Die International Foodstuffs Co en Iffco South Africa, die vervaardigers van die sjokoladestafie Tiffany Break, het die aansoek gebring nadat die appèlhof in Bloemfontein teen hulle beslis het op grond van intellektuele eiendomsreg en handelsmerk-wetgewing.
ʼn Interdik is vroeër toegestaan waarvolgens die maatskappy verbied word om die Tiffany Break-sjokoladestafie te verkoop. Die interdik is in guns van Nestlé toegestaan rakende die vorm van KitKat, wat as ʼn handelsmerk geregistreer is.
Lizl Combrinck, Iffco se regsverteenwoordiger, voer in hofdokumente aan dat daar geen verwarring onder die publiek is oor die twee verskillende sjokoladestafies nie.
Die appèlhof het beslis dat die interpretasie van die Wet op Handelsmerke en die toepassing van intellektuele eiendomsreg van uiterste belang vir die publiek, besighede en buitelandse beleggers is.
Die appèlhof het ’n sterk ooreenkoms gevind tussen die twee sjokoladestafies en dat dit op ’n verlies vir Nestlé neerkom.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Nou kyk, party firmas het tyd en geld om te mors, sowaar. Party mense hou van Cadbury’s en ander van Nestle en al is Cadbury’s Bubbles en Aero van die ander ouens basies dieselfde sal ek altyd eerder Cadbury’s koop. Ek hou meer van hul smaak. Waarom sou dit nou verlies wees vir makers van Aero want ek ken hope mense wat weer NIE van die Bubbles hou maar eerder Aero koop. Daar is ook die Moro bar en dan BarOne wat basies dieselfde ding is en elkeen het sy aanhangers/kopers, so dis vir my alles belaglik wraggies. Nou kan… Lees meer »
Dan mag ander vervaardigers stry oor wie die eerste was om blokkie-sjokolade te maak en die ander dwing om hul produk driehoekig of rond te maak; as hierdie berig reg verstaan word.
Ek hoop die goedkoopste produk wen! Dan kan almal bekostig om te koop.