Student glo op Wes-Kaapse kampus verkrag

Argieffoto

Die Wes-Kaapse polisie is op soek na ʼn verdagte wat glo ʼn 20-jarige student aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) in Bellville aangeval en verkrag het.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het glo op 3 Maart plaasgevind.

Traut het gesê die vrou het na ʼn universiteitskoshuis gestap om na haar vriendin te gaan soek toe die verdagte aangebied het om saam met haar te stap.

Die verdagte het beweer dat hy ook ʼn student is. Die polisie het egter intussen vasgestel dit is nie die geval nie.

Hy het die vrou na bewering kort voor middernag verkrag toe hulle by die koshuis aankom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.