Student in Stellenbosch-woonstel aangeval

Kristy Davidson se nek na die aanval. Foto: Facebook

Kristy Davidson se nek na die aanval. Foto: Facebook

ʼn Jong student van Stellenbosch is erg getraumatiseer nadat sy Vrydagaand in haar woonstel oorval, gewurg en met ʼn skroewedraaier gesteek is.

Kristy Leigh Davidson (21), ʼn student in bemarking aan die IMM Graduate School of Marketing, het omstreeks 18:15 die aand teruggekeer na haar woonstel in ʼn blok waar meestal studente bly. Volgens haar ma, Zelda, het sy net die voordeur na haar woonstel toegemaak toe sy ʼn klop aan die deur hoor.

“Sy het gedink dit is een van haar vriende wat kom hallo sê, maar toe sy die deur oopmaak het ʼn onbekende man die deur oopgestamp en haar in die woonstel ingestamp,” het Zelda gesê. Die man het Kristy twee keer met ʼn skroewedraaier gesteek en haar gewurg totdat sy haar bewussyn verloor het. Hy het daarna alles uit die woonstel gesteel wat enigsins van waarde was, het Zelda gesê.

ʼn Jong paartjie wat ook in die woonstelblok bly, het Kristy hoor skree en het dadelik die polisie gebel. “Die man is ʼn slegs ʼn blok of twee van die woonstelle af aangekeer,” het Zelda gesê.

Sy het gesê die man het glo toegang tot die perseel verkry deur kougom oor die hek se sensor te plaas om te verhoed dat dit toegaan. Hy het vermoedelik ʼn geruime tyd in die kompleks rondgeloop voordat hy gesien het hoe Kristy by die huis aankom en die geleentheid gebruik het om haar te oorval.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn 30-jarige verdagte in hegtenis geneem is en op 22 September in die hof sal verskyn om vir borgtog aansoek te doen. ʼn Saak van huisbraak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Francis Linstrom ·

IS Dit nou regtig nodig om die detail te gee van hoe die “aspirant moordenaar”die hek “gejippo” het.

Jo ·

Om die eenvoudige rede dat dit ander skelms inligting gee om die selfde te doen. As jy nie weet daarvan nie, kan jy nie die “truuk” gebruik nie. Dis hoekom, verstaan?

Gerhardt ·

Ag julle, dis in elk geval ou swak tegnologie, hopelik help die berig dat hulle ‘n beter stelsel installeer. Kougom?! bid jou aan! As ek sy is, dagvaar ek die kompleks.

juanita ·

Hoekom word hy nie van poging tot moord ook aangeklae nie ? Of tel dit nie as jy twee keer met n skroewedraaier gesteek word en dan nog gewurg word tot jy jou bewussyn verloor nie!? Huisbraak se dinges man !!!

Winston ·

Stem saam. Hier is n gevaarlike wapen ter sprake en hy moes kon voorsien dat sy slagoffer gedood kan word indien hy haar steek met n skroewedraaier. Sy optrede bevestig dit. Steek eers en wurg dan die slagoffer totdat sy haar bewussyn verloor? Dit is beslis poging tot moord.

Evj ·

Poging tot moord. Diefstal kan dit wat hierdie kind deurgaan nie nie tot vergelyking bring nie. Daar sal n voorbeeld moet gemaak word vir die toenemende crime wat daagliks groei!

AmY ·

‘ñ Saak van huisbraak word ondersoek? Wat van aanranding en poging tot moord?

Helen ·

Genade, kyk hoe lyk die vrou. Nodig die polisie brille om te sien dit was poging tot moord?

Paul du Plessis ·

Om iemand met ‘n skroewedraaier te steek regverdig ‘n klagte van poging tot moord en ‘n klagte van roof veel eerder as net huisbraak.

Christelle ·

Ek verstaan nie eers regtig hoe hy op borgtog uitgelaat kan word wanneer dit met opset gedoen is nie. Ons stelsel is te swak en laat te veel toe – dit is hoekom SA is waar SA is.

Amanda Koker ·

Waarom word for mense se naam genoem maar niemamd sê vir ons wie sie moordenaar/dief is nie. Hy word aangekla van diefstal? Wat van die poging tot moord?

Theresa ·

Ai nou word my kommentaar weer nie geplaas nie. Ek sal maar saam met jou stem Ouboet.

Elzaan ·

Haai nee mense. Hoe kan julle so gemeen wees? Die arme man het seker net goeie intensies gehad. Hy het haar heel waarskynlik per ongeluk, twee keer, met ‘n skroewedraaier gesteek. En om iemand te wil hang net omdat hy probeer moord pleeg het is verregaande. En ons “vice” president sê ons as ‘n nasie is negatief ingestel en moet op die goeie fokus. Ek stem saam met hom. Ons land is 100%. In sy m@3r in…

Anti-Haas ·

Ja, dis ook nie meer verkragting nie. Dis nou :”Aanranding met ‘n vriendelike wapen.
Welkom in ons nuwe SA met sy nuwe beleid.

Gregco ·

Ek is Kleur blind, maar ek wonder as dit n ander ras was of dit ook so baie media attention sou getrek het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.