beskerm nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
anna

Dit is duidelik die rektor steur hom nie aan die reg nie. Hy moet dus n aanhanger van zuma wees. kry die man uit sy pos uit. hy is onbevoeg en stel n baie swak voorbeeld.

jaco

maak finaal en eens en vir altyd ALLES in hierdie land NET Engels. dan kan al hierdie gekla oor taalregte finaal ophou. Niemand in Namibië sukkel omdat alles daar net Engels is nie

Maria van Dieweeck

Werklik Jaco? Soos in werklik, werklik? Jy praat bog man! n Taal is mos darem meer as net n klank wat by jou smoel uitkom. Mag ek verneem waarom JY steeds in SA sit en kerm en nie in Namibia nie? Jy sal seker ook nie omgee as hul jou dan as `Jacko` aanspreek nie?

jaco

die huidige bevordering/bevoordeling van Engels benadeel OOK inheemse swart tale soos Xhosa, Zulu, Sotho ens ens. Die sprekers van daardie tale gee duidelik nie om nie. Afrikaanssprekers wat so kla is meestal wit en bruin, so dit stuur /n beeld uit van “julle wat Afrikaans praat wil nie saamwerk nie/is gekant teen die swart regering se beleid”. if you cannot beat them; join them. al waar hierdie gedurige gekla oor diskriminasie teen Afrikaans ons gaan bring, is groter viktimisasie van wit en bruin mense. uiteindelik loop die diskriminasie veel verder as net taal. Toe Mugabe oorgevat het in Zimbabwe, het… Lees meer »

FW

Doen wat julle by Tuks gedoen het die klomp is in elk geval te lui om aan te hou,mosie van wantroue teen die rektor en ‘n petisie van die borge en betalende ouers