Student by koshuis doodgeskiet

Zolile (Zoe) Khumalo (Foto: Sthembele Zolile, Facebook)

Zolile Khumalo (21), ʼn eerstejaar bourekenaarstudent aan die Mangosuthu Universiteit van Tegnologie in Durban, is Dinsdagaand by die Lonsdale-koshuis doodgeskiet.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn voormalige student, 23 jaar oud, het die koshuis besoek en Khumalo toe geskiet. Die man is op die toneel in hegtenis geneem en sal “binnekort” in die hof verskyn. Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie, het Zwane verduidelik.

MUT het die voorval bevestig en gesê die universiteit, studente en personeel, is geskok oor die gebeure.

Maroela verneem Khumalo en die man was vroeër in ‘n verhouding en sy probeer glo al twee weke lank om die verhouding te verbreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Al ·

Sterkte aan haar familie. Dis nie altyd maklik om so ñ kêrel uit te ken vir wie en wat hy is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.