Student in hegtenis geneem ná studiegeld-fout

NSFAS-betaling

ʼn Foto van ʼn strokie wat wyd op sosiale media gedeel is wat ʼn balans van meer as R13 miljoen in die rekening toon. Foto: Twitter

Sibongile Mani (28), die student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU) wat verlede jaar weens ʼn administratiewe fout R14 miljoen studiegeld ontvang het, het Dinsdag op aanklag van diefstal in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.

Kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, het gesê Mani is vanoggend in hegtenis geneem nadat sy versoek is om haar by die Valke se provinsiale kantoor aan te meld.

Die saak het in Augustus verlede jaar opslae gewek toe ʼn strokie van Mani se banksaldo deur ʼn vriend op sosiale media gedeel is. Dit het toe aan die lig gekom dat daar in Junie 2017 ʼn bedrag van R14,1 miljoen vanaf die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) aan Mani oorbetaal is weens ʼn administratiewe fout.

Die universiteit het later verduidelik dat die fout ingesluip het toe IntelliMali, die diensverskaffer wat die fondsadministrasie namens NSFAS by die WSU bestuur, per ongeluk die astronomiese bedrag aan Mani oorbetaal het. Mani moes eintlik R1 400 ontvang het.

Toe die fout uiteindelik opgemerk is, het Mani reeds R818 000 van die geld bestee. IntelliMali het destyds self die geld wat die student gebruik het aan die WSU terugbetaal, voordat die maatskappy ʼn klag van diefstal teen Mani aanhangig gemaak het.

Die student het verlede jaar beweer sy het wel die foutiewe transaksie aangemeld, maar “niemand wou haar help om dit reg te stel nie”.

Sy is Dinsdag op waarskuwing vrygelaat en moet op 2 Julie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

jakes ·

Sal graag wil weet waarop die R818,000 spandeer is? Die person wat die geld ‘per ongeluk ‘ aan haar oorbetaal het moet ook vervolg word sowel as die toesighouer wat in beheer van daardie afdeling was by oorbetalings. Op n bedrag van R500,000 plus wat onregmatig bekom en onregmatig spandeer is kan tronkstraf van 10 – 15 jaar opgele word.

Sagteware ontwikkelaar ·

Die sagteware ontwikkelaar het ook aandeel hierin want ‘n goeie suisteem sou dit in die eerste plek nie sommer net laat deurgaan het sonder dat dit as ‘n moontlike fout gemerk en eers goedkeuring deur ‘n bestuurder moes gegaan het nie.

kas ·

Sy beweer sy het die die foutiewe transaksie aangemeld en steeds spandeer sy R 818.000.Diegene wat haar nie wou help nie moet ook aangekla word.Die geld is aan die WSU terugbetaal.Wat koop ‘n student met so baie geld.

Staal ·

Indien sy dit wel aangemeld het en niemand haar wou help nie is dit nie haar probleem nie

$ ·

Die feit dat sy R818 000 van die geld wat sy geweet het haar nie toekom nie spandeer het is wel haar probleem.

Vreeslike Frikkie ·

Ek kan gladnie sien hoe hierdie gemors diefstal kan wees nie. Die Guptas en hulle meelopers het diefstal gepleeg. Dalk het die administreerders wat die geld uitbetaal het diefstal gepleeg maar hoe de — die student ooit skuldig kan wees aan diefstal, gaan my verstandjie te bowe.

Whaaaaaaaaaaa ·

Die geld is reeds terugbetaal deur IntelliMali so waarvoor gaan julle haar aankla? Sy gaan in haar lewe as student nie daardie geld kan terugbetaal nie. Sy moes dit obviously NIE gebruik het nie en NATUURLIK is sy nie geregtig daarop nie, maar soos ek SA ken, het sy obviously probeer om vir iemand te vertel daar is fout en NIEMAND het geluister nie soos dit maar oral in SA gaan … WIE het die fout gemaak? NEE sy moes nie die geld gebruik het nie maar WIE het totaal en al die verkeerde bedrag inbetaal . dit gaan nie oor EEN nul nie maar oor ‘n HELE paar nulle, kan nie net afgemaak word as ‘n foutjie nie. . ek is nie aan haar kant nie . maar ek dink julle gaan NERENS met die ou sakie kom nie!!

LJ ·

Tiepies n SA mindset, dies nie my geld nie, maar ek gaan nogsteeds dit spandeer, en nie aan die toekoms dink nie, maar R800 000+ op hotelle, parties, klere ens spandeer. Jy leen geld om te studeer, so hoekom dan nie al jou studies betaal het nie?

Blommie ·

He he Ja julle, ek kan nou maar se in daai tydperk maar net R818 000.00 spandeer en daar was 14miljoen in my rekening oorbetaal.
Nee wat ek het al 6keer om die wereld getoer en geld bele daar waar niemand van bewus is nie……..
Dan terug kom skuldig bevind word, twejaar sit en WHALAH my geld het weer gegroei.
Want kom ek se nou vir julle daai was GIN fout nie, n Fout is n nul of twee peronegleuk ekstra en nie 6 nulle nie. TWAK man, iemand was 101% bewus van daai geld en was te bang om te praat om slapende honde waker te maak en nou dat dit wel is kla ons die student aan om die aandag van onself af te haal en dit as n FOUT af te skryf. Welkom in SA en dis toevallig wat so iets gebeur, hoekom AUDIT hulle nie die plek vir 10jaar terug nie. Seker daar sal nog baaaaaiiie sulke kamstige ongeluke wees…..

Ina ·

Dis die wet, dis so eenvoudig soos dit. Maak nie saak wie se skuld dit is nie.

Deon ·

Die student is verkeerd. Maar sy is ‘n student. Die persoon wat die betaling gemaak is baie meer skuldig. Dis is mos sy/haar werk. Sy word betaal om die werk reg te doen. As dit nie op Facebook was nie sou niemand dit agtergekom het nie. Hoeveel sulke betalings is nog gemaak? En waar is die auditeure?

Kannaland ·

Deon is een van daardie mense dink dat studente onskuldige jong kinders is en van misdaad vrygespreek moet word.

juba ·

IntelliMali skiet die fondse voor om te betaal vir studie materiaal, as sy dit gebruik het vir ander goed moet sy terug betaal. Kan die berig onthou oor hoe hoogs ontstoke die ouma was oor n huis.

Sean ·

Hoe kon hulle nie die foutiewe inbetaling trace nie Het hulle ooit agter gekom die geld is weg Ongekwalifiseerde personeel met toegang tot miljoene Geen wonder staatsbeheeede instansies is bankrot oral

Joe Hall ·

As 28 jarige ‘student’ moet sy sekerlik weet dat die 14 miljoen Smoelas nooit vir haar bedoel kan wees nie.
Sluit haar toe, gooi die sleutel weg, begin krap en kyk waar daar nog sulke ‘foutiewe’ oorbetalings gemaak is.

Colleen ·

Daar is baie wat aansoek doen vir NSFAS beurse wat nie kry nie, want daar is nie geld nie. Geen wonder daar is nie geld nie, want hoeveel foute soos hierdie het al deurgeglip? R14miljoen kon heelwat studente se studies gedek het.

Ore ·

Ek het jare gelede uit die staatsdiens bedank.Vir 9 maande steeds salaris ontvang asook ‘n verhoging.
Ek het geweet dit is ‘n fout en het niks daarvan gebruik nie.Ek het ook aan verskeie amptenare probeer verduidellik maar soos die staatsdiens maar is,het min hulle daaraan gesteur.Uiteide was dat ek al die geld terugbetaal het.Sy het geen verskoning nie

linda ·

seker gedink dit is n kompetisie wat sy gewen het – die wat ons almal daagliks wen….sonder dat ons eers ingeskryf het vir n enkele kompetisie…..

Alida 2 ·

Sy het nie juis hard probeer om die fout reggestel te kry nie.
Dit is in Junie 2017 oorbetaal en toe die strokie op sossiale media verskyn het sy reeds R440 751.00 geblaas en teen Augustus 2017 was dit al R818 000.00
Nugter alleen weet waarop.
‘n Behoeftige student wat fondse vanaf die studiehulp skema ontvang????
Sy het geen idee hoeveel mense moes hard werk en belasting betaal sodat die regering daardie geld in ‘n hulpskema kan stort nie.
Sy was verkeerd en moet dit teruggee. Jy kan nie spandeer wat nie joune is nie.

A ·

Toe ek studeer het, is die deel van my beursgeld wat vir klasgeld bedoel was, dubbeld na my studenterekening oorgedra. Toe ek vir die persoon by die instelling waar ek die beurs gehad het, vra wat aangaan, het sy op haar Excel spreadsheet, wat wys hoeveel elke student moet kry, gekyk en gesê sy sien dan nie ‘n fout nie. Moes ek dan ook sê niemand kon my help nie, en die krediet op my rekening gaan eis het? Nee, ek is toe mos te eerlik en gaan soek tot ek iemand kry wat my kan help – natuurlik toe ‘n Afrikaanse tannie wat wéét wat sy doen.
Ek sien nou ek was heeltemal te eerlik, en moes dit gelos het met die hoop dat niemand sal uitvind nie.
Wat my ook bangmaak is dat die persoon wat moes kyk dat die Universiteit miljoene rande reg oorbetaal, glad nie kon verstaan wat is my probleem nie. En ek is seker daar is nog baie sulkes wat met baie geld werk en niks verstaan nie.

Marinda ·

Sy het dit aan gemeld, maar niemand wou haar help nie, toe gaan spandeer sy amper ñ R1m van die geld. Nie hard genoeg probeer nie. Nee wat, as dit ek was, sou ek daar bly tot iemand vir my luister.
Ek sou weier om te loop voor iemand die strooi reg gemaak het.

Afrikaanse Knaap ·

Die feit dat sy die fout aangemeld het is skuld erkenning dat sy geweet het dit is ‘n fout.

BenaYaHU ·

Ag wat, indien die van julle WAARLIK verstaan wat s.g. “geld” werklik behels, hoe dit “geskep” word uit niet, sal meerderheid dalk veel eerder ‘n ander deuntjie sing..
Daar kan nie enige “diefstal” wees as die “geld” in elkgeval met BEDROG geskep is nie..
Gaan doen gerus jul eie navorsing oor die huidige “finansieele stelsel” .. gedoem tot ineenstorting, nie te lank van nou af.. en ja, die spotters kan maar giggel en spot, die spot is op jou .. die “goeie slaaf”.

Niel van Zyl ·

Ek werk by ‘n Globale Investeringsbank in Engeland en hier sal daai betaling nagegaan word deur teen minste 4 vlakke van bestuur. Hoe een person enigsens die vermoë in ‘n organsisasie te hê om ‘n betaling van so ‘n bedrag te volgmag gaan my verstand te bowe.

Oom Kalahari ·

Die student kon darem regtig besef het daar is fout en nie onnodig spandabelrig raak nie. Daar is sovele ander kanale wat sy kon gebruik het om haar eerlik deur te bring tot terug betaling. Sy is net so skuldig deur die misbruik van studie fondse wat verkeerdelik oorgeplaas is. Na rapportering gaan sy en spandeer ‘n verdere groot hoeveelheid nadat sy bewus was dit is verkeerd.

Renier Lubbe ·

Dit sal haar leer om nie haar vriende te vertel en boonop die strokie op FB laat vertoon nie.

Cherokee ·

Ek sou dit gerapporteer het en dan die geld in een rekening belê het en die rente na ‘n ander laat oorplaas het, sonder om aan enige daarvan te raak. Dan gewag het dat die tyd leer of hulle alles of net die enkel som wou terughê.

Maro ·

Party mense sukkel om die verskil tussen reg en verkeerd te onderskei…dit is presies waar die probleem lê.

MJ ·

Die Banke moet aan FICA voldoen, en een spesifieke vereiste is om ongewone en verdagte transaksies te rapporteer aan die FIC. Dus is die bank ook nalatig hier, want hulle het sisteme in plek om sulke transaksies op te tel, en die mag om die fondse te vries hangende ‘n ondersoek/bevestiging.

B ·

En my dogter wat baie hard leer en ‘n enkel mamma het moet hoor – Geen beurse Insufficient funds!!!!!!!

Erika ·

Die Betrokke student wou nie regtig dit terug betaal nie -. syt geweet dit was n fout -Haar wyse spandabelrigheid getuig daarvan (Hoekom het sy nie bele in haar studie nie) Soos dit in suid Afrika gaan kom sekeres weg daarmee as jy “maatjies in regte plekke het_ dan hoef jy nie acountable gehou word nie Dit is intelli Mali (wat aan BEE gradering voldoen ) se eie skuld -Die betrokke persoon wat die Administrsie behartig het het Obiously haar werk deeglik gedoen nie- Ek Wonder wat gaan gebeur as jy Soveel geld by SARS kry .en jy maak n dom keuse om dit te spandeer..-Jy gaan dit moet terug betaal Mmm

Nèt-n-Student ·

Waar kan ek aansoek doen vir só ou foutjie? Ek belowe ek sal éérs my studies betaal….. :D lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.