Strykysters, grawe en byle baie keer in brutale aanvalle gebruik

Grafika: AfriForum

Grafika: AfriForum

Sedert 2014 was daar minstens 15 plaas-, hoewe- en ander aanvalle waartydens slagoffers met grawe, strykysters of byle aangeval of vermoor is.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gesê die jongste aanval gister op ’n bejaarde egpaar van De Wildt in Noordwes het die fokus opnuut laat val op die soort wapens wat dikwels in die aanvalle en moorde gebruik word (lees meer hier).

Volgens Lorraine Claasen, navorser oor plaasaanvalle en -moorde by AfriForum, blyk dit dat daar in vele gevalle meer geweld gebruik word as wat nodig is om net te roof. “Die gebruik van strykysters, byle, grawe en ander voorwerpe tydens aanvalle dui op ’n verhoogde vlak van aggressiwiteit en moontlike sekondêre motiewe van die aanvallers.”

Sy meen ekstreme geweld kan gebruik word om slagoffers te dwing om inligting deur te gee oor byvoorbeeld waar die sleutels van die kluis, die kluis self en geld en wapens weggesteek is. “Daar is egter gevalle waar daar absoluut geen rede is vir die toediening van sulke brutaliteit nie.”

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, meen daar beland deesdae byna daagliks inligting van een of ander wrede aanval op sy tafel. “Daar is vir seker die afgelope jaar ’n styging in wrede aanvalle waar slagoffers gemartel word.”

In die afgelope twee weke het Cameron vier moordtonele in die Hartbeespoort-omgewing besoek waar die aanvalle almal wreed was. “Daar is duidelik ’n tendens dat aanvallers ’n skrikbewind onder gemeenskappe probeer voer soos in landelike gebiede rondom Hartbeespoort.”

AfriForum se gemeenskapsveiligheidspan wil soveel moontlik doen om mense pro-aktief op te lei en hulp teen aanvalle te bied. “Gemeenskappe kan ons nader om hulle te help om veiligheidstrukture op die been te bring,” het Cameron gesê.

Mnr. Kerwin Lebone, ’n misdaad- en veiligheidsanalis by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR), meen misdaad in Suid-Afrika is in die algemeen baie meer gewelddadig as elders in die wêreld.

Henk van de Graaf, adjunk-hoofbestuurder van TLU SA, sê die brutaliteit wat met plaasaanvalle en -moorde gepaard gaan, is juis die rede waarom daar gevra word dat ’n spesialisondersoek-eenheid geskep moet word om die tendense te ondersoek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Drieks ·

Gaan luister na die praatjies om die braaivleis vure in elke kultuur groep en jul sal die antwoorde kry.
Dankie Afri Forum…..

Lillian ·

Dit kom al jare en dit gaan soos ons almal weet, oor rassisme, die haat vir ons blankes!

Dankie vir Afriforum wat nog baklei vir ons bestaansreg.

Gerhard Bezuidenhout ·

Drieks ek stel nie belang om saammet n sekere kultuurgroep te braai nie maar ek verstaan en praat twee van hul tale . Jou hare sal op jou kop regop staan om te hoor wat hulle kwytraak en dit is deur hul optrede dat blankes ook maar praat rondom die braaivleisvure of moet ons dan stilbly.

Drieks ·

Ek meen, daar kultuur groepe wat doen wat hul om daardie vuur praat. Die res van ons praat net ons harte uit en voel more beter…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.