Student aangekla ná hy glo rower doodsteek

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Oos-Kaapse student verskyn Dinsdag in die landdroshof in Port Elizabeth op aanklag van moord nadat hy ʼn vermeende rower se mes afgevat en hom na bewering daarmee doodgesteek het.

Kol. Priscilla Naidu, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die 23-jarige student van die Nelson Mandela-universiteit wat in die stad loseer, was Sondag omstreeks 05:30 in Sentraal te voet op pad huis toe.

Op die hoek van Mackay- en Campbellstraat is hy genader deur twee mans, van wie een met ʼn mes gewapen was, vertel Naidu. Hulle het die student glo van sy selfoon beroof.

“Die student het die mes van die vermeende rower afgevat en hom na bewering daarmee [dood]gesteek,” sê Naidu. “Die ander rower het weggehardloop, maar beamptes van ʼn veiligheidsmaatskappy wat in die omgewing op patrollie was, het hom in hegtenis geneem.”

Die oorledene, Ali Msabaha (30), en sy vermeende makker, Ali Mohamed (nagenoeg 25), is albei van Tanzanië afkomstig. Mohamed het Maandag vir die eerste keer in die hof verskyn, maar sal na verwagting weer vandag voorkom en bly intussen in aanhouding.

Die student, wie se naam eers bekend gemaak kan word ná sy eerste hofverskyning, word reeds van Sondagoggend af in die polisieselle aangehou. Hy sal na verwagting vandag vir die eerste keer in die Port Elizabethse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Hoe nou..... ·

Laat ek raai…..hulle sal die oorlewende aanvaller se woord vat as werklike gebeure en die student toesluit vir moord. Fantastiese regstelsel van ons.

PIENKIE ·

Ek verstaan nie. Die victim sit nou in aanhouding in vuil aanhoudingselle omdat hy homself verdedig het???

Molly ·

Moord – dis belaglik! die klag justify nie die aksies nie. Hoop die student kry goeie regshulp

Zettie ·

Maar in Limpopo het ‘n slagoffer ‘n rower in die rug geskiet nadat die slagoffer geroof is en hy is nie gearresteer nie? Ek kan nie die dubbel standaarde verstaan nie……sterkte aan die student.

Essie ·

Wat n groot grap die rover het meer regte as n eerlike burger en word die rower se lewe beskerm ma nie die student wat n klug.

AI ·

Bestaan daar nie meer iets soos selfverdediging in Suid Afrika se regstelsel nie? Since when is daar nie meer jy is onskuldig totdat jy skuldig bewys is nie. So wat hier gebeur is die rower se woord is meer werd as die student s’n. G’n wonder almal stem om hierdie regering aan bewind te hou nie – meer as helfte van ons land is kriminele! Gangster’s paradise het ‘n nuwe betekenis!

Legal eagle ·

En die polisie wat die 80 jarige boer doodgeskiet het wat hulle beweer het eerste op hulle geskiet het het niks oorgekom nie . te eienaardig die DUBBELE STANDAARDE in SA , hang net af WIE jy is en WIE jou glo .. As jy ‘n TAnzanier in SA is gaan jou woord VERSEKER bo ‘n wit student s’n geneem word .. so ja . STERKTE aan die kind, ek wonder net WAAR is die REGSMANNE wat altyd hulle hulp so vrylik vir plaasmoordenaars aanbied?

RHG ·

Al my simpatie aan die student wat sekerlik nou moet eksamen skryf. Deur ‘n skobbejak se daad is die student se lewe op sy kop gekeer.
Dit is seker maar die regsprosedure, maar dis nie te sê hy sal vervolg word nie. Vir die res van sy lewe sal hierdie ongevraagde nonsens met hom wees.

Skroef ·

In die rug geskiet. Maw toe die aanvaller al aant weghardloop was en nie meer n bedreing was nie. Viva. Was seker swart. Aanvallers is van Tanzaniė af. Is hulle wettig in die land?

Asmain ·

Ai en omdat hy homself verdedig het, sit hy nou in die tronk, mis waarskynlik sy eindeksamen en moet duisende rande aan n prokureur betaal.
Terwyl die skurk teen more of uit is op borg (en nooit weer gesien word nie) of aansoek doen vir Regshulp en met ons belastingbetaler se hulp skotvry wegstap.
Nou vra ek myself: is there justice in this world?

leser ·

@Al
ek stem saam met jou
moet jy maar stilstaan dat hulle jou doodmaak, jouself glad nie verdedig nie
te hel daarmee, as iemand my aanval en hy gaan dood in die geveg, dan is dit maar daarna toe
sal maar tronk toe gaan, maar verdedig, sal ek

wonder ·

ASB Alle Advokate KRY DAAI KIND UIT DIE TRONK UIT. Hy veriden eerder n trofee want hy het vir hom self opgestaan as n vuil tronk>>>

Johan ·

In plaas van ‘n Honores Crux medalje vir dapperheid kry hy ‘ n arrestasie……!

Carla ·

Die reg moet sy loop neem. Die saak moet ondersoek word. Hoe weet een van ons of die storie waar is en of dit dalk heeltemal anders gebeur het. Selfs al is dit selfverdediging moet dit bewys word, en dit is ook reg so anders kan enige van ons iemand vermoor en se o dit was self verdediging
ek voel jammer vir die student, maar glo die reg sal sy paadtjie loop en as dit selfverdediging is dan verander die klag na onwillekeurige manslag of hy word vrygespreek

Student ·

Dit kos hom nou duisende rande aan REGSKOSTE om dit te bewys. As die mense hom UITGELOS het het hulle of hy niks oorgekom nie. Dit is BAIE onwaarskynlik dat jy ‘n aanvaller met sy EIE Mes doodsteek en die ander ou dan beweer die student het hulle aangeval (met hulle eie messe) . eish daai een wil nie lekker deurgaan nie …

watgaanaanmetdieland ·

ek het nie woorde nie. dieselfde met my broer oorgekom.. Mes is afgevat en rower/skoorsoeker is doodgesteek.. Hy was ‘n ex-polisieman met onluste-eenheid as agtergrond op ‘n jonge ouderdom met die gevolg : PTSD agv sy werk,en toe sit hy ook nog klomp jare in die tronk. Hoop net dit kom hierdie student ook nie oor nie, en dit nog ‘n buitelander wat die misdaad gepleeg het, en ons eie land wil nie sy eie burger beskerm nie, maar eerder .. ag ek weet ook nie meer nie

marous ·

Waarom moord? Waarom nie geregtelike doodsondersoek nie ? Hierdie sotlike land is geskep deur diegene wat in leunstoele sit en oordeel . Gaan kyk hoe word PE oorweldig deur misdaad . Roep vir naidu dat sy die gemors waarin gewone mense hul bevind aan die hof verduidelik .

Thinus Erasmus ·

As die minister van SAPD nie onmideelik optree nie, moet hy persoonlik van onregmatige arrestasie aangekla word, en ook ‘n asemrowende bedrag skadevergoeding van hom persoonlik ge-eis word.
Hierdie is 100% bewys van die totale verrotting van nie net SAPD maar ook regstelsel.
Alle beamptes, hul bevelvoerder en stasiebevelvoerder behoort onmiddelik geskors word en die skuldiges afgedank word, die bevelvoerder van al sy range getroop word.
WIE STEM SAAM MET MY.
SA regering is malverlief op misdaad.

Pieter ·

Ek stem Thinus. Om nie te dink aan die trauma waardeur die student moes gaan en steeds gaan nie. Tensy sekere inligting van ons weerhou word, oor die rede vir aanhouding, gaan die student op die ou ent met ‘n lekker vet tjek wegloop oor onregmatige arrestasie.

Koen ·

En dit is presies die rede waarom ek nie meer praktiseer as prokureur in die land nie. Geen regstelsel oor in die land nie.

Ek stem Koen ·

Janee Koen ek sal ook eerder AKTES doen, baie meer geld en baie minder werk en baie minder spanning .. ten minste kan geregtigheid geskied. Die REGSBANK is al so verpolitiseer dat jy as wit advokaat niks meer kan uitrig sonder om deur jou kollegas as rassisties uitgeskel te word nie .. soos wat daar met wit regters gedoen word. Die ONGELUK is nou net as die onteining sonder vergoeding kom is die AKTE werk ook daarmee heen ..

Theresa B ·

Dis ‘n helse grap. Jy mag jouself nie eers meer verdedig nie. Jy mag nie terug baklei nie. Staan net stil want die rowers het regte. Hulle mag jou maar doodmaak. Hierdie land is seker die grootste sirkus nog!!

Hennie ·

‘n Patetiese toepassing van reg en geregtigheid, is daar regtig geen wetstoepassers wat gebore is met die vermoe om te dink nie? Of is dit ‘n geval dat hulle dink van die verkeerde kant af, waar hulle hulself gewoonlik bevind? Pateties, absurd . . . !

Thinus Erasmus ·

Carla alles is nie so onder verdenking soos wat jy dink nie. As polisieman moet jy darem goeie oordeel kan gebruik om situasie op te som. Jou bevelvoerder is daar om jou optrede en die saak te be-oordeel. Die ondersoek beampte besluit of daar enige saak teen selfverdediger ondersoek behoort word.
Moet alle selfverdedigers dan ook outomaties van aanranding of moord aangekla word?
Die SAPD se eie verklaring gee dan reeds die inligting dat die man aangeval of ten minste gedreig en beroof is. Of sou jy eerder sien dat hy net sy selfoon terug gevra het, en dan die rower sy mes terug gee????

RHG ·

Thinus Erasmus, Carla het net verduidelik waarom die student aangekla word en dat dit prosedure is om die saak deeglik te ondersoek. Dit is waar en dit moet gedoen word. Sy is nie aan die oortreders se kant nie.
Ek hoop hierdie lelike ding is gou oor en verby vir die student.

Haai ê ê ·

O genade – so as ek myself eendag moet beskerm en my aanvaller doodmaak, gaan ek tronk toe totdat ek kan voorkom??

Abe ·

Haai,e,e
Lees weer wat Carla hierbo se. Dit is die regte inligting.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.