Student glo van 7de verdieping gestamp

Argieffoto: Kent Williamson

Twee mans is Sondag in Sunnyside in Pretoria in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn 18-jarige student wat na bewering van die sewende verdieping van ʼn woonstelblok gestamp is.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Saterdagoggend plaasgevind. “Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem, maar het Saterdagmiddag aan sy beserings beswyk. Volgens ooggetuies was hy in ʼn woordewisseling betrokke met die verdagtes voor hy gestamp is.”

Brig. Ramakamakama Kekana, bevelvoerder van Sunnyside-polisiestasie, het die beamptes geloof dat hulle die verdagtes so vinnig aangekeer het. “Gewone lede van die publiek moet ook bedank word dat hulle inligting aan ons verskaf het wat tot die uitken en inhegtenisneming van die verdagtes gelei het.”

Die verdagtes, onderskeidelik 23 en 27 jaar oud, is Sondagmiddag in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting binnekort in die Pretoria-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dries du Toit ·

Pretoria die rustige studente stad het verander in n rampokker hool

Iemand ·

Ag Dries, my pa het grootgeword in Pretoria Noord en klink of dit destyds al rof gegaan het.

JohanL ·

Dries, ek stem saam jou.

Natuurlik was daar al 70 jaar gelede toe Iemand se Pa in Pta Noord grootgeword het, sekere areas waar dit maar rof gegaan het. Maar dinge is erger – baie erger nou as in daardie tyd. Ek het as jongman kort na ek begin werk het in begin 80’s, waaksaam maar sonder vrees in Synnyside in die aand geloop en ook in die middestad. Sal ek nou doen? Nee glad nie. Want die plek het ontaard in ‘n hool. Wonder hoekom?

Frans ·

Sal nie verbaas wees indien die skuldiges weer met borg vrygelaat word nie. Waarskuwing kan dalk wees dat hulle nie persone meer vanaf hoë verdiepings mag afstamp nie, maar eerder vanaf eerste verdieping om die slagoffer “minder beserings” te laat oorkom. Sal maar sien wat uitslag is. Dalk word bevind dat slagoffer “gewillig” gespring het.

Chrisjan ·

En môre, oormôre is hierdie óú nuus – net soos soveel ander aanvalle, geweld en rampokkery. Dis soos n voortdurende sooibrand-aanval op steroïede!

Ander Annie ·

Sunnyside was altyd pragtig. Ons het heerlik gekuier in Sunnypark. Die laaste 15 jaar het Sunnyside net agteruit gegaan. Baie plekke is vervalle. Dit is hartseer om dit te sien.

Molly ·

Ja my grootse begeerte was om in die woonstelle bo-in Sunnypark te bly!! Sunnyside was n pragtige plek en ons jonges kon sonder om te vrees fliek en inkopies doen – selfs in die aand huis toe gestap na fliek. Bronberg kerk bygewoon ens. Vandag is dit n dwelm hool. Geboue vervalle en vuil, papiere en drank bottels in die strate, baie hartseer om dit te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.