Stryd oor na-aper sjokolade dalk na grondwethof

Tiffany Break

Tiffany Break

ʼn Voedselmaatskappy het by die konstitusionele hof aansoek gedoen om te appelleer teen ʼn vorige beslissing waarvolgens hulle verbied word om sjokolade te vervaardig wat soos die KitKat-sjokoladestafie lyk, het Beeld Donderdag berig.

Die International Foodstuffs Co en Iffco South Africa, die vervaardigers van die sjokoladestafie Tiffany Break, het die aansoek gebring nadat die appèlhof in Bloemfontein teen hulle beslis het op grond van intellektuele eiendomsreg en handelsmerk-wetgewing.

ʼn Interdik is vroeër toegestaan waarvolgens die maatskappy verbied word om die Tiffany Break-sjokoladestafie te verkoop. Die interdik is in guns van Nestlé toegestaan rakende die vorm van KitKat, wat as ʼn handelsmerk geregistreer is.

Lizl Combrinck, Iffco se regsverteenwoordiger, voer in hofdokumente aan dat daar geen verwarring onder die publiek is oor die twee verskillende sjokoladestafies nie.

Die appèlhof het beslis dat die interpretasie van die Wet op Handelsmerke en die toepassing van intellektuele eiendomsreg van uiterste belang vir die publiek, besighede en buitelandse beleggers is.

Die appèlhof het ’n sterk ooreenkoms gevind tussen die twee sjokoladestafies en dat dit op ’n verlies vir Nestlé neerkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Elizabeth ·

Nou kyk, party firmas het tyd en geld om te mors, sowaar. Party mense hou van Cadbury’s en ander van Nestle en al is Cadbury’s Bubbles en Aero van die ander ouens basies dieselfde sal ek altyd eerder Cadbury’s koop. Ek hou meer van hul smaak. Waarom sou dit nou verlies wees vir makers van Aero want ek ken hope mense wat weer NIE van die Bubbles hou maar eerder Aero koop. Daar is ook die Moro bar en dan BarOne wat basies dieselfde ding is en elkeen het sy aanhangers/kopers, so dis vir my alles belaglik wraggies. Nou kan elke vervaardiger amper ‘n ander een hof toe sleep. Een brood vervaardiger kan sê ‘n ander na-aap hul met hul produk se verpakking en alles en dit geld dan vir ENIGIETS, koekies, gevriesde groente, sop… die lys is eindeloos. Nee wat totaal belaglik. En die verpakking is baiekeer ook amper dieselfde, so regtig Nestle…!

Elizabeth ·

… en natuurlik praat ek van BUBBLY van Cadbury’s nie Bubbles nie – ai tog!

Dave ·

Dan mag ander vervaardigers stry oor wie die eerste was om blokkie-sjokolade te maak en die ander dwing om hul produk driehoekig of rond te maak; as hierdie berig reg verstaan word.

Eish! ·

Ek hoop die goedkoopste produk wen! Dan kan almal bekostig om te koop.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.