Student in padwoede-voorval aangerand

Francois Erasmus ná die voorval. (Foto: Verskaf)

ʼn Tweedejaarstudent aan die Potchefstroom Akademie in Noordwes sal Maandag te midde van sy eksamen ʼn dokter vir die tweede keer moet besoek om die skade aan sy gesig te bepaal nadat sy neus verlede naweek tydens ʼn padwoede-voorval gebreek is.

Die 19-jarige Francois Erasmus het aan Maroela Media gesê hy is verlede Saterdag na bewering deur twee mans, vermoedelik ook studente, in Malherbestraat in Potchefstroom aangerand.

Dít volg nadat dié studente Erasmus daarvan beskuldig het dat hy voor hulle ingery het in Beyers Naudélaan, sowat 2 km van waar die onderonsie gebeur het. Erasmus hou egter voet by stuk dat dit nié die geval is nie.

Hy vertel dat hy die betrokke dag sy vriend by sy huis in Beyers Naudélaan gaan aflaai het. Hy het vir aangekomende verkeer gewag voordat hy agteruit in sy silwer Hyundai Getz uit die oprit van dié huis gery het. “Ek het ʼn wit motor sien aankom, maar hy was so vier huise weg. Ek het regtig gedink dis veilig om [my motor] in trurat te sit en agteruit te ry.”

Erasmus het in die pad van rat verwissel voordat hy weggetrek het in die teenoorgestelde rigting van vanwaar die wit motor gekom het. Die insittendes van die wit Hyundai i20 het met die verbygaan iets vir Erasmus geskree, maar hy het niks daarvan gehoor nie aangesien die radio in sy motor aangeskakel was. “Ek het nie aandag gegee nie en het weggery.”

Erasmus vertel dat die ander motor egter ongesiens moes omdraai en agter hom aangery het aangesien hy later die Hyundai agter hom vir die eerste keer opgemerk het toe hy omstreeks 15:30 by ʼn stopstraat in Malherbestraat tot stilstand gekom het.

Erasmus het op sy beurt oor die stopstraat gery maar besluit om van die pad af te trek nadat hy die bestuurder van die motor agter hom sien beduie het. “Ek was bang as ek aanhou ry, gaan hulle miskien my kar stamp. Ek het gedink hulle gaan net iets vir my sê,” sê Erasmus.

“Die bestuurder het toe [van agter die stuur] vir my gevra of ek ʼn probleem het. Ek het gesê “Nee, hoekom? Wat is fout?’ waarna hy my gevra het of dit vir my lekker is om voor ander in te ry,” sê Erasmus.

Francois Erasmus se beserings op die betrokke dag. Die foto is deur Maroela Media verbloem weens die grafiese aard daarvan. (Foto: Verskaf)

Dit is tóé dat ʼn jong man van agter in die motor uitgeklim het en Erasmus se motor genader het terwyl die bestuurder hom beledigings toegesnou het. “Daar was ook ʼn meisie in die kar. Sy het half agtertoe geleun terwyl die bestuurder met my gepraat het.”

Erasmus vertel dat sy venster oop was en dat die man hom deur die venster in sy gesig bygedam het. Nog ʼn jong man het van agter uit die motor uitgeklim en wou Erasmus uit sy motor ruk. Hy kon dit egter nie regkry nie aangesien Erasmus steeds sy veiligheidsgordel aangehad het.

“Hulle het seker so vier houe ingekry, toe stop ʼn oom in ʼn wit Toyoata Fortuner by ons. Hulle het weg beweeg en toe ry ek net weg. Ek het nie eers daaraan gedink om na die Hyundai se nommerplaat te kyk nie. Ek het net gedink ek moet wegkom.”

ʼn Bebloede Erasmus het na sy meisie se huis gery waar sy op haar beurt sy ouers in Vanderbijlpark gebel het. Vandaar is die tieners hospitaal toe waar dokters bevestig het dat Erasmus se neus in die voorval gebreek is. Hy het ook kneusplekke aan sy oë en ligte harsingskudding opgedoen.

Erasmus het ook ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

“Dit is verskriklik as jou kind jou bel en sê hy is nounet aangerand,” vertel Willem Erasmus, Francois se pa, aan Maroela Media.

Willem kon sy seun eers dae later sien aangesien hy moes werk en vertel dat hy en sy vrou, Marietjie, geskrik het toe hulle eindelik hul seun se gesig sien. “Ek glo my seun, maar ongeag daarvan of hy voor iemand ingery het of nie, wie gee hulle die reg om enigiemand aan te rand?” wil Willem weet.

Erasmus het die afgelope week van sy klasse misgeloop weens sy harsingskudding en sal moontlik tydens sy eksamen ʼn operasie moet ondergaan om die skade aan sy neus te herstel.

“Ek is bang hulle doen dit aan iemand anders. Sê nou net iemand ry regtig voor hulle in of stamp hulle kar?” Francois sidder om daaraan te dink.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Die polisie ondersoek ʼn saak van aanranding. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

sweis ·

Dit is ongelooflik om te hoor dat mense in 2019 mense aanrand in n padwoede aanval en wat hartseer is die polisie gaan niks doen nie die dossier as hy geopen is is alreeds weggegooi.

Jan Alleman ·

Biologiese brein volwassenheid geskied rondom 24.

Emosionele volwassenheid omtrent rondom 34.

Die groepie mis almal wil dit voorkom, daardie twee gebeure met paar myl.

Onnie ·

Die polisie moet net gaan rondluister by die kampus en koshuise, want ongelukkig/ gelukkig kan sulke windbolle/bullies gewoonlik nie hul mond hou oor so iets nie. Hulle sal beslis by vriende “gebrag” het oor hoe hulle die ou “reggesien” het, wat voor hulle ingery het. Hoop hulle word gou opgespoor en kry hul verdiende straf! Die arme laaitie het dit wraggies nie verdien om so geslaan te word nie!

Z ·

Gaan kyk na CCTV kamera’s van huise in die omgewing. Êrens sal daar iets met n registrasienommer wees.

Jerry ·

Regdenkende Suid Afrikaners gaan redelik dringend die onverdraagsame linkse en regse radikale boelie mentaliteit binne hulle gemeenskappe moet begin aanspreek.

Jenny ·

Die linkses gebruik menseregte as verskoning om aanvallers te beskerm.

Essie ·

Ek is nou nie snaaksnie maar ek dink daai geval gaan n stildood sterf

Judge Dredd ·

In Amerika vra die linkses/liberales vir “SAFE zones” – dis nou nadat hulle aspris geweldadig moeilikheid gemaak het met die regses.
Victim mentality van die linkses/liberales.

SjN ·

As daar n ander kleur betrokke was die skuldiges al agter tralies.

Francois Joubert ·

Heeltemal ‘n ander uitkyk op die berig, en dalk niks daarmee te doen. Waarom ry daar soveel motors, bakkies, lorries ens. voor jou in en as jy in die truspieel kyk is daar geen verkeer agter jou? Dieselfde met voertuie wat binne die geelsreep staan, wegtrek en onmiddelik in die verkeersbaan indraai en daar aansukkel tot op spoed. Mense het nie meer ‘commin sence’ nie.

Griet ·

SÍEK…baie siek jeug…in ñ baie SÍEK ONverdraagbare land…
BAIE STERKTE en spoeige herstel aan die slagoffer ?

Arrie ·

Francois baie baie dankie, almal wat nou so vreeslik aangaan oor die ligte pak slae. Duidelik was almal in die ander voertuig baie ontsteld- Hoekom.
Kom ons maak gou n som: 4 huise = +- 160 m. Teen 60km/ h laat dit jou met 3 sekondes wat beteken hy het reg voor hulle ingery.
Na my mening was dit nie genoeg pak slae nie.
Dit kon so maklik n noodlottige ongeluk gewees het.

JohanL ·

Arrie, volgens my somme met jou syfers ( aannames) ry mens daai 160m (4 huise) in 10 sekondes en nie 3 sekondes nie.
Na my mening was dit oorreaksie en verdien die aanranders (skelms) ‘n groot pak slae.
Nie naby aan ‘n ongeluk gewees nie, wat nog te se ‘n noodlottige ongeluk.

Aanranders het definitief oorreageer.

Alex ·

@Arrie. 40m erfies is ook maar klein. Wilde aannames wat jy maak!

Carl Jordaan ·

Daar is sommige wat eerder “Anger management” in die tronk moet kry, as om n kursus by die universiteit, te deurloop.

Karel ·

n pak slae op sy tyd is goed vir bloedsomloop. hy sal nou meer fkus as hy bestuur.

Hemo ·

Ja tot ou ruben aan die pen ry dan sal dit verstaan dat aanranding wel nuuswaardig is. Mag jy dit gou deurmaak.

Veritas ·

Dit is die een kant van die storie. Daar is nog twee ander kante. Hulle storie en die waarheid.

HPV ·

Die ander kant het, soos lafaards maar in groepe doen, ‘n enkel persoon aangeval. Dit alleen is onverskoonbaar. Maak nie saak wat Francois gedoen het nie, dit is onaanvaarbaar om deur meer as een aanvaller aangeval te word.

Andre Stander ·

Ek kannie glo mense het nie in hierdie dag en tyd “dash camera’s” in hulle karre nie…

As jy een gehad het op n 20x minute siklus, dan was die hele voorval nou op band & jy het n registrasie gehad. En sulke kamera’s is onder R1 000-00!

Maar dan sal een van 2x dinge bewysd wees – of jy was totaal onskuldig en het die bewyse van elektronies vasgevang gehad;
Of jy was bydraend skuldig en dan ‘ignorant’ in die feit dat jy nie eers van geweet het nie…

Maar nie een van ons was daar nie, so oordeel nie.

Bert ·

Die Dashcam sou vorentoe gekyk het en dus niks gesien het nie.
Onthou die boelies het omgedraai gehad en het dus waarsktnlik na die aanval weer omgedraai.

Totaal onnodig ·

Ek gee ni om wie voor wie ingery het ni, niemand ht iets oorgekom ni. Toe besluit di bullebakke om soos straatboewe te baklei. Skors hulle, boelies verander NOOIT ni.

Spook ·

Ek voel ook so, al was die laaitie dalk verkeerd met sy pad reels.. Moontlik? Gee dit nie die ander manne die reg om hom so te verniel nie. Ek dink dit is pateties! En die boelies sal ook geen ruggraat he om na voren te kom nie

Willie ·

Gee n beloning van n paar duisend rand. Hulle sal wel gesplit word en eis die beloning terug van hulle. En tree dan op vlg die wet.

Cherokee ·

As ‘n kar net 4 huise weg is, ry jy verdomp nie voor dit in nie! Dit is dan sowat 4 sekondes weg van jou af. Maar dit regverdig steeds nie wat gebeur het nie.

Cherokee ·

Francois, ek herhaal, dìt wat gebeur het verskoon nie jou littekens nie, maar wees verseker, julle ouens wat staatmaak op ‘daai kar se remme behoort reg te werk, ten einde op die pad te wees’, soek daarvoor. Ek spog met my pad-gebruik deur selfs vir ‘n mede motoris te wuif as dankie, wanneer vir my toegegee is. Bestuur hoflik en bly heel.

Rob ·

As dit by huise is dan moet mense versigtag ry, vier huise weg is nie the naby nie of hoe nou ou Cherokee?

Cherokee ·

4 Huise, ou Rob, is soos reeds gesê, 4 sekondes weg, en nàtuurlik is dit te naby. Medepadgebruikers behoort geensins nodig te hê om rem te trap vir jou ombeskofte padgebruik nie.

Ervaring ·

Ek sou raai dis wit outjies wat dit gedoen het. Wit teen wit. Dit maak my meer gatvol as die politiek in die land.. niemand is jou vriend nie.. leef vir jouself en jou familie. Ons is ook maar n agresiewe nasie. Dit maak my moedeloos om myself n afrikaner te noem…mense wil mekaar heeltyd bykom. Wat gaan aan?

JohanL ·

Onder aannames – ry 60km/h en een erf is 40 m wyd, is 4 huise 10 sekondes weg en nie 3 of 4 sekondes nie.

As ons tye wil skryf, kom ons wees net realisties asb. Al was die erwe 30m wyd, as hy net 4 sekondes neem om dit te ry, het die 4 booswigte teen ongeveer 100 km/h gejaag.

Maar ek stem ook saam dat niks die 4 bullebakke se optrede regverdig nie. As iemand voor my inry, sal ek op ergste toeter druk. Maar ja, as mens in ‘n groep is, is jy mos sterk.

Thercia ·

Wat gebeur het is nie reg nie maar die studente gehoorsaam glad nie die padreëls nie. Hulle stop doodeenvoudige nie by stop strate of robotte nie. Sny voor karre in en gaan verby op sperstrepe om nie eers te praat van die spoed waarteen hulle ry of die feit dat jy gereeld ‘n jong mens met ‘n foon teen die oor sien ry nie. Dit is ‘n gedwonge feit dat in Potchefstroom die studente tot groot frustrasie is vir die res van die dorp se bestuurders is.

Feite ·

Moet asb nie veralgemeen en sê STUDENTE nie. Orals landwyd het jy jou wetlose drywers wat dink die pad behoort aan hulle. Hulle kom in alle vorme. Dié sonder voertuie wat oor die pad hardloop en jou brieke toets, dié wat net eenvoudig oor n stop of robot ry, dié wat die spoed oortree. Geleerd, ongeleerd, wit, swart, man, vrou, oud, jonk.

Jozi ·

@Veritas deel dan asb die ander twee kante van die storie met die res van ons.
Duidelik weet jy meer omtrent die voorval.
Vir die wat nie weet nie – Veritas is een van die manskoshuise by die NWU se Potchefstroom kampus.
Klink of daar dalk ‘n paar Puk studente betrokke kon wees.

Adri ·

Hoekom dra die ou ‘n veiligheidsgrodel in die motor? Dit is ‘n ding wat jy om jou vasbind as jy kranse gaan klim of daarvan afspring. Dit was waarskynlik ‘n sitplekgordel.

TimTim ·

Nee regtig, moet ons nou elke persoon loop aanrand wat voor jou in ry?? So waarom waag hulle Dan nie n taxi af trek om die drywer reg tesien nie, want dis seker die enigste bestuurders wat alewig voor mens in ry en ander padverbruikers in gevaar stel. Die student kon onmoontlik nou so verskriklike ongerief veroorsaak het dat hy nou so pakslae moes kry. Kinders moet harder geneek word deur hulle ouers! Sulke optredes is totaal onaanvaarbaar. Hoop hulle word gevind om verantwoording tedoen hiervoor.

Anna ·

Die spoed waarmee die groepie nadergekom het tel ook punte. Die feit dat daar ‘n dame saam in die groepie se motor was laat my dink hulle wou graag indruk maak deur soos bullebakke i.p.v gentlemen’s op te tree.

Judge Dredd ·

Ek het ook al die tendens gesien van mense wat haastig voor jy indruk, net om daarna teen 40km/h voort te ploeter – Hoekom so haastig indruk?
Nogsteeds dis geen rede om die persoon aan te rand.

HP ·

Sulke lafhartige boelie – gedrag is `n ou probleem onder Potch studente. Die boelies is altyd in `n groep (gewoonlik is hulle inwoners van dieselfde koshuis of spanmaats in `n rugbyspan) en sal dan ewe braaf iemand wat alleen is uitsonder om mee skoor te soek. Ek het lank in Potch gewoon en het dit telkemale gesien.

Arrie ·

Aag Bert asb.
Dit maak meeste van ons briesend wanneer iemand reg voor jou inry. Teen 60 km/h is jy verby 4 huise in onder 4 sekondes.
As dit noodlottig was en jou dogter was in daai kar, wat dan???
Hoekom was almal in die ander voortuig so ontsteld?
Hoekom kry ek die idee mnr onskuldig is glad nie so onskuldig nie.
Na n moontlik welverdiende loesing hol ons vinnig agter ” mammie se rokspantjies” in.

JohanL ·

Arrie, wys ons asb jou berekeninge. Ek verskil van jou – so ek wil graag sien asb. Iewers maak ek of jy ‘n fout en ek is nuuskierig. Hoe wyd is die erwe op die huise wat jy van praat. Ek sou dink 30m is gemiddelde wydte/breedte van ‘n erf. Kom ons werk daarop.

Rust ·

Maak weer jou berekining……..Teen 35 meter (Gemiddilde erf lengte) per sekonde , ry jy
126 km/h….

johan ·

En dit verdien ‘n gebreekte neus en ‘n eksamen wat gemis word en duisende rande uit sy ouers se sakke vir medies. en iemand wat elkgeval 60km in ‘n bewoonde gebied ry is onverskilig

Dina ·

Daar is te veel geweld op TV en in flieks wat veral jongmense aanspoor tot geweld en aggressie.

Se maar net ·

Nee wat dis hoekom my kind maar eerder oorsee gaan volgende jaar, as ek nog getwyfel het laat die soort goed my net meer besef hierdie land van ons is kokaai verby, ons skroom nie om mekaar dood of seer te maak nie. ‘n mens leef elke dag net meer en meer in vrees. Dis verskriklik. ek kan maar net op my kniee biddend bly dat God gou sal ingryp

ES ·

Ek was self ook al kwaad vir mense wat my en my gesin se lewe in gevaar gestel het, maar om hulle by te dam is nie reg nie. Ek is 6″2 en glo my ek kan my man staan as ek moet, maar hoekom sou ek wil? Hy was nie, nadat hy weggery het, meer ‘n bedreiging vir hul nie, en het gestop sodat hy met hul kon praat.

So hy het ‘n fout gemaak. Maar om enigiemand aan te rand is nie oukei nie! Inteedeel, dit is teen die wet om iemand anders “pakslae” te gee – dis aanranding. So die manne wat dit goedpraat, is heel waarksynlik manne wat dit self ook sou doen – het jul dan nie beheer oor julself nie?? Daar is baie beter, meer beskaafde maniere om die tipe situasies te hanteer.

Ek sal my dood skaam om dit goed te praat. Ons Suid Afrikaners kan doen met bietjie minder geweld – veral onder mekaar… Almal neem tog so gou aanstoot deesdae.

pieta ·

@ES. Party mense op die forum is net grootbek in groepe. Ek is altyd gewapen. Probeer my aanrand en jy sal jou moses sien.

Fran ·

@pieta – Hulle skiet jou nog in jou peetjie in met jou eie kettie.

HARTSEER ·

Ek sien dat almal wat kommentaar lewer beweer die outjie het voor die bullebakke ingery. Gaan lees weer die berig. Hy het uit die oprit gery en na die aankomende voertuig se kant toe gedraai. Nie voor hom ingery en aangeploeter nie. Met ander woorde die aankomende voertuig kon nogsteeds aanhou ry miskien net stadiger as wat hy wou.

ChrisE ·

Ek het gedink dat daar min goed in die lewe is wat my nog gaan skok. Mense soos die aanranders in die land is van die spoor af. Daar is altyd drie kante aan ‘n saak. Ek was ook al baie keer erg ontstig oor ‘n ander padgebruiker/verbruiker maar het nog nooit tot geweld oorgegaan nie. Die samelewing is siek.

Lindtjies ·

Goeie Genugtig!! Mense weet nie meer hoe om selfbeheersing toe te pas nie. Wat het van beskaafdheid geword? Gedra hulle eerder soos een of ander oer ding.

Fran ·

So Francois dink die kar was vier huise van hom af, was dit dorps huise, plot huise of plaas huise? Dit lyk in elk geval of die pap bietjie dik aan gemaak aangaande sy beserings.

Hy voel dit is plaas huise, maar die ander voertuig voel dit is dorp huise. Ek sal ook kwaad word as iemand my lewe in gevaar stel.

Andre ·

Altyd twee kante tot `n storie, ek dink hy het dalk gekry waarvoor hy gesoek het.

JN ·

So hoflik as wat ek probeer bestuur, het ek definitief, meer as een keer al, hier en daar iemand kwaad gemaak op die pad. Die perfekte motorbestuurder wat nooit fouteer nie, moet nog gebore word. As padwoede aanvaarbaar was, sou ons almal seker al ‘n loesing ontvang het. Nie elke fout is met opset nie. Om geweld te gebruik, is super-onaanvaarbaar!

bambi ·

Klomp arrogante boelies in PCH; vernaamlik die met die groot karre wat mamma en pappa gekoop het; die studente suip en baklei gereeld op die Bult. Hoop die buffels word aangekeer; sterkte Francois hoop jy voel gou beter!

Miemie ·

@ Arrie ek wonder nou maar net as dit jou kind was, sou jy hom nog ‘n verdere pakslae gegee het of sou jy anders opgetree het. Al het die outjie voor die kar ingery regverdig dit nie dat hy aangerand word nie. Ek wonder nou maar net gee jy almal wat voor jou indraai ook ‘n pakslae. Wonder maar net?

Rob ·

Ja,ja ou CHEROKEE Klink of jy 120 km per uur bestuur in jou Cherokee tussen huise.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.