Student, nog twee in hof oor aanranding

court-hammer_thumbDrie mans wat daarvan aangekla word dat hulle Delia Adonis, ʼn skoonmaker, aangerand het, het in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Chad de Matos, Aaron Mack en Mitchell Turner moet volgens hul regsverteenwoordiger, William Booth, weer op 5 Februarie in die hof verskyn. Die drie, tussen 19 en 20 jaar oud, is Woensdagaand op borgtog vrygelaat na ʼn dringende aansoek voor die Wes-Kaapse hooggeregshof gebring is.

Die mans is van Oos-Londen en Knysna. De Matos is ʼn eerstejaar-student by die Universiteit van Kaapstad terwyl die ander twee werk. Volgens Booth wil die polisie twee ander mense wat tans in die Oos-Kaap is, in verband met die saak ondervra. “Ons het gereël dat hulle die polisie sal gaan sien.”

IOL.co.za het berig dat die verdagtes, waaronder ʼn student van die Universiteit van Kaapstad, van poging tot moord aangekla is in verband met die aanranding op Adonis. Hulle is ook van aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen injuria aangekla.

The Star het Maandag berig Adonis is deur vyf universiteitstudente by die Stadium on Main-winkelsentrum in Claremont aangerand. Sy het glo gesien hoe die mans ʼn ander man aanrand toe hulle uit ʼn nagklub gekom het, waarna sy hulp ontbied het. Die mans het haar toe glo later aangerand en gevra hoekom sy die ander man gehelp het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elizabeth ·

Ai… weereens ‘n barmhartige samaritaan wat iemand wat aangerand word probeer help en dan self aangerand word. Wat se soort “mense” is die spul dan? Rand ‘n vrou aan! Drie mans teen ‘n vrou – hoe uiters dapper!

emile ·

Die Universiteit van Kaapstad is ‘n rassistiese koloniale instelling wat onmiddelik en daadwerklik getransformeer moet word van hul koloniaal-onderdrukkende bestuur en praktyke. Ons dring aan op ‘n komissie van ondersoek deur Dr Blade, op die onmidellike bedanking van die UK rektor en die verwyydering van alle koloniale simbole en verwysings, insluitende Rhodes standbeeld en Gedenkteken, Jameson Hall en vele ander. Daar is geen plek in die post-94 era vir sulke argaiese rassistiese skandvlekke nie.

emile ·

Die Universiteit van Kaapstad is ‘n rassistiese koloniale enklawe waar studente Rhodes-styl geindoktrineer word as meerderwaardige wit imperialistiese supremiste wat ander rasse minag en vertrap. UK moet onmiddelik en daadwerklik getransformeer moet word van hul koloniaal-onderdrukkende bestuur en praktyke, die rektor moet bedank en Dr Blade moet ‘n komissie van ondersoek instel na hul praktyke. Verder moet alle koloniale simbole en verwysings, insluitende Rhodes standbeeld en gedenkteken, Jameson Hall en vele ander onmidellik verwyder word. Daar is geen plek in die post-94 era vir sulke argaiese rassistiese skandvlekke nie.

Ian ·

Emile, jy klink vreeslik intellegent. Is jy ook een van daai wittes wat sy eie velkleur haat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.