Student 52 keer met ʼn mes gesteek

Precious Ramabulana (Foto: Facebook)

Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van moord ná ʼn 21-jarige kollegestudent Sondagoggend omstreeks 02:30 in haar kamer aangeval en met ʼn mes doodgesteek is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê Precious Ramabulana, van die Capricorn TVET-kollege, het in haar huurkamer in ga-Joel Section in Mokomene gelê en slaap toe ʼn onbekende persoon deur die venster toegang bekom het tot haar kamer.

“Die bure het haar gille gehoor en die polisie ontbied. Sy is in ʼn plas bloed aangetref en het verskeie steekwonde gehad. Die motief vir die aanval is onbekend,” het Mojapelo gesê.

Medestudente het op sosiale media hul skok uitgespreek oor die voorval en gesê Precious is glo 52 keer met ʼn mes gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Renee ·

Nog ‘n jong meisie vermoor wat ‘n land lewe ons in. Maar ag kom ons los die kriminele dit is mos Suid Afrika se moto

JohanR ·

52 keer gesteek soos ‘n dier! Klink vir my soos daai groen oog van jaloesie? As ek jou nie kan he of kry nie, gaan NIEMAND jou he of kry nie!

Johan ·

Limpopo…. the name says it all. Kan net sowel mini-Zim wees

Lynette ·

Definitief n
‘n passie-moord. Natuurlik haar gewese kêrel of huidige kêrel of jaloerse meisie van wie die slagoffer moo tlik ‘n kêrel afgerokkel het…..

Wian Winkelhak ·

As jy 18 jaar oud word gaan kry vir jou n wettige pistool vir ” Self Defence” ….jy gaan dit eendag nodig kry….berer om een te hê en hom dalk nie nodig kry nie…as een nodig hê en nie een hê nie…

Emma ·

Jis ma n mens kan wreed wees om iemand so te vermoor. Waar gaan ons land heen met sulke mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.