Altesaam 13 600 hektaar het reeds afgebrand in die veldbrand wat ’n week gelede in die omgewing van die Overberg ontstaan en sedertdien na Jonkershoek bokant Stellenbosch versprei het.
Die stryd teen die vlamme duur egter voort en brandbestryders sal vannag deur die nag en ook môre reageer op brande wat opvlam. Opruimingswerk is ook onderweg.
Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, sê goeie vordering is Saterdagnag in sekere areas gemaak.
Die pieke van Bothmaskop tot by Jonkershoek is egter onbegaanbaar en enige vlamme in dié gedeeltes sal óf vanself uitbrand of na meer toeganklike gebiede versprei. Brandbestryders sal dadelik ontplooi word indien dit gebeur.
Maroela Media het vroeër berig twee brandbestryders het vroeër beserings opgedoen en word in hospitaal behandel.
Geen sterftes of skade aan eiendom is in dié stadium aangemeld nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Geen skade…..behalwe natuurlik aan Fauna & Flora