Stryd tussen Eskom, Emfuleni oor bankrekening duur voort

(Argieffoto: ANA)

Eskom het op ʼn rekening van die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit, wat Vanderbijlpark bedien, beslag gelê omdat die munisipaliteit versuim om sy elektrisiteitrekening te vereffen.

Die stap volg nadat die plaaslike owerheid in September onsuksesvol geappelleer het teen ʼn bevel dat Eskom op die bankrekening mag beslag lê weens skuld van R1,3 miljard wat verskuldig is vir dienste wat reeds in 2019 gelewer is.

Daar is reeds beslag gelê op bates van die plaaslike munisipaliteit in ʼn poging om die skuld kragtens die hofbevel te verhaal.

Maroela Media het vroeër berig dat die munisipaliteit Eskom altesaam R1,9 miljard vir 2019 skuld, terwyl sy totale skuld R3,5 miljard beloop.

Nadat die hooggeregshof Emfuleni se aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys het, het die owerheid die appèlhof genader. Uitspraak in dié aansoek is hangende.

“Die munisipaliteit is van mening dat Eskom se beslaglegging voortydig is omdat die saak nog voor die hof afgehandel moet word,” lui ʼn verklaring van Emfuleni.

In ʼn poging om die beslaglegging te stuit en voort te gaan om dienste aan die publiek te lewer het die munisipaliteit ook Eskom se prokureurs genader sodat die bevel opgehef kan word.

“Emfuleni is steeds daartoe verbind om die saak, in die belang van sy verbruikers, op ʼn vriendskaplike wyse op te los.”

Volgens die munisipaliteit is hy vol vertroue dat die appèlhof in sy guns sal beslis.

Die munisipaliteit het inwoners gevra om geduldig te wees terwyl hy en Eskom ʼn langtermynoplossing vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Nie Verbaas

Nog n ANC beheerde munisipaliteit? Nou wil hulle huil. Ons wil mos net hê en nie betaal nie. Dis mos hulle “reg”.

Owlie

Almal wat betaal moet suffer onder die wat net wil hê Gaan kyk wie betaal nie hul munisipale dienste nie en sny hul krag af, verwyder die wat nie hul werk kan doen nie uit hul poste – die tyd van van net kry of vat is verby

anniekiewiet

Nou speel die munisipaliteit die slagofferkaart ipv om te erken dat hulle nooit escom se geld oorbetaal het nie (lees: onregmatig vir ander dinge(?) gebruik het)

Blikkies

Dit is wat ek nie verstaan nie. Hulle karring so aan vir jare maar as die paw-paw die fan strike Dan wil hulle eweskielik he die inwoners moet geduldig wees terwyl hulle ‘n lang termyn oplossing vind. Hoekom is daai oplossing nie al begin soek toe hulle oorgevat het nie!!!

Tino

Al die stelers is al weg met die buit