Stryery oor speletjie lei tot tiener se moord

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

’n Tienerseun (15) van Odendaalsrus in die Vrystaat is met ’n knipmes doodgesteek ná ’n woordewisseling oor ’n speletjie tussen hom en ’n jonger maat ontstaan het.

Die 12-jarige maat word aangekla van die moord.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Lebohang Malgas, ’n gr. 9-leerder, en die verdagte, ’n gr. 6-leerder, het Vrydag omstreeks 19:30 ’n dobbelspel in die straat van blok 7 in Kutlwanong gespeel.

Die twee seuns het in ’n hewige argument oor die speletjie betrokke geraak en die jonger seun is huis toe. Hy het na bewering later teruggekeer, ’n knipmes uitgepluk en Lebohang daarmee in die bors gesteek.

Die tiener het inmekaargesak en is op die toneel dood verklaar.

Makhele sê die minderjarige verdagte is op aanklag van moord in hegtenis geneem, maar intussen  onder toesig van sy voog vrygelaat.

Die seun moet Maandag in die landdroshof in Odendaalsrus verskyn.

Die twee seuns was ten tyde van die voorval leerders van verskillende skole in Kutlwanong.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
SomeOne

waar gaan die lewe van sulke jong kinders heen, hulle sien dit wat nou algemeen geword het, bende gevegte

Anel

Ja, dobbel, nê!

melaney

So maklik soos dit. Hierdie land het dringend genesing nodig, asook verandering. Ons kan begin by die verroting van die regering.

Daniel

Moordlustig al op so ‘n jong ouderdom

Alta Alleman

En dis die prentjie wat mens kry van die toekoms van Suid Afrika….baie hartseer.