Student en ma glo deur verkeersbeamptes aangerand

'n Skermskoot van die voorval.

‘n Skermskoot van die voorval.

Twee 20-jarige studente, Angelique Botes en Jeanette Preis, asook ʼn “barmhartige Samaritaan” het Dinsdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn nadat hulle helder oordag in hegtenis geneem is tydens ʼn onderonsie met die Ekurhuleni-metropolisie.

ʼn Familiewoordvoerder wat medianavrae namens die Preis-gesin hanteer, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die twee vriendinne is Maandag omstreeks 10:00 in Kempton Park van die pad afgetrek omdat hulle glo 110 km/h in ʼn 80 km/h-sone gery het. “Ons is nie seker wat presies alles daarna gebeur het nie, en wil nie te veel uitbrei voordat daar behoorlik ondersoek ingestel is nie. Gebeure het geëskaleer en Angelique en Jeanette is in hegtenis geneem,” het die woordvoerder gesê.

Intussen het Lucky Meyer, ʼn motoris, die onderonsie tussen die metropolisiebeamptes en die vriendinne gesien en is hy glo weens dwarsboming van die gereg in hegtenis geneem nadat hy ʼn video van die voorval geneem het.

Al drie mense is daarna na die Kempton Park-polisiestasie geneem.

ʼn Joernalis van die gemeenskapkoerant Kempton Express was by die polisiestasie waar Preis se ma, wat intussen ʼn oproep van haar angsbevange dogter gekry het om te sê sy is in hegtenis geneem, gewag het.

Jeanette het begin huil toe sy haar ma, wie se naam ook Jeanette is, by die polisiestasie gesien het en gesê ʼn beampte het ʼn pistool teen haar kop gehou. Jeanette sr. is glo daarna tydens nog ʼn onderonsie deur ʼn vroue-EMPD-beampte geklap.

Die joernalis, Alicia Loots, wou die onderonsie met haar kamera afneem, maar haar kamera is glo afgeneem en toegesluit. Dit is egter weer later aan haar terugbesorg.

Sy het Dinsdag aan Maroela Media gesê sy het nie tydens die voorval seergekry nie. Volgens die Preis-gesin se woordvoerder het Jeanette jr. en Jeanette sr. geringe beserings opgedoen.

Die vriendinne en Meyer is tot omstreeks 19:00 by die polisiestasie aangehou waarna hulle vrygelaat is.

“Jeanette is op ʼn waarskuwing vrygelaat, Angelique is op borgtog van R1 000 vrygelaat en mnr. Meyer moes R500 borgtog betaal op voorwaarde dat hy Dinsdag in die hof verskyn.”

Volgens die familiewoordvoerder staan die vriendinne tereg op ʼn spoedoortreding, crimen injuria en gewone aanranding. Net die spoedoortredingsaak was egter Dinsdag op die hofrol en ʼn datum vir ʼn volgende hofverskyning is nog nie bepaal nie.

Die familiewoordvoerder het gesê dat Meyer, wat as ʼn “barmhartige Samaritaan” beskryf is, die grootste onreg in die voorval aangedoen is omdat hy bloot probeer help het.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die EMPD, het aan Maroela Media bevestig dat Angelique glo die spoedgrens oorskry het. “As ’n bestuurder die spoedgrens met meer as 30 km/h oorskry, kan die oortreder op grond daarvan in hegtenis geneem word en moet ʼn saak oopgemaak word,” het Kgasago verduidelik.

Hy het gesê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat Jeanette jr. glo nadat hulle afgetrek is, op ʼn boete aangedring het. Sy het glo ʼn regskenner gebel en is glo aangeraai om weg te ry. “Die twee is agtervolg en uiteindelik weer van die pad afgetrek waarna hulle hul glo hulself teen die beamptes verset het en hulle gevloek het. Dit is toe dat die onderonsie ontstaan het,” het hy gesê. “Die voorval by die polisiestasie het gevolg nadat daar weer op die beamptes geskree is en vingers in hul gesigte gedruk is.”

Kgasago het egter gesê die voorval word as ernstig beskou en ʼn volledige interne ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal of die beamptes reg opgetree het onder die omstandighede.

Klik hier om ‘n kort video van die voorval te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

carel ·

Kgasago – kyk na die vidio – die beampte rand die vrou aan – dit mag nie gebeur nie – as die vrou verset moet die beampte haar “restrain ” maar mag nog steeds nie die vrou aanrand nie – kyk na die nuus SAP beroof winkel (krugersdorp) SAP edenvale rand mense aan – jul SAP en JMPD is skurke en korup.

Knersus D ·

Niel, dis ‘n geval van “meng jou met die semels”. En ‘n woordjie van advies: Op Chloorkop weg trek verkeersbeamptes mense af vir sg. spoedoortredings. Toe ek na die lesing wou gaan kyk, was ek ge-intimideer. Die beampte het gevra dat as ek hom ‘n donasie gee, dan sal hy my laat gaan…

Andre Brits ·

ek dink Adv Jack Gerber moet die aangeleentheid hanteer n bofin op police brutality ,al bewys in aantal sake teen polisie.

Es ·

Wat vir my die mooi in hierdie lelike voorval is, is dat dit blyk ‘n swart man is, wat met durf tussenbeide tree, asof dit sy eie dogter is – ek moet sê, dit raak my baie diep. Mag die Vader sulke manne opwek in ons land.

Olga Joubert ·

Geen wonder hulle word dood geskiet ni. Jammer maar ek het ni tyd vir aap streke ni! Hul is al so op hul gemak dat hulle ni omgee waar en Wie hulle aan rand ni.

Deon ·

‘n Mens moet begin om die polisie ook te ondersteun. Almal wil elke 5 minute hulle stem verhef omdat die polisie geen respek afdwing nie en nie misdaad kan beheer nie, maar dan wil elke tweede Jan Rap en sy(haar) maatjie hulle verset wanneer die beamptes die wet toepas.

Dit is tyd dat snuiters wat heeltyd beter weet, soos hierdie studente, ook vasgevat word. Die polisie, metropolisie en verkeerspolisie moet weer hulle status terugkry, sodat hulle die wette kan monitor en afdwing en die publieke hulle nie minag en ignoreer of selfs aanvat waar en wanneer hulle wil nie. Hoe moet die wetstoepassers kriminele vasvat as selfs die “gewone” publiek maak net soos hulle wil?

As ons werklik wil hê die wetstoepassers moet effektief wees, moet ons hulle ook ondersteun en ophou om mense aan te hits om teë te stribbel wanneer hulle aangevat word omdat hulle die wet oortree, selfs al is dit ook net met spoed oortredings.

Ek hoop hierdie studente kry ‘n stewige boete – eerstens omdat hulle die spoedgrens blykbaar met ten minste 30km/h oortree het en tweedens omdat hulle die gesag van die wetstoepassers ondermyn het.

CHRISTA ·

Deon, vandag 2 weke gelede het ek stilgehou by Metropolisie wat op die h/v Van Riebeeklaan en Aitkenweg besig was met spoedkameras. Ek wou ‘n probleem by hulle aanmeld waar ‘n motoris my amper van die pad af gedruk het. ‘n Offisier D D Britz het net afgehaak en gesê: “Ons praat nie met jou nie!” Toe ek hom vra wat aangaan was sy antwoord: “Jy het ons nie gegroet nie!!” Ek het vir hom gesê dit lyk asof hulle net belangstel om geld te maak en nie in ons motoriste se veiligheid nie, want hy wil nie na my luister VOORDAT ek hom groet nie! Ek klim toe in my motor en ry aan.

Op die volgende hoek (h/v 1ste Laan en Aikenweg) sien ek 4 Metropolisievroue wat motoriste beboet wat nie by die stopstraat stop nie. Ek hou by HULLE stil om die probleem aan te meld. Toe ek uit my motor klim sê die een vrou “Here she is again with the same complaints” (nog voordat ek eers met hulle kon praat)! Ek sê toe vir haar: “Yes, you are right and what does it say about you? If you know what the problem is and NOTHING is yet done about it?”

Stel jou voor: jy moet EERS die metropolisie GROET voordat jy hulle hulp mag vra of ‘n probleem aanmeld!! En dié by wie jy dit al telkemale aangemeld het steur hulle nie eers daaraan nie!!!

Die Vrydag daarna ry ek by Stoneridgeweg af na Modderfonteinweg toe. ‘n Vrou wat vanaf die teenoorgestelde rigting kom en regs wil draai, wag nie totdat ek verby is nie en ry reg in my motor in sodat my motor in die rondte tol!!! Dis als op Stoneridge Winkelsentrum se kamerastelsel!!! MY MOTOR IS AFGESKRYF!!! En ons metropolisie het nie eers by die ongeluk opgedaag nie!! Stel hulle WERKLIK net in boetes belang om geld te maak en nie in ons veiligheid nie?

Knersus D ·

Christa, jy is 100% reg. Nou beweer sommige JMPD/SAPD dat hulle nie almal korrup is nie. In ‘n mate is hy dalk reg, maar die ekstreme elemente is ongelukkig diegene wat die beeld opdinges. Sorrie, maar as hulle my prober aftrek, hou ek verby. Indien hulle my dan wil vervolg, ek het regsverteenwoordiging wat in hierdie sake spesialiseer. En ek neem aan dat die person wat in jou vas gejaag het, aan die voorheen benadeelde populasie behoort?

Niel ·

Ek stem Deon! Almal het altyd ‘n eier te lê oor die wetstoepassers, maar vergeet van die arrogante motoris wat hom verset!

Danie ·

Daar is seker beperkte onkruid in die poliesie en metro , maar die ander goeie lede wat staan en toe kyk, hoekom begin julle nie eers julle eie huis skoon maak voor julle gesag op die publiek wil af dwing nie. Net die feit dat jy gesag wil afdwing spreek boekdele van wat angaan. Respek word verdien. Meskien moet julle bietjie meef tyd spandeer aan opleiding .

Willie Brits ·

Ek moet met Danie saamstem – Niel, wat doen *JY* om die ongerymdhede aan die kaak te stel???

Narike ·

Deon, net gister oggend staan ek by ‘n robot wat nie werk nie en die verkeer word toe gereguleer deur twee metropolisie lede. En wat ek daar gesien het was naby aan ‘n gekkespul. Eerstens het die twee sover uit mekaar gestaan en VERSKILLENDE handseine gebruik vir dieselfde rigting verkeer. hahahahah, ek het my gekraak…. Maar as jy nou jou lewe en bestuursvermoe in sulke beamptes se hande wil los, is jy welkom. EN ons almal weet dat die aanranding wat in hierdie video gewys word, uit ‘n ander oorsaak spruit. Was dit ‘n groot sterk man, sou daardie beampte dit nie gewaag het nie. Hoekom ons swakker vroue intemideer met woede en dan is dit ons wat ons verset? Nee wat, boetie word wakker. Hulle regulering van kamstige wet en orde in hierdie land het niks met WET EN ORDE te make nie. Dis pleinweg gemik op rassisme. Ek praat uit ondervinding. As ‘n motoris hom of haar dan verset kan die beampte net die registrasie nommer afskryf en die persoon kan so voor stok gekry word. Hoekom vrouens aanrand?

Chris ·

Doodstraf ons praat hier van n spoedoortreding en dwarsboming en aanranding. Ek dink jou doodstraf sal onvanpas wees.

jacques ·

Genade dan wil ek nie meer hier bly as ons gaan doodstraf kry vir so oortreding nie Chris.

Deon ·

Jaja ek weet watter kommentaar gaan kom, maar punt is: As jy jou wil verset teen arrestasie of selfs teen aanmaning, moet jy nie huil as jy hardhandig hanteer word nie.

chris ·

Hulle moet hulle self ook beheer en begin om respek af te dwing. Soos in dir verlede gedoen is.

Pierre de Villiers ·

Deon jy het die volste reg om jou te verset teen onwettige arrestasie, alhoewel dit nie in die land sal werk nie aangesien die mense wat die wet moet toepas onbevoeg is. Hulle onbevoegtheid word daagliks ten toon gestel en verskeie van hulle is self by rooftogte , huisbraak en moord betrokke.

Ouman ·

Ek stem. As daar wel ‘n vuurwapen teen die vrou se kop gehou is dan moet daar so mate van geweld teen die metrolede gewees het wat die gebruik van ‘n wapen regverdig. Ek twyfel sterk oor die metro se weergawe. Hulle misbruik gereeld hulle magte. My benadering is dat geen metro of SAPS lid nie vertrou kan word nie . Veral metro se reputasie stink

Knersus D ·

Onlangs, in Kempton Park, voor die SAPD kantoor , het ‘n geregsdienaar (Swart) ‘n wit vrou dood geskiet. I rest my case.

jen ·

Dis so goed van die man om in te spring. Hy moet ook geprys word dink nie dit gebeur elke dag nie.

Deon ·

Pierre, die sleutelwoord in jou sin is “onwettige” arrestasie. Hierdie girls het die wet oortree en boonop weggejaag vir die metro polisie. Niks onwettig aan hulle arrestasie nie, inteendeel, hulle kan bly wees hulle is so lig behandel.

Christa, het jou Ma jou nie maniere geleer nie? Mens groet altyd eers voor mens sommer net jouself op ander afdwing… effe tong in die kies hier, maar ook nie heeltemaal nie.

Ek sê nie die polisie of verkeersbeamptes is engeltjies nie. Ek komplimenteer hulle nie eers nie. Al wat ek sê is: moenie kla dat hulle nie die wet toepas, maar hulle dan kwalik neem wanneer hulle wel doen nie!

CHRISTA ·

Jammer Deon, ek het nie geweet as jy iemand om hulp vra dat jy jou op hom AFDWING nie. Sorry!! Sal volgende keer 2 keer dink VOORDAT ek om hulp vra!!! Hopelik sal dit nie dan te laat wees nie!! Dankie vir jou goeie raad.

Prit ·

Ons weet nog nie wat die storie is nie maar sal alles wat ek besit wet die gemors goed wou n bribe he en die girls het nie saam gespeel nie. Ek was die afgelope 10 jaar 5 keer gestop vir geen rede anders as om n bribe uit my te probeer kry nie. Ongelukig is ek op n vriendlike manier harde gat.

Knersus D ·

Prit
Dit gebeur gereeld op Chloorkop weg, net voor die Zuurfontein aansluiting. Die ‘rede’ wissel van spoed oortreding (maar die lesing mag nie gaan besigtig word nie want dit is ge-clear) tot die oorsteek van ‘n sper-streep (en die sg. strepe is nie sigbaar nie a.g.v. verwering) Die going-rate is R100. Deesdae, wanneer hulle my probeer aftrek, ry ek net aan. Nog nie eenkeer het hulle my agterna gesit nie.

John ·

Mens sal maar nooit tevrede wees nie. Indien daar ń ongeluk was sal daar seker weer kommentaar gewees het dat die polisie nie hul werk doen nie. Hier het hul hulle werk gedoen en word gekruisig. Ek praat hulle optrede nie goed nie maar wel hul uitvoering van hul pligte.

Ouman ·

Die ” volle waarheid” sal seker nooit uitkom nie. Ek het groot geword in ‘n tydperk waar mense in uniform gerespekteer was omdat hulle respek verdien het. Die sogenaamde metropolisie (voorheen bekend as spietkops) asook hulle SAPS kollegas is in baie gevalle betrokke by onwettige optredes en geen mens by sy volle verstand sal hulle goedmoeds vetrou nie. Baie van hulle is regtig ‘n skande nie net oor hulle optrede nie maar ook hulle voorkoms. Dit is ook tragies dat die belastingbetaler vir hulle mannewales moet betaal elke keer as iemand hulle vir skadevergoeding dagvaar. Respek moet verdien word en soos dinge nou gaan in hierdie land verdien die spul geen respek nie.

Ek dink die hele lot moet onderwerp word aan sielkundige toetse om vas te stel of hulle geskik is vir posisies waar hulle soveel mag het. Dit is vreesaanjaend dat sommige selfs toegelaat word om vuurwapens te dra.

Swannie ·

In kort; respek word verdien en NIE aan jou toegeken nie. Dit blyk ook dat Kempton polis ie te veel by omstrede voorvalle betrokke is.

Lynette ·

Dit is Vrouemaand en geweld teen vrouens word aangespreek, tog voel sekere van julle lesers dat dit heeltemal reg is vir n Metro spietkop om vrouens te klap ens in die uitvoering van hulle pligte!!!! Julle is niks anders as vroueslaners julself nie. Skaam julle!!!!! Daar is geen rede vir enige man om n vrou te klap nie, hulle kon die dames arresteer as dit nodig was, maar klap? Die Metropolisie is van die begin af al besig om klappe uit te deel en daar is blykbaar nog glad nie teen hulle opgetree of hulle geleer dat dit nie gedoen word nie. Sies man, julle is n skande, n klad op die naam van werklike mans wat wel respek verdien en nie probeer afdwing soos julle blykbaar dink nie.

michell Steyn ·

Sover ek weet, het hulle op boete aangedring! Almal is skrikkerig veral jonges omdat niemand meer metro of SAPD vertrou en die voorval van pistool @ kop en klap vertel my regte opleiding nie gegee anders was die 3 siviele mense 123 op grond en in boeie sonder onderonsies?! Tyd vir terug kollege toe!! Moontlik wou hulle geld hê en het jonges tankteer dus hoekom hulle weg gejaag het? Dan dra hulle pistole? Ry tot by jou SAPD hopelik wit; en laat prokureur jou daar kry! Nie 1rs joernalis hulle afgeskrik nie, Bedrogspul klaar anders sou hulle fotos toegelaat het! Jy sal jou laaste klap gee sussa!

Herbie ·

Die hele Kempton sowel as JMPD lede is net daarop uit om extra geld te bribe deur die maand,
In Johannesburg middestad staan 5 tot 6 JMPD lede daagliks op die hoeke en verduidelik baie vining vir jou ongeag die oortreding dat dit kan lei tot arrestasie, hul weier om enige kontant onder R200 te neem hy sal jou mooi vertel die aanklaer sal meer as dit beboet. En glo my baie mense skrik hul boeglam deur die arrestasie dreigement en betaal die R200 rand bribe geld het dit met my eie oe sien gebeur.

Henry ·

Stem allie pad met jou saam Schalk!
Sopas weer gesien hoe die spietkoppe in my dorp die spietkop karre wat met belastinggeld gekoop is misbruik. Ry van een winkel na die ander met vol gelaaide inkopie sakke en kies dan koers Kentucky toe nadat hulle hul kinders by die skool opgelaai en huistoe geneem het.
Vandaar gaan hulle langs die N2 sit om die een ‘bucket’ na die ander te verorber. Verskeie van ons inwoners het reeds hierdie mannewales by die ‘owerhede’ aangemeld, sonder enige reaksie. Natuurlik.
Om nie eers van die SAPD te praat nie. Ons laat nie een van hierdie narre binne ons bereik toe nie. Wil gewoon niks van die spul weet nie.

BoereBikerBaby ·

ek het al baie berigte gelees omtrend die Kempton Park EMPD. Hulle is korrup en raak agressief. Net gister oppad huistoe in Elandsfontein (naby Kempton) sien ek daar was 4 EMPD karre wat ‘n (wit) dame afgetrek het en al die speedcops het om haar kar gestaan. Hoekom??? as dit net ‘n spoed oortreding was of stopstraat ge”skip” het… net so entjie af in die pad toe sien ek hier kom die trokkie wat die kar gaan “impound” – dis ‘n nuwe kar so die kar is op die pad. Ek dink hulle het haar ook seker onregverdig behandel… Hoop sy is ok..

ladybug ·

En die “regskenner” is seker weer een of ander slim gat prokureurtjie wat dink hy/sy weet alles! As jy die spoedgrens oorskry, moet jy maar vir jou kry! En verset jou teen arrestasie dan sal jy maar agter in die vangwa ry …

Swanna ·

As ek iets mag se. Dalk is ons so ‘n bietjie te eng om die naam Polisie of VerkeersPolisie te misbruik. Dit is die persoon binne in die uniform wat die korupte persoon is en wat die unitform wat hy aan het die slegte naam gee. Ek dink ons moet die persoon se naam probeer kry en dan die persoon persoonlik beskuldig van al die verkeerde dinge wat hulle aanvang. Dit is soos JZ.
Hy laat die naam “Suid Afrika se President” na een of mafia baas klink maar hy as persoon is die swak karakter wat in daardie baatjie rondloop en die baaitjie die slegte naam gee. So “hy” is die skuldige. Dit is nie jou klere wat jy aan het wat jou sleg maak nie maar jy as persoon self van binne wie jy werklik is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.