Student in hof na beweerde verkragting in manskoshuis

Hoofgebou-potchefstroomkampus1

Hoofgebou by die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit Foto: Maryke Laas/NWU.

ʼn Eerstejaarstudent en inwoner van een van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus se manskoshuise het vroeër vandeesweek in die hof verskyn ná ʼn beweerde verkragting van ʼn mede-inwoner in die koshuis vroeër vandeesmaand.

Die beweerde voorval het op 16 Februarie plaasgevind.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê die student het Maandag in die Potchefstroomse landdroshof verskyn. Hy is volgens haar op R1 000 borgtog vrygelaat.

Hy sal weer op 1 Maart in die hof verskyn.

Louis Jacobs, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media bevestig dat die verdagte ʼn eerstejaarstudent en die klaer ʼn tweedejaarstudent is.

“Die student is Dinsdag tydelik, hangende die uitkoms van die ondersoek, uit die betrokke koshuis en van die NWU-kampus geskors.”

Jacobs het gesê die universiteit se beskermingsdienste het onmiddellik met ʼn interne ondersoek begin.

Die tweedejaarstudent maak tans gebruik van berading wat die universiteit vir hom beskikbaar gemaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

WelWel ·

Wel, die beleid om geen ras of taal te noem nie, het lankal ge”backfire”. AL die koerante, ek is nie seker van Maroela nie, maak tog DUIDELIK as dit WIT-mense, bedoelede Koukasiërs, is wat oortree. Kyk Sunday Times: “4 white men charged…”, Kyk EWN – “White man arrested…”, Kyk IOL – “The perpretrators, who are said to be 3 white men”. Die blote feit dat dit andersins NIE genoem (mag) word nie, maak dit logies om self af te lei.

humor ·

Ongelooflik. Na my studies het die Plek n oewerlose gemors geword.

Sarel swartbrand ·

Die dissipline stelsel word eers afgebreek en daarna word afrikaans as n taal geteiken en sodra daar n oorwinning oor albei is dan is die norm om te maak wat jy wil en dan gebeur hierdie dinge n bose kringloop.

Alida ·

Sies dit is walglik! Skors hom vir ewig want hy is duidelik nie daar om te studeer nie. Dit is wat ons gaan kry met die gratis studeer! Merk my woorde.

lizl ·

Ek wil ook graag weet wat die nasionaliteit is. Niks verkeerd om dit te noem nie

JHJ ·

Dit is n mans student wat verkrag is, wens sekere mense wil die hele berig noukeurig lees voor hulle kommentaar lewer,

ek sê maar ·

Maak nie saak watter velkleur die persoon het nie, verkragting is verkragting en is iets verskrikliks!

Mel ·

My kind is ook n eerste jaar op die PUK, hy het n uitstekende akademiese rekord en swot tans Ingenieurswese, dit was vir ons vreemd dat hy volgens die PUK se koshuis keurings kommitee nie goed genoeg presteer het om plek in die koshuis te kry nie…, Ons het dit aanvaar en vir hom privaat behuising gekry. Ek moet se as moeder is ek nou so dankbaar dat my seun nie plek in die koshuis gekry het nie.

Perspektief ·

Onthou, n saak het altyd 2 kante.

Gewoonlik hetseksuele misdade, in n bekende omgewing, vooraf waarskuwing… Die skuldige het gewoonlik snaakse gedrag…Ek is self n ou koshuisbrak…n koshuis is gewonlik baie gemeenskaplik met oopplan geriewe en min privaatheid, dit bied nie veel spasie vir seksuele misdade…Daar is natuurlik ook die gevaar van totale verwerping, van die skuldige party, deur die mede koshuisgangers…sulke nuus sal ook soos n veldbrand versprei met die gevaar dat die skuldige gebrandmerk word….daar is dus baie hoe risiko vir n “sexual predator” . n 2de jaar student het ook meer senioriteit…

In kort, n verkragting in n manskoshuis klink verdag….of tye het baie verander…en as dit wel die geval was, is dit verskriklik…en is daar dalk meer as een party betrokke…

Ander weergawe ·

Volgens ‘n ander berig is al twee student (mans) in dieselfde koshuis die verdagte het dronk terug gekom vroeg die oggend hom oorrompel en dit is wanneer dit gebeur het.

Tanzie ·

Jy word aangekla van verkragting maar word op borgtog vrygelaat. Ongelooflik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.