‘Stryd teen misdaad verskerp,’ sê minister

Argieffoto

Argieffoto

Die regering het sy stryd teen ernstige misdade verskerp, het Jeff Radebe, minister van justisie, Woensdag gesê.

“Ons het die stryd teen misdaad verskerp om ons swaar verdiende grondwetlike regte te beskerm en ʼn samelewing te bou waar mense veilig voel en is,” het Radebe in ʼn toespraak gesê. “In die algemeen oor die afgelope nege jaar, 2004/5 tot 2012/3, het voorvalle van misdaad afgeneem in vergelyking met die toename in bevolkingsgetalle.” Radebe sê moord het met 27,2% afgeneem oor die afgelope nege jaar met ʼn verdere afname van 16,6% in die afgelope vier jaar. “Die afname in misdaadvlakke kan toegeskryf word aan ʼn toename in sigbare polisiëring en misdaadbestrydingsinisiatiewe, wat deel vorm van die Nasionale Misdaadvoorkomingstrategie.” Radebe sê ʼn verbetering in ondersoeke, skuldigbevindings en die oplegging van strawwer vonnisse het bygedra. Hy sê 12 104 mense is die afgelope vyf jaar tot tussen 15 en 20 jaar tronkstraf gevonnis, 9 438 tot meer as 20 jaar en 12 443 is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Radebe sê talle opnames toon dat mense begin veiliger voel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Linda ·

Sluit dit darem ernstige misdaad teen boere ook in? Voeg die daad by die woord.

Jasper ·

Dalk sien hulle ernstige misdaad teen Blankes as regstellende aksie.

Eben ·

Jeff wat snuif jou ou grote. Jy is duidelik besig om te lieg of is dit n verkiesings belofte? Jy is duidelik in n ander land as wat ons tans is. Lig bietjie jou dik allie en beweeg tussen die mense op grondvlak.

Stem Linda die pel van stortkop is duidelik uitvoering wat met die boere gebeur …. of is dit nie deel van die stats?

Kobus ·

Verkiesingsbeloftes. Dit is nie die eerste keer dat dit gepredik word nie.

Ina ·

Ai vra ek ook seker saam Jacob gekuier want die se die land se erenstige misdaad het afgeneem sedert 1994. Wonder in watter land hulle bly !!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.