Student beseer toe hy onder trekker beland

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 19-jarige student aan ʼn skool in Mooirivier, KwaZulu-Natal, is ernstig beseer nadat hy Donderdagmiddag onder ʼn trekker beland het.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die voorval het omstreeks 15:45 plaasgevind. Die tiener het onder die agterwiel van ʼn trekker beland.”

Die jong man is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal in Pietermaritzburg geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.