Stryd tussen Gordhan en Valke ‘slegte nuus vir ekonomie’

rand-ekonomie-suid-afrika

Argieffoto.

Indien die konflik tussen Pravin Gordhan, minister van finansies, en die Valke nie gou opgelos word nie, sal dit die Suid-Afrikaanse ekonomie duur te staan kom.

So het prof. Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Besigheidskool Woensdag gesê. Volgens Parsons is dit noodsaaklik om die “delikate situasie” wat tussen die Valke en Gordhan ontstaan het, suksesvol te bestuur omdat dit nog ʼn groter impak op die land se ekonomie kan hê as die omskommeling van finansministers in Desember verlede jaar.

Gordhan is vandeesweek saam met vier voormalige senior beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) deur die Valke na hul kantoor in Pretoria ontbied om te reageer op bewerings oor ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid binne die SAID. Gordhan het dit egter Woensdag duidelik gemaak dat hy nie Donderdag by die kantoor sal aanmeld soos versoek nie en het gesê daar is geen rede hoekom hy dit moet doen nie.

Intussen het Fin24 berig die rand het tot sy laagste vlak in drie weke gedaal sedert die nuus oor die Valke se brief aan Gordhan aan die lig gekom het. “Die politieke en beleidsonsekerheid wat nou geskep word deur die Valke se interaksie met [Gordhan] het reeds wêreldwyd aandag geniet. Hierdie onsekerheid ondermyn samehang en bestendigheid in beleid, wat tot ʼn verlaging in beleggersvertroue lei,” het Parsons gesê.

“Die vertrouefaktor is hier van sleutelbelang. Dit kom in ʼn tyd waarin Suid-Afrika se ekonomie veral weerloos is. Hoewel nuwe geleenthede nou na vore kom, is die drastiese val van die rand ʼn vroeë waarskuwingsteken van die negatiewe gevolge wat dit kan inhou.”

Parsons het gesê indien die rand nie verstewig nie, sal die gevolglike verhoging in inflasie veral die armes raak wat reeds gebuk gaan onder hoë inflasie en werkloosheid. “Die fokus moet nou wees op wat Suid-Afrika kan doen om ʼn beleggersafgradering te verhoed en ʼn manier te kry om steeds te strewe na ʼn groter, sterker en beter ekonomie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

My opinie ·

Die heksejag op min Gordhan is omdat hy ESKOM, SAA, die Kernkrag transaksie met Rusland en die onnodige aankoop van ‘n nuwe presidensiële straler rem. Iemand wat sy werk reg doen en hy word vervolg. Hoekom word ondersoeke na die PRASA tenderpreneurskappe gestop deur ‘n minister, maar zuma wat die president is sê hy kan nie ingryp en hierdie heksejag stop nie? Het ‘n minister dan skielik meer gesag as die staatspresident? Wat ‘n aweregse redenasie. Stop hierdie heksejag en vervolg diegene wat wél skuldig is aan korrupsie en diefstal.

Rynhardt ·

Gordhan se vrou het sopas aan E-Tv op rekord erken:”Zuma het teen my man gedraai!” Dit se alles,ongeag die geluide wat Zuma vercer mag maak.SA se ekonomie en rand gaan vorentoe asook met 2017 versleg!SA word deur n selfsugtige,selfverrykende regime gevangene gehou wat alles na ellende neem!

Rynhardt ·

Sopas op E-Tv het Gordhan se vrou op rekord aan joernaliste die volgende erken:”Zuma het teen my man gedraai!”Dit se alles,ongeag die dinge wat Zuma mag kwytraak vorentoe.SA word gevange ghou deur n selfsugtige,sefverrykende regime wat sy eie belange eerste stel bo SA en sy mense!Ons gaan verder vorentoe ,en in 2017 verder ellende ervaar met die rand.

alida ·

Natuurlik sal Zuma teen Gordhan draai want hy draai die krane toe vir hulle gesteel en vermorsing van geld.

Denise van Tonder ·

Natuurlik sal Zuma teen Gordhan draai – hoe gaan hy wat Zuma is sy hande op verdere fondse kry om homself te verryk. Daar is in elkgeval baie meer korrupsie gevalle teen Zuma – hoekom word daar nie daarvan werk gemaak nie en nog meer wanneer is Zuma van plan om die druppel in die emmer (teen wat gevat was vir Nkandla) terug te betaal. Sy tyd vir dit is seker al om maar nog speel hy wat Zuma is ‘n rol wat net weer wys hy gee niks om vir SA nie- Waar is die Valke nou!!!!! Laat geregtigheid nou geskied!!!!

Politikis-kritikus ·

Ek vermoed My Opinie is heeltemal korrek. Wat agter die skerms aangaan, weet net die “ingeligtes” wat myns insiens kortsigtig, lomp en onnosel is aangesien hulle die Rand weer afwaarts dwing en die land verder in die afgraderingsproses indompel. Is daar dan nerens iemand met integriteit wat ‘n stokkie kan steek voor hierdie belaglike “strategie” nie?

John ·

Hoekom verwag ons skoon kos op die tafel as ons ‘n restaurant met ‘n bedenklike status, besoek? Hoekom verwag ons renosterstropery sal aan bande gele word in ‘n land waar regeringsamptenare boesemvriende is met diegene wat die horings verkwansel? Hoekom hou ons aan glo die presidensie sal dalk net more aankondig dat die hoogste amptenaar in sak en as sit, diep bedroef is en sy amp neerle?

Joann ·

Jul almal slaan die spyker op die kop. Zuma sien nou Gordhan draai sy krane toe en hy moet vir al sy vroue boetiek uitrustings voorsien

Ander Koos ·

Baie gerieflik vir Zuma en sy “cronies’. Posisioneer jouself in die valuta mark, “rock the boat”, die Rand val en siedaar miljarde Rande wins. Dit was met Nene debakel berig dat Guptas miljarde gemaak het. Mens kan aanvaar hulle “vriend” het hierin gedeel

Johann ·

Magsbehepte ontblote staatskas plunderaar met ZERI insig of gewete van gevilge van sy persoonlike vebdetta teen geregtigheid! Z.U.M.A en sy handpoppe… mi ister wat ondersoek aflas…nuwe OB wat “sagter met die regering wil werk” en Hlaudi die Hoofnar wat die SAYK kaap! Mense…ons moet BUTTER mooi kyk na wie wat in ins kwytraak. Dis nie terloops nie..die ANC gryo na als wat hy kan saamsleep na die verkiesing…desperate magbeheptheid

John ·

Wie kan ons se of daar nog goudstawe in ons staatskluis is? Wie pas ons goudreserwes op? Syfers op papier is wat werd? ‘n Stafie hier en ‘n stafie daar… vir ‘n goeie vrind. Wie sal weet?

Louwrens ·

n Stafie hier en n stafie daar.
alles is vir Zuma soos goue wilger blaar.
Gordhan bring toe daar n kettingsaag
en skielik word die rand behaag.
Nou is Zuma erg die josie in
want Inkwazi wal die dieptes in.

christine ·

As jy nie in die weermag geleer het hoe werk komunisme nie 1. vlag moet weg 2. Alle Sentamente. 3.Saai onmin tussen groepe 4. Doen weg met skole sport en gewone sport weg met universiteite verarm die volk dan ekom dan vat ons oor aldie goed moet gebeur ek reken hulle gaan hier in Suid Afrika hulle laaste dae he. Ons gaan dit dooddruk net hier al is ons so verdeelde volk

Kobus ·

En toe ek onderaan ‘n ander berig waaronder ek kommentaar gelewer het hoe die ANC se bestuur van die land, die Zuma sage met Gordhan en die invloed daarvan die ekonomie en die rentekoerse raak waarvan ek vir oorlewing van my inkomste afhanklik is, toe word dit gesensureer.

Kobus ·

KarooKlong, dit lyk my polities korrek het ook ander gesigte. Lees die skrywes oor die voormalige rektor van UV . Hy word aangevat in geen onduidelike taal nie. Lees al vandag se berigte op Maroela. Oor die ekonomie, die rentekoerse. Dan staan ek verstom omdat ek, as ek reguit praat, sonder om die koerant se beleid aan te vat, te lig geag word.

Kobus ·

KarooKlong, dan het dit ook al gebeur dat Maroela die aanvanklike kommentaar, joune soos hier bo en dan ook myne weg vat, net omdat hulle nie met my kommentaar onderaan bv joune tevrede was nie. Dus wat ek beduie, is bv as hulle nie met die kommentaar wat ek nou hier tik, mee teverde is nie, dan verwyder hulle ook sommer die oorspronklike kommentaar én diegene daaronder s’n, dus daardie hele gesprek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.