Student ná vier dae op berg gered

Foto: Jonathan Groenewald AMS.

Foto: Jonathan Groenewald AMS.

ʼn Student is Donderdag gered nadat hy Sondag in die Ceres-berge vermis geraak het.

Dié student van die Universiteit Kaapstad het vermis geraak toe hy water gaan soek het en van sy stapgroep geskei is.

Volgens Vanessa Horn, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van gesondheid se AMS-noodhelikopterdiens, het die student van ʼn krans af geval en in ʼn rotsskeur beland.

Horn het gesê die student is Donderdag skuins ná 07:00 uit die skeur gered waarna hy na die Ceres-hospitaal vervoer is vir behandeling. “ʼn Tweede stapper van die groep word behandel vir dehidrasie.”

ams-student redding 2

Foto: Jonathan Groenewald AMS.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.