Student ernstig beseer in val

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn 18-jarige student is ernstig beseer nadat hy glo uit ʼn venster van ʼn studentewoning in Kaapstad geval het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die man het glo Saterdagoggend omstreeks 05:00 uit ʼn venster op die derde verdieping geval, waarna hy op ʼn balkon op die eerste verdieping te lande gekom het.

Rossouw het gesê die jong man het ernstige frakture aan sy onderlyf opgedoen. Paramedici kon die man eers net deur ʼn venster bereik, waarna die plaaslike brand- en reddingsdienste ʼn hidroliese hyser gebruik het om die man na die grondvloer te vat, waar paramedici behandeling voortgesit het.

Volgens Rossouw is die pasiënt hierna deur ER24 na die Somerset-hospitaal geneem vir verdere behandeling. “Die presiese oorsaak en omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en die plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.