Student kritiek ná renoster hom trap

Die student het kritieke beserings opgedoen. (Foto: IPSS Medical Rescue)

ʼn Buitelandse student is in ʼn bedenklike toestand nadat ʼn renoster hom Woensdag in ʼn private reservaat in KwaZulu-Natal bestorm het.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê paramedici is na die reservaat in noordelike Zoeloeland ontbied en ingelig dat ʼn wildbewaringstudent deur ʼn swartrenoster deurboor en vertrap is.

Die student, van Skotland, was glo te voet toe die voorval gebeur het.

“Dit het tot ʼn soek-en-reddingsoperasie deur IPSS Search and Rescue, asook verskeie teenstropery-eenhede in die gebied gelei en die man is opgespoor,” sê Herbst.

Die student het kritieke beserings opgedoen en is met ʼn ambulans na ʼn hospitaal in die gebied geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fedup ·

Shame I hame this guy will be okay.
Hopefully the rhino will be left alone.
People should know by now that wild animals not to be bothered.

Tiptol ·

Die arme renosters word so mishandel deur die stropers. Wat verwag ons. Hoop regtig die student herstel. Dalk ook met te min ervaring te voet gewees?

Grens ·

Jy moet lig loop naby ‘n swartrenoster, hulle is baie kwaai.

Anoniem ·

Baie waar, ‘n swart renoster het my 30 jaar gelede amper ‘n enema gegee, was baie gelukkig om weg te kom. Hulle is meer onverdraagsaam as wit renosters.

Misky ·

Kan net dink hoe word daar bespiegel as die nuus oorsee versprei word. Hulle dink mos die wilde diere loop hier tussen ons en in die strate

Griet ·

Hierdie student is n trails gids student. En opleiding ontvang. Ongelukkig gebeur die dinge. Mens moet altyd respek he vir wilde diere. Ek is seker hy het als gedoen wat hy kon om uit die situasie te kom. Hulle loop nooit alleen nie. Altyd n groep studente of gaste met meer as een gids. Hoop hy herstel gou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.